Parlement begin amptelike ondersoek na OB se bevoegdheid

Adv. Busisiwe Mkhwebane, Openbare Beskermer. (Foto: OB/Twitter)

Die Nasionale Vergadering het Dinsdagmiddag met ’n meerderheid van 275 stemme teen 40 (en een lid buite stemming) ingestem dat die geskiktheid van die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, om haar pos te beklee ondersoek word, maar die kwessie gaan eers in die hof draai.

Die ANC (168 stemme), DA (83 stemme), IVP (10 stemme), VF Plus (10 stemme), ACDP (2 stemme) en Good (2 stemme) het vir die ondersoek gestem. Die EFF (37 stemme), ATM (2 stemme) en Al Jama-ah (1 stem) het teen die mosie gestem. Cope (1 stem) het buite stemming gebly.

Die interessante aspek is dat net 168 van die 230 ANC-LP’s teenwoordig was om vir die mosie te stem. Omtrent ’n kwart van die koukus het gesorg dat hulle nie teenwoordig was nie, wat op erge verdeeldheid in die regerende party oor die kwessie dui.

Die EFF-hoofsweep, Floyd Shivambu, het voorts aangekondig dat sy party die proses oombliklik op twee gronde in die hof gaan betwis – eerstens dat dit ’n bevooroordeelde proses is omdat die onafhanklike regspaneel wat die saak teen die openbare beskermer moes oorweeg, reeds bevind het daar is ’n prima facie-saak teen haar, en tweedens omdat hulle meen die reëls word retrospektief teen haar gebruik; dat sy die beweerde oortredings begaan het voordat die reëls bestaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gert K ·

Ha ha ha, dit is waar. 6 Jaar as hulle regtig petrol trap daarmee.

Tanniepetoors ·

Ek is verheug (maar stilweg verstom) oor die regdenkende ANC-lede in die parlement. Ek wil amper, net amper sê: Viva ANC, maar ek’s darem nog by my positiewe.

Persheks Adri ·

Voetsek ANC en kaders julle is liberale en pateties verby regtig! EFF’ers bly nou stil julle maak genoeg nonsens om ons ‘n leeftyd te hou tsssk man tsssk

Johan ·

Ai,ou perse,maak ń paar swaaie met jou besem,en bedaar. Wat bedoel jy met tssk? Is dit Afr?

Persheks Adri ·

Hierdie klomp maak my naar Johan elke dag meer en meer! Tsssk is net weer voetsek jy weet my mater

Pierre ·

Die oorweldigende hoeveelheid ANC lede wat vir die mosie gestem het i.m.o gee n duidelike aanduiding van hoe sterk die verskillende faksies in die ANC is, dit blyk die CR faksie het op die oomblik die groter aftrek en sal definitief inn positiewe lug gesien word, nie net lokaal nie maar ook internasionaal.

Ek het nie enige iets anders van die EFF en ATM verwag nie.

KB ·

Gee ‘n max. tyd vir die ondersoek, en kry dit afgehandel. Punt.

koos10 ·

Ek kan nie glo dat die EFF, wat toegang het tot Mpofu as SC, nie die proses begryp, of wil begryp nie. Daar word bepaal of sy BEVOEG is vir haar pos. Dis nie ‘n kriminele proses nie!
Die bevooroordeelde proses het sy mee begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.