Die parlement het Maandag in ʼn verklaring bevestig dat die ooreenkoms oor die naweek onderteken is wat die maand lange staking van die werkers amptelik tot ʼn einde bring. Sthembiso Tembe, Nehawu se parlementêre takvoorsitter, het die ooreenkoms bevestig en gesê daar is aan die vakbond se eise oor prestasiebonusse voldoen.
“Werkers wat in hul prestasie-evaluerings tussen 3.1 en 3.5 [uit vyf] behaal, sal 3,5% van hul jaarlikse salarisse as prestasiebonus ontvang,” het hy gesê. “Dié wat tussen 3.6 en 3.9 behaal, sal 4% van hul jaarlikse salaris as prestasiebonusse ontvang. Werkers wat tussen 4 en 4.5 behaal, sal 5% ontvang, dié wat tussen 4.6 en 4.9 behaal, sal 6% ontvang en dié wat ʼn 5 in hul evaluering behaal, sal 9% van hul jaarlikse salarisse as prestasiebonus ontvang.”
Die vakbond het gesê hy is tevrede dat die beleid van geen werk, geen betaling toegepas word, maar die nasionale leierskap het met die parlement ooreengekom dat die aftrekkings van die werkers se salarisse vir die verlore werksdae oor ʼn langer tydperk verhaal sal word.
“Dit sal in vyf fases verdeel word. Dié wat byvoorbeeld vir vier dae of minder nie by die werk was nie, se aftrekkings sal oor ʼn tydperk van drie maande versprei word,” het Tembe gesê. “Werkers wat langer as vier dae gestaak het, se aftrekkings sal oor ʼn maksimum tydperk van agt maande versprei word.”
” A never ending story” word veroorsaak deur die doelpale na elke toegewing verder te verskuif.Sosialisme sal ook solank hou as wat daar belasting betalers is om die eise wat gestel word te finansier en as dit pap reen laat ons skep en die blikkie net verder in die pad afskop vir die huidiglike.Die toekoms is ander mense se probleme so waarom nou jouself daaroor bekommer is die houding wat die meerderheid inneem.