Parlement gaan voort met proses teen OB

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Die parlement het pres. Cyril Ramaphosa verwittig dat die komitee belas met die proses oor die moontlike verwydering van adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), met sy werksaamhede voortgaan.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het gesê die komitee, wat tans oorweeg of daar gronde bestaan om Mkhwebane uit haar amp te onthef, moes sy verrigtinge onderbreek hangende die uitspraak van die Konstitusionele Hof.

Die Konstitusionele Hof het verlede maand in die guns van die DA en die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, beslis dat die proses kan voortgaan.

Mkhwebane het verlede jaar die hooggeregshof in Kaapstad genader om die parlementêre ondersoek na haar bevoegdheid vir die amp te probeer stuit. Die hof het wysigings aan twee van die reëls beveel wat die parlement in die proses wil gebruik.

Die proses om die OB uit haar pos te laat verwyder is toe tydelik deur die hooggeregshof se uitspraak gestuit, maar kan nou voortgaan nadat die land se hoogste hof in ʼn eenparige uitspraak bevind het Mkhwebane is geregtig op regsverteenwoordiging, terwyl dit ook toelaatbaar is dat ʼn regter as deel van die onafhanklike paneel aangewys word om die OB se geskiktheid vir die pos te ondersoek.

Mkhwebane het intussen ’n hersieningsaansoek in die Konstitusionele Hof gebring.

Die parlementêre komitee gaan voort met sy werk nadat die voorwaardes van verwysing vir die ondersoek op 22 Februarie vasgestel is. Die proses kan tot sowat sewe maande duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Wondermaarnet ·

Daar sal seker nooit weer so ‘n bevoegde OB soos Thuli Madonsela wees in SA se geskiedenis nie. Hou op om kaders in poste aan te stel en wees regverdig met die keuring.

Dr Pieter ·

Die Engelse spreekwoord lui, “Justice delayed is justice denied.” So waar van Zuma en trawante, insluitend OB.

Eiervrug ·

Ja nee, regtig… Hoe lank het hulle nou nodig om dit af te handel???

domheks ·

Net is SA wat dit so lank kan neem of iemand te ‘fire’
Maak tog seker dat die volgende OB bevoeg is, NIE ‘n KADER aanstelling nie!

Chris dupreez ·

Sy mag nou regsverteenwoordiging kry, gaan seker dali mpofu wees.

Jr ·

Ja ek hoop dis hy, want almal weet hy kan nie n saak wen nie. Mees suksesvolste adv as u sakke verloor tel

Willem Wikkelspies ·

Sleep net julle voete nog klein bietjie langer dan is haar volle termyn verby .. het jy woorde!!

JohanR ·

Die wiele in SA draai maar baie stadig. Die een se 7 jaar termyn eindig in 2023, en sy sal seker eers in 2024 geskors word!

Herman L ·

Teen die huidige tempo sal die proses nog voortgaan lank na haar termyn verstreke is. Ons moenie verbaas wees as sy daarop aandring om nog ‘n termyn te dien nie, gegewe haar arrogansie!

Swerwer ·

Terwyl die ANC Kader hul mense aanstel sal daar nooit regverdigheid geskied nie. Iemand buite die ANC in al die sleutelposte is die enigste uitweg .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.