Parlement brand weer

Die parlement se dak het weer Maandagmiddag vlam gevat. (Foto: Verskaf)

Die dak van die parlementsgebou het wéér vlamgevat. Dít nadat brandbestryders skynbaar vroeër vandag die brand in bedwang gebring het.

Swaar rookwolke het Maandag laatmiddag uit die Nasionale Vergadering-dak geborrel.

Kaapstad se brand-en-reddingsdienste het teen 17:15 bevestig dat die brand in die parlementêre gebou weer opgevlam het. “Die gedeelte onder die dakplate is aan die brand. Daar is tans ses brandbestrydingseenhede op die toneel, asook ʼn hidrouliese platform van Roelandstraat se brandweerstasie,” het Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad se nooddienste, gesê.

Volgens haar is 36 brandbestryders tans aktief aan’t werk om die brand te probeer blus.

Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, het vroeër gesê temperature binne die gebou is steeds op plekke 100 °C.

De Lille het Maandag by ʼn mediakonferensie oor die verwoestende brand by die parlement erken veiligheidskameras in die parlementêre kompleks het wel gewerk toe ʼn brand Sondag daar uitgebreek het, maar niemand het dit dopgehou nie.

Die gebou het Sondagoggend vroeg begin brand en een verdagte het reeds Maandag in verband hiermee in die hof verskyn. Die polisie ondersoek nou ʼn veiligheidsbreuk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

marius ·

Wat is die volgende verskoning? Van Hunk en die duiwel dalk ?

Mariana ·

Totale agterlosigheid en onbevoegdheid en natuurlik is dit nou niemand se skuld nie. Niemand gaan verantwoordelikheid vat vir wat daar gebeur het nie. Hoe is dit moontlik dat hierdie gebou onbewaak gelos is?Iemand sal tot verantwoording geroep moet word, hoe het die brandstigter geweet daar is geen sekuriteit nie? Was hierdie daad beplan? Hoop daar gaan antwoorde op baie vrae gekry word.

MakersMark ·

Brand dit heeltemal tot as het in elk geval in ‘n sirkus ontaard. Laat hul onder ‘n boom vergadering hou.

Dirk Mostert ·

Ons eie Guy Fawkes. Daar is gemengde gevoelens oor die insident.

pompies ·

Ek stem 100% saam met jou, hulle hoef nie te vergader nie want daar word geen besluite geneem nie en wanneer daar wel n besluit is word dit net geignoreer. So laat dit heeltemal afbrand dit moet ook nooit weer oorgebou word nie want dit sal ook tot groot skaalse gestelery lei.

Marius ·

Die vraag bly staan wie maak reg mag almal n kwotasie stuur

annie ·

Kan iemand asb aan ons verduidelik waarom De Lille as minister van openbare werke en infrastruktuur aangestel is? Wat is haar kwalifikasies? Pres Cyril neem vreemde besluite want die res van die kabinet en parlementariërs ditto. Miskien verdien die ANC eerder tog ‘n stadsaal as venue want hul optrede stem ooreen met die van ‘n grillig-lawwe toneelopvoering neffens ‘n valbyl op die dorpsplein.

Dup ·

Hierdie is ʼn haarfyn beplande “insident” wat uitgevoer is deur diegene wie hierdie koloniale parlementkompleks wil verwoes en dan ʼn nuwe parlement in Pretoria/Tswane wil vestig.Kyk maar na al die opmerkings van die lede van sekere partye in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.