Parlement aanvaar wet teen vals kwalifikasies

bcom graad studeer akademia

Argieffoto

Suid-Afrika het vandag ‘n groot tree vorentoe gegee in die stryd teen diegene wat lieg oor hul kwalifikasies toe die Nasionale Vergadering die Wetsontwerp op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk aanvaar het.

Dis nou reeds baie jare hier te lande, soos elders in die wêreld, ‘n groot uitdaging dat mense jok oor hul kwalifikasies; dat hulle byvoorbeeld aanspraak maak op ‘n doktorsgraad of ander kwalifikasie wat hulle nooit verwerf het nie.

Verskeie hooggeplaastes soos oudminister Pallo Jordan en die eertydse Suid-Afrikaanse ambassadeur Mohau Pheko is van die bekender voorbeelde daarvan en selfs oudpres. Jacob Zuma is in ‘n stadium kortstondig deur ‘n paar van die mindere ligte in die regering en die ANC as “doktor” aangespreek nadat ‘n onbesonge Amerikaanse instelling ‘n eredoktorsgraad aan hom toegeken het.

Daardie dae is nou verby want wanneer die president die wetsontwerp bekragtig wat vandag deur die Nasionale Vergadering aanvaar is, sal dit ‘n kriminele oortreding wees om aanspraak te maak op kwalifikasies wat jy nie verwerf het nie.

Voorts gee die wetgewing tande aan die owerhede om op te tree teen plaaslike instellings wat substandaard kwalifikasies toeken. Die owerhede sal ook boek hou van watter oorsese kwalifikasies in Suid-Afrika erken word – en dus op watter kwalifikasies hier aanspraak gemaak kan word.

Om te keer dat enkeling-kansvatters deur die net glip, gaan die owerhede ook ʼn register hou waarin aangeteken sal word oor watter professionele kwalifikasies elke Suid-Afrikaner beskik … en wee die een wat op meer aanspraak maak as op dit wat korrek bekom is – ʼn kriminele rekord is sy of haar voorland.

Die enigste party wat teen die wetsontwerp gestem het was die DA, wat weliswaar die optrede teen kwalifikasiebedrog steun maar meen die wetsontwerp is ‘n onuitvoerbare burokratiese oordadigheid wat werkskepping sal benadeel.

Die wetsontwerp is aanvaar met 207 stemme teen 67 en sal nou deur die Nasionale Raad van Provinsies gedebatteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

leser ·

soos wat carl niehuas ‘n paar jaar gelede probeer bereik het nadat hy ingeskryf het om dr te word en by eerste eksamen opgeskop het, toe almal ‘n rat voor die oe probeer draai dat hy ook ‘n dokter is, ha,ha,ha,he,he
te veel dokters en doktore in die kabinet van ons hool

ZAR ·

Ek was onder die indruk dat jy net ‘n tronkvoël kwalifikasie nodig het om bo uit te kom.

lolla ·

en so dog ek ‘velkleur’ is die enigste ‘wettige/onwettige’ kwalifikasie in die land…… want wat is die slaag persentasie nou vir matriek [wat niks werd is nie] …. en soos die minister aangehaal was die vals gedrukte sertifikaat is soms op beter papier gedruk…. en wat van kwalifikasies wat jy gekry het met n vals matrieksertifikaat ….is dit ook ongeldig……. ek dink baie groot maatskappye moet maar loer na hulle mense se basiese sertifikate …. vra maar geverifiseerde oorspronklikes….. dan kom daar baie wurms uit….

Bly ·

Baie goeie nuus. Selfs in baie kerke is elke 2de lidmaat n pastoor en of doktor.

Dit sal die land weer help groei mens aanspoor om by goeie en erkende instansies te studeer.

Arak ·

Sterkte met die instandhouding van daardie register. Hoeveel gaan dit weer die land kos om die ding in stand te hou? En wie moet ons omkoop om ook ‘n Dr. voor ons naampies te sit op die ou registertjie?

IK ·

By Telkom het ek promoveer van ‘meneer’ na ‘mister’ en so ook is ek ‘mister’ op my mislike palityt se rekening. Gelukkig nou na 50 jaar ontslae van Telkom maar die ander een sit ek mee. Gebruik net my noemnaam en/of voorletters en van want elke Jan Rap en sy maat is ‘n MENEER of MISTER.

Skerpioen ·

Jinne nogal n register met almal se kwalifikasies. Di regering kan dan na niks omsien nie of instand hou nie
Wonder net hoe die register instand gehou gaan word.

Charmain ·

Wat van die inhoud van die “egte” kwalifikasies? Deesdae is almal gegradueer en die regering dryf tans n projek om doktorsgrade meer toeganklik te maak om veral akademici se kwalifikasies te verhoog MAAR die kwaliteit en standaard van die kwalifikasies is baie afgewater teenoor voorheen. Die kwalifikasie mag eg wees, maar die standaard daarvan behoort bevraagteken te word.

Sê net ·

Die Amerikaners het wetgewing teen enigiemand wat hulle voordoen as ‘n lid van die weermag. Dis die sg. “Stolen Valor Act”. Jy kan tronk toe afhangende van wat jy in “uniform” gedoen het. Wonder net of hierdie wetgewing ook sulke tande het?

Grassie ·

Hierdie wetgewing is onnodig. Volgens die gemeenreg is bedrog ‘n opsetlike verdraaiing van die waarheid wat werklike of potensiale nadeel vir ‘n ander party inhou. Wanneer iemand dus ‘n vals setifikaat by ‘n werksaansoek indien het hy reeds bedrog gepleeg en kan krimineel aangekla word. Die lys wat die regering nou wil laat opstel gaan groot geleenthede skep vir korrupsie. Vir ‘n paar (duisend) rand onder die tafel deur plaas ‘n amptenaar daar jou naam op die lys. Dit gaan dan mos nie meer nodig wees om by die universiteit of kollege navraag te doen nie. Dit is omdat die regering te vrotsig is om bestaande wetgewing behoorlik toe te pas dat hulle nou met ander plannetjies vorendag kom.

Kryger ·

@Grassie: Presies, belaglike en onnodige wet wat net die verantwoordelikheid vanaf die universiteit na die onverantwoordelike staat skuif!

SjN ·

Hele paar kabinetslede gaan dan nie aan die standaard voldoen nie. Dit is bedrog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.