Parlement dagvaar Steinhoff se Ben La Grange

Argieffoto: ANA

Die DA het die parlement se staande komitee oor finansies se besluit om Ben La Grange, voormalige finansiële hoof van Steinhoff International Holdings, te dagvaar om voor die komitee te verskyn verwelkom.

Enocent Nemuramba, nasionale woordvoerder van die DA, het gesê La Grange het vroeër onderneem om in die gees van “samewerking en deursigtigheid” voor die komitee in die parlement te verskyn. La Grange sou aanvanklik op 22 Augustus verskyn het en dit is later op versoek van Steinhoff na 29 Augustus uitgestel.

“Ons is egter nou ingelig dat hy geweier het om 29 Augustus 2018 voor die finansieskomitee te verskyn by die geskeduleerde inligtingsessie, op grond daarvan dat sy prokureur nie beskikbaar is nie,” het Nemuramba gesê.

Die DA meen dít skep die indruk dat La Grange koue voete gekry het en sy bes probeer om ʼn polsing oor sy rol in “moontlik die grootste korporatiewe skandaal in die geskiedenis van Suid-Afrika” te vermy.

“Die DA verwelkom daarom die besluit deur die komitee oor finansies om Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, te versoek om La Grange te dagvaar om voor die parlement te verskyn,” het Nemuramba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

willie ·

Wat weet Jooste dat hy so met handskoene hanteer word, hy hoort lankal agter tralies!

Die waarheid ·

Is dit omsat hy wit is dat hy gedagvaar word. Ek kan aan vele ander dink wat lankal moes gedagvaar geword het om hulle korrupsie en diefstal voor die patlement te verduidelik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.