Parlement-brand: Hof beveel Mafe se vrylating uit psigiatriese hospitaal

Zandile Christmas Mafe tydens ‘n vorige hofverskyning (Foto: RODGER BOSCH / AFP)

Zandile Christmas Mafe (49), wat daarvan beskuldig word dat hy die verwoestende brand by die parlementêre kompleks in Kaapstad gestig het, moet Woensdagoggend uit die Valkenberg- psigiatriese hospitaal ontslaan word.

Regter John Hlophe het Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad beslis die bevel om Mafe vir psigiatriese waarneming te stuur was onbehoorlik gemaak en dat sy aanhouding in Valkenberg onwettig is en onmiddellik beëindig moet word.

Hlophe, regter-president in die Kaap, het die saak saam met waarnemende regter Raadiyah Wathen-Falken aangehoor en daar is gelas dat Mafe na ’n gevangenis oorgeplaas moet word. Sy dringende borgtogaansoek sal nou Saterdag in die landdroshof aangehoor word.

Landdros Zamekile Mbalo het op 11 Januarie beveel dat Mafe vir waarneming by die Valkenberg- psigiatriese hospitaal gestuur word.

Die staat het aangevoer dat Mafe voorlopig met paranoïese skisofrenie gediagnoseer is en aanbeveel dat hy vir waarneming gestuur word.

Mafe sou die afgelope naweek reeds ’n dringende borgtogaansoek gebring het, maar Hlophe het egter gesê die hersiening van ʼn ander regter of landdros se uitspraak kan nie net deur een regter behartig word nie. Hy het dus gereël vir ander regters om die hersiening van die landdros se besluit te oorweeg.

Aanklagte van die verwoesting van noodsaaklike infrastruktuur is intussen teen Mafe teruggetrek, maar hy word nou ook van terrorisme aangekla. Aanklagte van roof en brandstigting staar hom reeds in die gesig.

Daar het sedert sy inhegtenisneming ʼn debat ontstaan oor die kwessie of Mafe, wat in sommige mediaberigte as haweloos beskryf word, werklik daarvoor verantwoordelik was om die gebou aan die brand te steek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Shakespeare

Hy lieg soos ‘n tannetrekker. Kry die waarheid uit die pion uit. Daar is baie beproefde maniere……….Wie is sy baas !!! Mal emma, Zuma, Ndlozi, Duduzile ……… ???

Kobus

Regter John Hlophe? Met al die negatiewe sake teen hom en hy is steeds op die regbank? Hy sal seker nog die borgtog aansoek ook aanhoor en almal weet wat die uitkoms sal / gaan wees. Wat ek nie verstaan nie, hy word betrap met items wat uit die parlement verwyder is. Hy pleit onskuldig…. miskien moet Deon Meyer se speurder Bennie Griesel hier help. Het die regte brandstigter die items in sy / haar onstsnap poging dit by die arme man gelos? Wonder maar net.

Swerwer

Hoe wreed is dit om Zandile van terrorisme aan te kla maar Zuma wat terrorisme in ons land gevestig het saam met sy ANC Kader kom skotvry ander kant uit. Hierdie dubbele standaarde steek my dwars in die krop.

Anoniem

Die saak stink van die begin af. Geen wagte by die Parlement nie, die brandstelsel se krane wat toegedraai was, Dali Mpofo wat hom gratis verteenwoordig, John Hlope wat beslis hy moet uit die psigiatriese inrigting vrygelaat word, ens ens ens….

Marius

Die regters moet ophou om te kibbel en sorg dat hy tronk toe gaan waar hy hoort. Geen borgtog moet toegestaan word nie.