Parlement bekommerd oor polisiebrutaliteit

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het gesê die aanranding van ʼn Kaapse ouma, glo deur polisiebeamptes, is jammer en onaanvaarbaar.

“Voorvalle soos dié is teen elke kode van polisiëring en is gelykstaande aan die skending van menseregte. Arrestasies moet gedoen word op ʼn wyse wat respekvol is tot ʼn persoon se waardigheid,” het Francois Beukman, voorsitter van die komitee, gesê.

Beukman het gesê die voorval wat in Kraaifontein plaasgevind het, is ontstellend, veral in die lig van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Hy het bygevoeg dat daar aksie geneem moet word teen enige polisiebeampte wat by polisiebrutaliteit betrokke is.

ʼn 45-jarige polisiesersant is Donderdag geskors ná ʼn video aan die lig gekom het wat glo wys hoe polisiebeamptes ʼn ouma aanrand. Roseline Appolis (50) het Woensdag ʼn saak aanhangig gemaak nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) haar versoek het om dit te doen. Die saak sal deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wat 'n grap ·

Dit komende van die parlement, waar die polisie self hand gemeen raak met parlementslede? Hulle is seker nie ernstig nie…

Rina Pretorius ·

Ontbind die hele polisiemag en stel asb mense aan wat die tipe werk waardig is en wat reg en orde kan handhaaf op ‘n ordentlike volwasse manier, geen barbare nie asb. Eerlikheid en intelligensie en skerpsinnige mense met vernuf of die skelm uit te snuffel is bitter nodig nou. Die wat wel in die polisiemag is wat die werk nog reg doen moet heraangestel word, die res moet dalk eerder self agter die tralies wees

scalla ·

Volg maar net die voorbeeld van die korrupte regering, onbevoeg/onbekwaam

Ansie ·

Hoekom word daar gesê “Arrestasies moet gedoen word op ʼn wyse wat respekvol is tot ʼn persoon se waardigheid,” ???????? As iemand gevang word vir moord/roof/aanranding/verkagting het daai krimineel heel duidelik meer regte as die slag offers. Wat die ouma betref, dit WAS onnodig om haar so te behandel. Wys net, hul krimenbele maatjies het meer regte as ‘n ouma wat haar kind wil beskerm. Swak optrede van SAPS.

Nina ·

Uhm…en toe die blanke oom ‘n paar dae terug ewe rof gearresteer is, is hy die skuld gegee? WTF? Ek HAAT hierdie verdomde dubbel standaarde!

Nina ·

Lillian, jy besef daar is wel video van beide gevalle? Ek verstaan in beide gevalle dat altwee persone seker maar moes ‘submit’, maar die brute force wat gebruik is? NEE WAT! Assumtion is een ding! Ek neem aan jy is SAPD.

Asjas ·

Hi Lillian, voor ek jou rapporteer wil ek graag vra dat jy na jou taalgebruik oplet. My kinders lees ook graag Maroela Nuus en ek wil nie he dat hulle slegte gewoontes by jou aanleer nie. Op ‘n ope forum moet jy jouself darem so bietjie kan inhou asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.