Parlement gee stempel van goedkeuring vir nuwe baas van intelligensie

Dr. Setlhomamaru Isaac Dintwe Foto: @marudintwe, Twitter

Dr. Setlhomamaru Isaac Dintwe Foto: @marudintwe, Twitter

Die nasionale vergadering het Dinsdag die aanbeveling, dat Setlhomamaru Isaac Dintwe aangestel moet word as die nuwe inspekteur-generaal van intelligensie, goedgekeur.

Die pos was al ʼn jaar en ʼn half lank vakant.

Pres. Jacob Zuma se nominasie vir Dintwe se aanstelling is deur 299 LP’s goedgekeur, maar 14 het teen die aanstelling gestem.

Die nominasie deur die gesamentlike staande komitee oor intelligensie was eenparig. Die komitee is gedwing om die nominasieproses te herhaal nadat Cecil Burgess se nominasie só hewige teenkanting ontvang het, dat die regerende party nie die ondersteuning van die nasionale vergadering kon bekom nie.

Daar was omstredenheid op die vooraand van die stemmery toe dit aan die lig gekom het dat Dintwe polisieminister Nathi Nhleko se mislukte poging ondersteun het om Robert McBride, as die hoof van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) te verwyder.

Dintwe het aangevoer daar is ʼn behoefte vir ʼn uitvoerende gesag oor Opod en dat die organisasie beperkte onafhanklikheid moet hê, aangesien dit uiteindelik dieselfde doelwitte as die polisie nastreef.

Hy is die voormalige hoof van Unisa se departement van polisie-praktyk, waar hy voorheen ook ’n senior lektor was. Hy was ook die adjunkdirekteur van beleid in die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gatiep ·

My tuinier is n baie beter kandidaat met beter kwalifikasies en ondervinding…

Theo B ·

Gatiep ek vermoed jy is reg. Ingersol straat sal seker ook nooit weer dieselfde wees nie.

pieter ·

Lyk my die man het ‘n doktorsgraad (rooi toga). Maar rooi kan ook ander konneksies beteken. Nie dat die politieke korrekte grade veel beteken nie. Die vraag is eerder of hy sy opdragte van Zuma ontvang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.