Parlement beëindig kontrak met KPMG

KPMG-twitter

Foto: @SADN_Diaspora/Twitter.com

Die parlement het sy kontrak met die veelbesproke ouditeursfirma KPMG beëindig.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het Woensdag gesê die besluit is eenparig geneem nadat die risiko’s oorweeg is om sake met KPMG te doen.

“Die besluit is verlede week geneem nadat die firma erken het hy het onbehoorlike gedrag getoon en dat dit die maatskappy se reputasie erg geskaad het,” het Mothapo gesê.

Die parlement se verbintenis met KPMG was deur sy Parmed- mediese skema vir lede van die parlement en nasionale vergadering.

KPMG Suid-Afrika het versuim om geld aan te meld wat na bewering deur ondernemings van die omstrede Gupta-familie gewas is.

KPMG Internasionaal het verlede week erken die werk wat die maatskappy vir die Gupta-familie gedoen het, het nie aan KPMG se standaarde voldoen nie. Die ouditeursfirma het ook aangekondig dat hy van voornemens is om sy verslag terug te trek oor die sogenaamde “rogue”-eenheid binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Minstens sewe senior personeellede het die maatskappy intussen verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eps ·

Een goeie ding gedoen deur die parlement. Hoop al die bedrog wat met die wapen skandaal wil ook uitkom en asook Brett Kebble se korrupsie met JCI en ander goudmyn maatskappye kom JCI met KPMG as ouditeure. Maatskappye moet verplig word om ouditeurs elke 3 tot 4 jaar te verander en alle foute wat gemaak word moet openbaar gemaak word.

Hoeveel pensioengeld het verdwyn onder KPMG?

Oe-la-la ·

Liewe ouers, ‘n pitsweerhet nou by spreke n vulkaan ontaard – mag die korruptes soos lawa uigewerp word!!!!!

Johann ·

Watter arrogante vermetelheid? Ja KPMG is ontbloot en doen boete daarvoor….maar Wat van LOS n paar ZUMAIKIES beginnend by NUMBA WHONE en sy hiig geplaasdr magsbehepte vergrypers? ANC LEGACY: rrikskerm pollitiek van n anargistiese terroris organisasie.

pbotha ·

jammer kpmg…jul was altyd n gerespekteerde instelling in SA! Jul het egter niks gevoel vir SA en vir mense se loopbane en lewens nie… ek hoop elke persoon binne die mpy wat betrokke was by die skandaal word tot verantwoording geroep…veral al die direkteure wat soos rotte vanaf n sinkende skip gespring het

Nicolaas ·

Alles ‘n rookskerm. KPMG is gebruik om van Gordan en sekere SAID beamptes ontslae te raak deurdat dele vd KPMG verslag oor die sg intelligensie-eenheid deur die SAID se eie regskonsultante geskryf is. Die SAID, nl Zuma se groot gabba, Tom Moyane, het KPMG misbruik. Noudat lg omdraai en erken hulle het ter wille v geld met SAID saamgespeel, en boonop Gupta misdrywe verdoesel, nou is die SAID en regering kwaad vir KPMG en is hul reputasie kwansuis nou geskend. Ag kom nou, hoeveel Gupta maatskappye doen sake met Eskom, Transnet en vele ander staatsorgane, maar nog nooit het die regering oor hulle voete geval om die Guptas se reputasie te bevraagteken of hulle uit te skop nie. Dis mos duidelik, as ‘n privaatmaatskappy nie die lied vd regering sing nie, sal hy ook nie meer die brood vd regering eet nie …

Johann ·

Presies Nicolaas! Mens noem dit dom astrante arrogansie! ANC LEGACY!

Johanna Botha ·

Al die gevolge… maar in die staat gebeur daar niks met niemand !

Nico ·

Almal kry die skuld as dit uitkom maar die regering is onskuldig hoekom keer zuma en sy ministers so baie vir hulle wickets hele paar gaan nie dubai toe nie maar na n ander plek as hulle skuldig is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.