Parlement gereed as EFF Cyril wil ontwrig

EFF- en ANC-LP’s in ʼn onderonsie tydens ʼn induksiesessie (13 Junie 2019) (Foto: ‘n Skermgreep uit die video)

Die parlement is voorbereid op die moontlikheid dat die staatsrede volgende week deur die EFF ontwrig kan word, en sal streng volgens die reëls optree indien so iets gebeur.

Dit was vandag die versekering van die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, nadat EFF-gedrag vandeesweek die induksie van parlementslede omver gegooi het. Dit volg ná die EFF onder leiding van die LP’s Makoti Khawula en Tebogo Mokwele, ‘n induksiesessie van parlementslede luidkeels ontwrig het en gewelddadige gedrag voorgekom het.

Volgens die DA se koukusvoorsitter, dr. Annelie Lotriet, wil dit voorkom asof die EFF ‘n ontwrigtingsplan in die mou voer. Die EFF het vroeër gedreig om volgende Donderdag se staatsrede te ontwrig omdat pres. Cyril Ramaphosa die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, in sy pos heraangestel het ten spyte van bevindings teen Gordhan deur die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane.

Gordhan appelleer tans teen die bevindings.

Die EFF het in die verlede al staatsredes suksesvol ontwrig en is by geleentheid hardhandig uit die Nasionale Vergadering verwyder. Die party het egter ook al in die verlede gedreig om gebeure te ontwrig en dit dan nie gedoen nie.

Ná vanjaar se verkiesing het die EFF nou meer parlementslede. Waar hulle in die verlede 25 lede in die Nasionale Vergadering gehad het, is daar nou 44. Dit kan sterker weerstand teen die parlementêre uitsmyters beteken as die uitsmyters ingeroep sou word.

Modise het nie vanmiddag by ‘n mediakonferensie reguit geantwoord op die vraag of daar meer uitsmyters is noudat daar meer EFF-LP’s is nie. Sy het die vertroue uitgespreek dat alle partye hulle tydens die staatsrede sal gedra. Die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, Lechesa Tsenoli, het gesê die ontwrigting van induksieprogramme het opgehou ná Modise se ingryping en dat die hoop is dat haar ingryping en oproep om ordentlike gedrag tydens die staatsrede ook die gewenste uitwerking sal hê.

Die onkoste en omvang van die staatsrede is intussen omvangryk afgeskaal uit erkenning vir die land se ekonomiese penarie. Hoewel die weermag steeds in volle swang betrokke sal wees, is die dinee ter verwelkoming van nuwe parlementslede byvoorbeeld afgestel en behoort die hele funksie minder as R2 miljoen te kos.

Sowat 1 200 gaste sal die geleentheid bywoon, en die eregaste is die veterane van die Rivonia-hoogverraadverhoor, Denis Goldberg en Andrew Mlangeni, en die veterane van die 1956-vroueoptog na die Uniegebou, Gertrude Shope en Spohie de Bruyn.

Die staatsrede begin Donderdagaand, 20 Junie, om 19:00 en sal regstreeks op televisie uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johan ·

Hoe kan enige regdenkende mens respek hê vir ‘n party wat hulle soos “hooligans” gedra?

Magda ·

Stem saam Johan… n party wat hul soos hooligans gedra! Hoe kan ons???

Andreas ·

Waarom kan die mense wat vir die orde verantwoordelik is, sommer vir elke sitting, nie ‘n reël daar stel en dit baie duidelik vir Julius uitspel dat elke keer as enigiemand van die EFF buite orde is of hom nie gedra nie, gaan hulle vir JULIUS uit die parlement verwyder, want HY is mos verantwoordelik vir die EFF, so doen hulle die ELKE keer, gooi hul Commander in Chief‎ uit, totdat hulle begin luister.

Jr ·

Dis nie ‘n kwessie van of die rooi goed gaan maar net waneer. Vetrouer dat hulle nie sal nie – ha ha. Jy het meer kans op ñ drie poot perd in die July as om hulle te vetrou. Sirkus is weer ” in town “

Dirk ·

Los die eff sodat Suid Afrikaners en die wereld kan sien dat anargie besig is om stadig maar virseker in SA se parlement te ontvou!

willem Botha ·

Sover ek weet is die DA en eff vernote nou verklap die DA die eff so dis geen wonder die DA kan nie vertrou word nie.

Simon ·

Willem
Sover ek kan agterkom, weet jy nie oor die DA / EFF verwantskap nie

Joe Olivier ·

Ek sal my beslis nie soos n vark gedra voor Modise as ek in die parlement was nie.????

Iens ·

Ha ha Joe, jy sal ge hônk, hônk word! O my hene ek het daai video al n hele paar keer gekyk en elke keer wil ek my doodlag!
Hy moet die EFF uit die parlement honk honk!!!!

Christa ·

Dan is dit mense wat Wil he jy Moet hulle respekteer. Lagwekkend. Geen opvoeding gehad nie. Hulle is so gewoond om te plunder en te ontwrig. Soek Altyd Al die aandag

Trojaanse Donkie ·

Wereldklas vermaak verniet uit die trotse nuwe SA. Kan iemand nie ‘n wereld TV program begin nie , you/t sal nie kan bly by nie. Ek lag my stukkend vir die ou spulletjie wat parlement parlement speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.