Parlement bekommerd oor reuselening by Wêreldbank

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

Enoch Godongwana, die minister van finansies het Dinsdag terugvoer gegee aan die parlementêre staande komitee oor finansies oor ʼn lening van R11,4 miljard by die Wêreldbank.

Die komitee is besorg oor die terugbetalingskoste van dié lening. Joe Maswanganyi, voorsitter van die komitee, sê die land spandeer jaarliks sowat R270 miljard aan terugbetalingskoste – die derde grootste uitgawe op die begroting naas onderwys en maatskaplike dienste.

Maswanganyi voeg by dit is kommerwekkend dat gesondheid en gemeenskapsontwikkeling onderskeidelik in die vierde en vyfde posisie op die begroting lê. “Dit is teen die gees van die nasionale ontwikkelingsplan wat ten doel het dat dit sleutelprioriteite moet wees.”

Maroela Media het vroeër berig die finansiering word bestempel as ʼn “lae rente- lening” wat sal bydra tot die regering se fiskale hulpverligtingspakket en vorm deel van steun deur die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), die Afrika-ontwikkelingsbank en die Nuwe Ontwikkelingsbank vir die regering se breër strategie om eksterne finansiering van internasionale instellings te bekom.

Maswanganyi het Dinsdag die komitee se mening benadruk dat ʼn groot skuldlas gewoonlik ʼn nadelige impak het op dienslewering.

“Die komitee het al verskeie kere aanbevelings gemaak aan die nasionale tesourie, insluitend dat die departement die begrotingstekort moet bestuur om ʼn algehele skuldkrisis te voorkom. Nóg ʼn aanbeveling is dat die minister van finansies op ʼn kwartaallikse basis terugvoer moet gee aan die komitee oor skuldbestuur-strategieë.”

Die komitee wil op 24 Februarie tydens die minister se terugvoer oor sy 2022-begrotingstoespraak meer inligting bekom. Maswanganyi sê dié terugvoer moet inligting insluit oor watter planne die nasionale tesourie het om inkomste te verhoog en uitgawes te beperk sonder dat die pro-armes-program daardeur geraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Diline

Nee wat die ANC kaders bly net geld leen om meer korrupsie mee te pleeg! Daar is nerens meer geld oor in SA om te buit nie, nou leen hulle maar om iewers geld in die hande te kry. Ander lande gaan nog ons land onder ons uitvat wanneer SA nie in staat is om hulle skuld terug te betaal nie! Nog nooit so hopelose, korrupte spul bymekaar gesien nie.

KB

Tyd vir verkiesing.

Tipper

Wees liewer bekommerd oor Eskom

Shakespeare

Korrupte Parlement is bekommerd oor die reuse lening. Rubbish. Rubbish. Die geld gaan na julle en julle tjommie kaders se sakke toe. You are “despicable and loathsome” Demonies as jy my vra.

Porseleintjie

Daarom dink mens eers voordat jy iets doen. Dis nou te laat om bekommerd te wees.