Parlement-brand: Saak sloer oor 50 ton water

(Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die saak teen die vermeende brandstigter van die parlementêre kompleks in Kaapstad, Zandile Christmas Mafe, is tot Mei uitgestel nadat die staat Vrydag bykomende tyd versoek het om sy ondersoek na die omvang van die skade af te handel.

Dié ondersoek is nog nie afgehandel nie weens 50 ton water wat in die parlement se kelder lê.

Luidens ʼn beëdigde verklaring deur die ondersoekbeampte, kol. Christiaan Gabriel Theron, is die forensiese ondersoek van die parlementêre gebou nog nie afgehandel nie, aangesien ondersoekers nie toegang tot die kelder kan verkry nie.

Die tonne water moet eers uit die kelder verwyder word sodat die forensiese ondersoekers die algehele koste van die skade kan bepaal.

Adv. Mervyn Menigo, staatsaanklaer, het aan die hof gesê dat hierdie deel van die ondersoek broodnodig is wanneer daar met aanklagte van brandstigting en terreur gewerk word.

Forensiese ondersoekers het sedert 15 Maart toegang tot die gebou gekry nadat dit veilig verklaar is.

Volgens Theron het die ondersoekers nog ses weke nodig om die verslag af te handel. Boonop het die departement van openbare werke ook sowat drie weke nodig om die finale verslag van die ingenieurs te voltooi.

“Ons weet dat die beskuldigde reeds in Januarie in hegtenis geneem is, maar dit is ʼn verwikkelde ondersoek wat tot onvoorsiene vertragings gelei het wat buite die ondersoekspan se beheer is,” het Theron in die hof gesê.

Hy het wel die hof meegedeel dat die polisie ʼn positiewe gesigsherkenningsverslag ontvang het en dat die staat ʼn opsomming van die feite met die volgende hofverskyning gereed sal hê.

Theron meen ook dat ʼn hooggeregshofdatum met die volgende hofverskyning beslis kan word.

Die Kaapstadse landdroshof het die staat se versoek vir verdere ondersoek toegestaan en die saak tot 12 Mei uitgestel.

Die saak is reeds verlede maand uitgestel omdat verskeie forensiese verslag nog uitstaande was.

Mafe, wie se aansoek om borgtog verlede maand van die hand gewys is, se regsverteenwoordiger het die hof in kennis gestel dat hulle van voornemens is om Mafe se “gedoemde borgtogaansoek” by die hooggeregshof te appelleer.

Die staat sal dié borgtog-appèl teenstaan.

Mafe staan tereg op aanklagte van huisbraak met die doel om terreur en brandstigting te pleeg, asook van terreur, brandstigting en diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sean ·

N gewone swembadpomp sal daai 50 ton of te wel 140 000 l water in 8 ure uitpomp Wat is die probleem???

Samuel ·

Verstand en seker ook onwilligheid van DOW se kant om water uit te pomp.

Di ·

Hierdie krimineel gaan NIKS oorkom nie – Kyk maar na die stropery van Julie laas jaar – NIKS met NIEMAND tot dusver gebeur. As jou velkleur reg is kom jy weg met moord, dis ‘n feit. Die handtjievol belasting betalers sit self in sak en as maar moet steeds opdok EN die miljoene onderhou.

Hennie ·

Die wetter het nie op die parlement gebou gep*s nie, hy het dit gebrand!

Jaco ·

Interessante saak dié: as ek nou die ANC se denkpatroon volg, sou ek nou dink die brandstigter by die parlement was ‘n wit rassistiese man vol apartheid en wat reaksionêr en teen transformasie is.
En daar is die brandstigter toe sowaar een van die ANC se eie rasgenote.

KB ·

Oe genade, dis geen wonder die land is in sy swernoot nie. Pomp uit die water! Is julle lam? Of moet ek dit kom doen?
Waar is die WesKaap se trots?!

JL ·

Pomp die water uit. Dit is mos logies
Gaan leen Nkandla se “brand swembad” se pomp. Pateties! Intussen sypel hierdie water oral in en more word die gebou onveilig verklaar en word dit n hool soos menige van die ou staatsgeboue.

Iwan ·

Sal hulle n quote gee en dit gaan uitpomp. Kader pryse. Betaling vooruit asb!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.