Die VF Plus het tydens ʼn sitting van die nasionale raad van provinsies ʼn mosie ingedien om debat te voer oor die regering se beleid van regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtigingsbeleid (SEB).
Armand Cloete, VF Plus LP, sê oor dié saak sal waarskynlik binne die volgende ses maande in die parlement gedebatteer word.
“Die sogenaamde uitstroming (brain drain) van kundiges wat Suid-Afrika verlaat, is besig om die ekonomie lam te lê. Die krisis by Eskom en munisipaliteite is die direkte gevolg van onbevoegde amptenary wat op grond van rasgegronde beleid aangestel is,” sê Cloete.
Dit word bevestig deur uitsprake die afgelope week deur Capitec se hoof- uitvoerende beampte, Gerrie Fourie, dat SEB net ʼn sekere elite bevoordeel.
“Swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie lei nie tot ʼn inklusiewe ekonomie nie. Dit is belangrik dat alle Suid-Afrikaners gelyke geleenthede kry. Daarom vra die VF Plus nog altyd dat wetgewing rakende swart ekonomiese bemagtiging afgeskaf word,” sê Cloete.
“Die VF Plus sal aanhou terugslaan teen die rasgegronde wetgewing van die ANC wat die land se ekonomie enorme skade berokken.”
Die MRK het in ʼn gelykheidsverslag bevind dat die Suid-Afrikaanse program van regstellende aksie nie aan die Grondwet en internasionale reg voldoen nie. Die verslag het ook aanbeveel dat die regering die Wet op Gelyke Indiensneming moet verander. Solidariteit het die arbeidshof gevra om die regering te dwing om te voldoen aan die aanbevelings nadat die regering versuim het om dit te doen. Dié hof het egter bevind dat die verslag nie as bindend beskou kan word nie en Solidariteit oorweeg dit nou om die saak voor die Konstitusionele Hof te bring.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Met ee, bbbee, en kwotas in sport moet die wet 52 m teen 5 m beskerm. Wonder hoekom ?
hier kom ‘n ding! dit sal NOOIT gebeur nie wie gaan hulle dan blameer vir alles
@ my opinie moet NOOIT se NOOIT nie
Want Capitec is n besigheid wat reels moet nakom ten spyte van eie logika. Soos besighede wat maar die Etol betaal want hulle wil of kan nie betrokke raak teen n koppige regeringsbeleid nie. Besighede kan anders as ons gewone plebs die kostes verhaal op wettige wyses
Ek is bly ek het nie die VF se werk nie. Ek voer eerder n debat met n muur. Daars n beter kans dat die muur sal luister na rede.