Parlement ‘beskerm’ Malema

Herman Mashaba, president van ActionSA. (Foto: ActionSA)

ActionSA gaan die hooggeregshof nader vir ʼn hersiening van die parlement se besluit dat Julius Malema, leier van die EFF, nie voor stok gekry moet word vir sy uitlatings oor onwettige immigrasie nie.

Die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange het ActionSA se klagte daaroor verwerp, meer as ʼn jaar nadat die leier van die rooi barette die opmerkings gemaak het.

Malema het by ʼn mediakonferensie op 14 Januarie verlede jaar gesê die grense moet vir burgers van lande wat deel vorm van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) oopgestel word. Hy het ook gesê indien die grense nie vir hulle oopgestel word nie, hulle “kreatiewe maniere” moet vind om die land binne te kom.

“Lesotho en die Vrystaat is een plek. Mpumalanga en Swaziland [deesdae eSwatini] is een plek, Noordwes en Botswana is een plek, Limpopo en Zimbabwe is een plek.

“Wat is die punt? Daar is geen punt nie,” het Malema aangevoer.

Herman Mashaba, president van ActionSA, sê geen parlementslid kan sy posisie misbruik om ʼn oproep tot wetteloosheid te doen nie en dat hulle ʼn eed aflê om wetgewing en die Grondwet te handhaaf.

“Suid-Afrikaners vind hul stem oor die kwessie van onwettige immigrasie en die veroordeling van ons regering se versuim om ons grense te bestuur en mense wat ons land nooit wettig binnekom nie, te dokumenteer.

“Dit is ʼn skending van openbare vertroue vir ʼn LP om openlik onwettige immigrasie aan te moedig en te bevorder.

“As die Nasionale Vergadering nie wil optree nie, sal ActionSA dit sonder huiwering doen.”

Die komitee het bevind Malema se opmerkings is “oop vir verskillende interpretasies”, maar Mashaba sê daar is geen rasionele basis daarvoor nie.

“Die feit dat ʼn komitee van die Nasionale Vergadering bevind dat die opmerkings oop is vir interpretasie, is lagwekkend.

“Ons kan net redelik aflei dat die instellings van die parlement besig is om Malema te beskerm.”

Mashaba sê dit gaan tyd neem om die besluit te laat hersien, maar ActionA is geduldig in sy behoefte om te verseker dat LP’s ʼn les leer dat “onwettige immigrasie ernstig opgeneem moet word”.

ActionSA sal begin deur Malema se voorleggings aan die komitee, asook die notules van die komiteevergadering se beraadslaging daaroor, te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

domheks ·

Dis omdat ou juliaass malemmer ook onwettig hier aangeland het…….

Misky ·

Hy slaan die spyker op sy kop!!!!!! Die hofsaak van so paar weke terug het ook net ‘n stille dood gesterf en was daar ooit ‘n uitspraak?

Renier johannes ·

Hy moet ook stil gemaak word met al sy haatspraak

Jannie van Niekerk ·

Indien Mnr Mashaba en Action Sa dit sal regkry om vir klein windgat Rooi Julius vir ten minsue 500 jaar in die tronk te kan kry stel ek myself beskikbaar as ‘n vrywillige veldwerker vir Mnr Mashaba se party in die volgende verkiesing

Swerwer ·

Dankie Action SA dat jul wil ingryp. Malemma en sy trawante moes lankal uitgeskop gewees het. Hy doen aanhitsing en sodra die skote klap sal hy die eerste een wees wat weghardloop as hy nie die ANC kader het wat agter hom staan nie. Die ANC gebruik hom en sy trawante vir opsweping en uitlatings sodat die lig nie direk op die ANC moet val nie.

JM ·

Malema moes al lank terug agter tralies gewees het. Malema = moeilikheid.

Daniel ·

Tog vreemd dat daar xenofobiese aanvalle voorkom hulle dan almal “een” is?

Pietertjie ·

Die parlement is bekend daarvoor dat hy misdadigers beskerm. Niks vreemds hieraan nie.

Vonkprop ·

Lewe Mashaba in ‘n droomwêreld? Hoeveel het al probeer om Malema vas te vat en niks gebeur nie. Watter verskil gaan Mashaba nou kan maak. ActionSA hardloop nou uit idees uit om stemme te werf. Net nog ‘n leë party.

Manie ·

Wanneer het Malema sy doktors grade in Aardrykskunde en Volkekunde verwerf dat hy nou landsgrense wil heropstel? Die EFF is vandag na Stellenbosch om Johan Rupert te sien en om plaasgrond van hom terug te eis. Wanneer in die geskiedenis het jou mense die grond bewoon Malles?

Atta ·

Wonder hoekom hy nie Namibië by die Noord-Kaap wil voeg nie. Dis mos nou diskriminasie!

Papsak ·

Ja hy moet flippen vinnig stil gemaak word met sy haatspraak oor ons sy bek te los en groot

annie ·

Aaa… Maar onthou wie se stemme wil die ANC graag hê wanneer wetsontwerpe deurgedruk moet word. Die EFF is die voordansters en die agterryers en die toi-toiers vir rewolusionêre planne soos voorvader Mogabe mooi uitgestippel en reg bewys het vir agteruitgang en verval. Hoeveel van ons nuwe landsleiers is nie eintlik maar van elders afkomstig nie vandaar hul toegeeflikheid?

Blikkies ·

Wat positief het daai malema al ooit vir hierdie land en sy eie mense gedoen? Nada, Niks. Het hy al ooit in sy ellendige lewe ‘n dag se eerlike werk gedoen, Nog Nooit. Die media mors hulle tyd en geld op die ding.

Mariana ·

Hierdie regering beskerm hom al vir jare. Hy mag maak en sê net wat hy wil en het daardeur hierdie houding van onaantasbaarheid gekry. Grootheidswaan is aan hom geskenk deur hierdie regering. Daarom is dit nie snaaks om te dink dat hy hul vuilwerk doen nie. Dat hy steeds nog sy voete stewig onder die ANC se tafel ingestoot hou. Dit is tyd om hom verantwoordbaar te maak. Hy het lankal al te ver gegaan. Ons almal weet hy haat witmense. Obsessief oor hulle.

Ann ·

O jinne, mag hy nooit president word nie! Dan sal SA poerland toe wees!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.