Parlement bespreek transformasie in universiteite

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Lede van die parlement sal Dinsdagmiddag transformasie in die land se hoëronderwysinstellings bespreek.

“Studenteleiers van verskeie studentestrukture sal na verwagting die debat bywoon,” het die parlement in ʼn verklaring gesê. “Die minister van hoër onderwys sal die debat open.”

Dié debat volg na twee weke van betogings deur studente wat onder andere gratis tersiêre opleiding eis. Studente het gesê pres. Jacob Zuma se toegewing, dat daar geen verhoging in studentegelde sal wees vir 2016 nie, is nie genoeg nie.

Betogende studente het verlede week die parlement se hekke bestorm terwyl Nhlanhla Nene, minister van finansies, besig was met sy beleidsverklaring oor die mediumtermynbegroting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann Marx ·

En nou het hulle die studente NET waar hulle hulle wil hê….ONS betaal vir hoër onderwys (met julle ouers se belasting) en daarom sal ons voorskryf WIE WAAR swot, en in watter koshuis inwoon. Bye Bye PUK. In Suid Afrika massa-aksie jy NIE vir enige iets “gratis” nie, jy massa-aksie om die “belasting aftrekbaar” te kry…Dan het jy nog steeds beheer, en die persoon wat nie belasting betaal nie, kry nie die voordeel nie.

piet ·

Blade is in ‘n hoek gedryf, nou gaan hy radikaal raak om weer guns terug te wen, dit ten koste van baie dinge …

alida ·

Alles moet altyd getransformeer word – liewe aarde kan hulle nie sien dat die mense wat reeds in die poste aangestel is ‘n gemors van alles maak nie. Stel tog bekwame eerlike mense aan om die werk te doen. Nog ‘n stelsel wat in duie gestort het.

Eddie ·

Dit gaan weereens oor beloftes maak en dit nie nakom nie. Dit is wat die ANC mos baie goed kan doen. Hulle se n klomp goed en belowe as hulle in bewind kom sal alles gratis wees en en en maar die dag as hulle daad by woord moet sit is dit n ander storie. Wens net die klomp wat hulle so brain wash wil wakker skrik en sien hoe hulle vir n ride gevat word.

Christie Joubert ·

Kyk net waar het die regering se transformasie ons nou. Geboue geplunder, massa aksie, en dit nou van ons mense wat in die toekoms die land moet bestuur…

Louis ·

Die huidige regering haat enige vorm van sukses, dis hoekom alles getransformeer moet word.

Emile ·

Dit is tog snaaks dat as iets skeefloop dit transformasie se probleem is. Almal weet dit is korrupsie (steel van belasting geld op alle vlakke) wat eintlik die probleem veroorsaak.

Dup du Plessis ·

…….Jip, transformeer van funksioneel na dis-funksioneel……….dit sal ‘n hartseer dag wees as die staat universiteite gaan beheer. Dan kan daar eerder gekyk word na sekere universiteite wat gratis gemaak word en ander waar daar betaal word vir opleiding. Ons weet mos hoe die standaarde na ‘n tydjie gaan lyk………..(Eskom, Poskantoor, SAL, elke liewe munisipaliteit, ens.)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.