Parlement gaan tog plaaswerkers se lot ondersoek

(Argieffoto: StatsSA)

Nadat die ANC verlede week met opposisiepartye saamgespan het om ʼn EFF-voorstel vir ʼn parlementêre ad hoc-komitee oor die lewensomstandighede van plaaswerkers te verslaan, het die ANC nou sy eie voorstel vir ʼn ondersoek deur die Nasionale Vergadering aanvaar gekry.

Daar is belangrike verskille tussen die voorstelle van die EFF en die ANC. Die grootste daarvan is dat die EFF die soort ad hoc-komitee wou hê met landwye openbare sittings – iets wat gemoedere reeds opjaag.

Nou gaan daar steeds openbare sittings wees, maar met die doel om te kyk of bestaande wetgewing toegepas word. Heelwat van die EFF se aanvallende taal teen boere kom ook nie in die ANC-voorstel voor nie.

As verlede week se parlementêre debat oor die onderwerp enige aanduiding is, gaan die ANC die openbare sittings veral gebruik om plaaswerkers op te stook teen Wes-Kaapse boere, wat grootliks DA-ondersteunend is, in die aanloop tot volgende jaar se munisipale verkiesing.

Die ANC-voorstel wat aanvaar is, vra die parlementêre portefeuljekomitees oor landbou en arbeid om as deel van hul rol oorsig te doen oor die werk- en lewensomstandighede van plaaswerkers, plaasbewoners en boere; om die toepassing van wetgewing te monitor en openbare voorleggings aan te hoor; om voorstelle vir veranderings in wetgewing te doen en daardie deel van hul oorsigwerk teen 30 November volgende jaar af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willem ·

Hierdie regering gaan maak dat boere meganiseer en nog meer mense sonder werk gaan sit of ons almal sondrr kos

Werner ·

Dis darem vinnig.Boere wat al vir 25 jaar vermoor word se sake word nou nog nie ondersoek nie.Rasistiese regering met hulle sal ons nerens kom nie.

Persheks Adri ·

Hierdie stelling sê als!

“Heelwat van die EFF se aanvallende taal teen boere kom ook nie in die ANC-voorstel voor nie.”

Wie voorsien jou kos Cyril???

Elize ·

Ek wil graag ‘n ondersoek sien oor wat van die plaaswerkers word nadat die boer op syv plaas vermoor word. Het hulle dan die droom lewe waarna hulle smag?

Sarel ·

Hulle sal sekerlik nue due Trauma bespreek wat Plaaswerkers moet deurgaan a.g.v.. ondersteunde Plaasmoorde nie.

Anoniem ·

Hierdie mense sal die wiel bly pomp al is die res van die kar lankal weg. Snaaks hoe hulle n probleem maak waar daar geen is nie net vir stemme werf… maar waar werklike probleme is skitter hulle in hul afwesigheid. Klomp dwase

Sara ·

Hoe gemaak as jou eie regering daarop uit is om van jou ontslae te raak? Kan die boere nie strike en net nie meer aan die binneland kos voorsien nie?

Dup ·

Die efffff is die regering se spreekbuis.Wat die regering graag wil sê en doen word deur die efffff uitgevoer.

Blikkantien ·

Maak net seker dat ALLE plase ( ook hooggeplase ANC “boere”) ondersoek word met dieselfde aandag aan detail.

Deon ·

Daar moet seker iewers n reel of wet of regulasie wees wat hulle kan verhoed om onder n dekmantel stemme te werf, waar is ons afriforum manne

Derek ·

Die ANC het geen plan en is glad nie bekomnerd oor enige mense regte oortredings nie, net wanneer die EFF soms blaf dan skrik so n paar van hul wakker. Nader aan die verkiesing begin die speletjies met hul volgelinge met mondvol beloftes tot na die verkiesing. Dan raak hulle weer vaak.

Chris ·

Hulle sal so aanhou totdat geen kleinboer mee van plaaswerkers gebruik gaan maak nie. Ek ken n boer wat sy werkers van 6 na 1 verminder het. Die boer en sy seuns doen die meeste van die werk self. Daar word ook nie meer so mildelik randsoene (lees vleis, groente en melk) gegee soos in die verlede nie. Streng salaris en volgens die reels en dit is waar dit stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.