Parlement gevra om bewerings oor Malema-lyfwag te ondersoek

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC het geëis dat die parlement onmiddellik bewerings ondersoek dat een van Julius Malema, die leier van die EFF, se lyfwagte die parlement binnegekom het toe daar Dinsdag ʼn gestoei tussen die EFF-LP’s en die parlementêre veiligheidswagte ontstaan het.

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het joernaliste Donderdag tydens ʼn mediakonferensie toegespreek en Dinsdag se chaos in die parlement as “boewery” bestempel.

“Wat vir ons nog meer kommerwekkend is, is hoe mense wat glo veiligheidswagte of lyfwagte van agbare Malema is in die parlement ingekom het, wat ʼn ernstige oortreding van die parlement se veiligheidsreëls is,” het Mthembu gesê.

“Ons het sedertdien die parlement versoek om ʼn deurtastende ondersoek na hierdie veiligheidsoortreding te doen. Na ons mening kan dit nie toegelaat word nie.” Mthembu het gesê indien die bewerings waar is, is LP’s se lewens in gevaar.

“Ons kan nie bekostig om die lewe van ons president en adjunkpresident, ons uitvoerende raad en alle lede van die parlement, ongeag watter partye hulle verteenwoordig, in gevaar te stel nie. Mense wat nie veronderstel is om in die parlement te wees nie en sommer net so die parlement binnekom, stel die lewens van alle LP’s in gevaar.”

Nadat vuiste Dinsdag geswaai is tydens die EFF-LP’s se botsing met die veiligheidswagte, het die parlement strafregtelike aanklagte by die polisie aanhangig gemaak.

Die EFF hou egter vol hy sal voortgaan met sy pogings om Zuma te verhoed om in die parlement te praat aangesien die party hom nie as ʼn ware president erken nie na aanleiding van die konstitusionele hof se uitspraak oor sy private Nkandla-woning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Theo ·

Oeps!! maar die “rooi” mannetjie het vir jou kontakte hoor..

m ·

Wat maak hom so belangrik om ‘n lyfwag te he, wat n groot grap.

Piet Snot ·

Dit vertel jou hoe Malema homself sien.
#grootheidswaan.

christine ·

Mooi man Jackson dit se alles oor die sekerheids in die pal le ment Die parlements lede het geen versekering dat hulle nie die Dr.Verwoerd pad gaan loop nie

Theuns ·

Die DA se John Steenhuizen het mos beswaar gemaak, vir die tweede keer in vier maande, omdat die ” sogenaamde wagte” nie die regte klere en naam plaatjies gedra het nie. Die ANC het niks daaromtrent gedoen nie! Toe sien Malema die “GAP” en hy vat hom!! Uiters Skerp! As dit nie vir die implikasies is en gevare wat die skelm streep vir die Parlement inhou nie het ek my dood gelag! Nou huil die ANC.

My opinie ·

Die EFF is baie gevaarliker as wat sommige mense dink en wil besef. Hulle getal aanhangers groei baie vinnig

Johan ·

Ek stem saam met jou, maar op die stadium maak hulle al die regte geluide omtrent Zuma en Kie wat die ander nie so reg uit wil maak nie. Daarvoor sal ek hulle krediet voorgee. Maar aan disipliene en etiket daar moet hulle nog baie hard aan werk.

Kiepie ·

Johan, en hoe dink jy gaan jy hierdie vloedgolf keer as dit verdere momentum kry? Die EFF moet in die bek geruk word en die ANC moet deur die regte demokratiese en regsprosesse tot verantwoording gebring word. Of dink jy regtig die EFF gaan hulle leerstelling verander as hulle dalk, agv die blootstelling wat hulle nou deur hulle on-demokratiese optrede kry, aan bewind sou kom? Onthou, dit is baie maklik om die massas se steun te werf deur “die regte geluide te maak”, maar die probleem gaan kom die dag wanneer hulle moet “deliver”. En ek is bevrees dan gaan hulle nie ewe skielik satyn handskoentjies aantrek nie en jy weet wie gaan dit dan ontgeld.

Kiepie ·

Net omdat iemand jou “vyand” se vyand is beteken dit nie noodwendig hy is jou vriend nie. Mense wat hulle verlekker in die magspel waarmee die EFF besig is net omdat hulle dink dit besorg die ANC hoofbrekens besef nie die ernstige gevolge wat dit vir demokrasie in die toekoms inhou nie. Geen groepering wat ‘n 15% belang hou mag die reg hê om die parlement so te ontwrig en die land onregeerbaar te maak nie. As jy hulle nie by die stembus of, in sekere situasie, deur die regsproses kan klop nie, dan kan jy jouself nie die reg toeëien om jou wil dmv anargie af te dwing nie. Dieselfde geld die DA. Jammer as julle nie daarvan hou nie maar dit is wat demokrasie beteken.

Irene ·

Man raak ontslae van die eff hulle raas net net hul groot bekke

Theuns ·

Het iemand al gevra hoekom het ons so groot problem in die parlement het? Die probleem is ZUMA! Die EFF het huidiglik ‘n doel om die aandag te vestig of Zuma en sy streke. Onthou hy Malema is die een wat ons aandag gevestig het op die sogenamde “STATE CAPTURE” en ander misdadige bedrywighede van die GUPTAS. Om die ANC se woorde te gebruik wat hulle vir hulle Wit kaders gebruik het gedurende hulle sogenaamde vryheids stryd.” They are useful idioots”

Kiepie ·

Theuns, ek het nie ‘n probleem met hulle “boodskap” nie maar wel met hulle metodiek. Wat dink jy gaan gebeur as hulle wel van Zuma ontslae raak dmv hierdie aksies? Dink jy hulle gaan dan net terug sit en hulleself op die skouer klop en sê “Ons het nou ons doel bereik so nou kan ons terugkeer na werklike demokratiese weë”. Word wakker en ruik die koffie Mnr. Hulle fokus gaan dalk verskuif maar hulle aanslag sal verskerp. Of ons nou met hulle boodskap of doelwit saamstem of nie, hulle optrede moet NOU gestuit word anders gaan dit ernstige gevolge vir die land inhou in die toekoms.

humor ·

Die slapg@ttigheid het die hele land oorspoel. Geen verantwoordelikheid, geen discipline.

John ·

Die ANC hou van wat julle se, ekskuus, ons foutlose president. As een klomp ergs is, is die ander wat glo minder verkeerd vertoon volgens die ‘reelboek’, minder erg, amper oulik. Die plan werk soos ‘n bom. -1 plus -1 is nie +1 nie. President Zuma is ‘n strateeg. Watter soort is ‘n ope vraag.

Karma ·

En hoekom mag Zuma se veiligheidswagte hom dan afkordon? Mag net die President dan wagte rondom hom hê? Ek verstaan dat dit teen parlementêre prosedure kan (moet?) wees, maar waarom word daar nou uit ANC geledere ‘n ophef gemaak? Dalk is dié sekuriteitswag na binne ontbied (dit sê egter nie veel vir die toelatingsproses tot die Parlement nie!). Die Parlement is in elk geval ‘n sirkus sedert die EFF daarin gekom het – weliswaar, op hierdie stadium ‘n vernederende, maar snaakse sirkus. Die EFF sal nie “back-off” nie, maar ons moet dié ‘vyand van ons vyand’ nie onderskat nie – moenie dink hulle is ons vriende nie! Ons moet hulle wel gebruik terwyl hulle ons middel tot ‘n doel is, maar daarna elimineer.

Kiepie ·

Karma, ek sê weer, hierdie is ‘n vloedgolf wat ons nie gaan kan keer as dit eers momentum gekry het nie. En iets wat verkeerd is is nie reg net omdat dit ons oogmerke pas nie. Dit is die helfte van die probleem in hierdie land van ons. Elkeen dink hy kan besluit watter reëls en wette op hom van toepassing is en solank dit my pas kan ek enige wet verontagsaam. As ek laat is vir ‘n vergadering mag ek die spoedgrens verontagsaam, moet net die dat ‘n taxi dit waag om voor my in te draai nie. As iemand my te na kom mag ek hom aanrand, moet net nie dat iemand my aanspreek as ek iets verkeer doen nie. As die EFF ontevrede is met Zuma mag hulle die parlement ontwrig, moet net nie dat hulle aan bewind kom en my grond kom vat nie.

Marietjie ·

Dit is net bang broeke wat lyf wagte het, maar wanneer zuma en kie steel, lieg en plunder het hulle nie lyf wagte nodig nie. Wie betaal vir die lyf wagte, die belasting betaler, kry zuma alleen en sien hoe sy broek bewe. Julius is maar net n produk wat zuma self geskep het toe hy president van die jeug liga was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.