‘Parlement in Pta sal op lange duur goedkoper wees’

Argieffoto: Kopano Tlape, GCIS

Argieffoto: Kopano Tlape, GCIS

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê die regering sal voortgaan met sy versoek dat die parlement van Kaapstad na Pretoria skuif.

“Die setel van die wetgewer is ʼn besluit wat die parlement moet maak. Die uitvoerende magte sal egter voortgaan om steun en inligting aan die parlement te verskaf om hom te oortuig om die groot uitgawes rakende die handhawing van twee hoofstede te heroorweeg,” het Zuma tydens sy vraag-en-antwoord-sessie in die Nasionale Raad van Provinsies gesê.

Volgens Zuma is ʼn interministeriële taakspan op die been gebring om ondersoek in te stel na die koste-implikasies asook logistieke en administratiewe gevolge vir die verskuiwing van die parlement. “Die voorlopige bevindings kom tot dieselfde gevolgtrekkings as vorige studies in 1995, 1997 en 2011 wat bevind het dat dit op die lange duur aansienlik goedkoper sal wees om die parlement van Kaapstad na Pretoria te skuif.”

Zuma het gesê van die negatiewe gevolge is die moontlike verlies aan inkomste vir die stad Kaapstad en moontlike werkverliese. Zuma het toegegee dat dit duur sal wees om ʼn nuwe parlementsgebou op te rig, maar dat die regering op die lange duur miljoene rande sal spaar aan vervoer- en behuisingskoste.

“Die koste met twee hoofstede is astronomies aangesien elke uitvoerende lid twee huise en twee motors moet hê. Dit is ook tydrowend aangesien uitvoerende lede heen en weer moet reis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

jaco ·

asseblief doen dit. en maak dan daarna die hele wes-kaap n tuisland vir blankes.

Henry ·

Soos alle sirkusse maak, kan hierdie sirkus ook na verskillende dorpe en stede reis, tent opslaan en la’ waai.

Sal ‘n unieke ervaring wees om ‘n sirkus te aanskou wat slegs uit narre bestaan.

JC ·

Goeie idee jaco.
Die Kaap IS immers waar ons vandaan kom en ons ware tuisland!! (moet dit net nie vir die ouens daar in Pretoria se nie, hehe!)

Tannie ·

Die man het seker koors!!! Van wanneer af probeer hy geld spaar?

Hehe hehe hehe ·

Hehe hehe hehe en hy kan nie eens tel nie, hoe sal hy weet. Verder n taakmag kos weer n fortuin en is weer sy vrinne, lekker geld, hotel verblyf en etes, dit terwyl mense krepeer, op vlaktes in haglike omstandiggede bly, wens hul wil wakker skrik. Jy kan ook maar van DA trek, hul kan Pta toe vlieg!

Johannes van Rooyen ·

Los die parlement soos dinge nou is dit kan later na gekyk word daar belangriker goed in SA wat NOU aandag benodig soos bv. Om van zuma ontslae te raak

Twaklies ·

Seker omdat dit DA gebied is. Wat van al die mense wat daar daagliks werk gaan hulle net afbetaal word.
Verminder die ministers ver te veel wat niks doen behalwe ons belastimggeld mors

Lizaan ·

Hoekom nou so bekommerd wees oor sogenaamde besparing, nadat niks meer oorgebly het van die land met Zuma aan die stuur. Of, miskien gaan fie guptas dalk die nuwe parlement bou in Pretoria.

Lance ·

Genade wil hulle nou geld bespaar dat daar meer is om te steel !

jaco ·

Skuif die parlement Tshwane toe. Verskuif terselfdertyd alle wit mense Wes-Kaap toe. Maak dit n wit-kleurling tuisland. Doen dit presies soos wat die ou wit NP-regering met die swart volke gemaak het. Vat selfs die wit mense en kleurlinge se stemreg vir die nasionale perlement weg. Gee hulle net stemreg vir hulle eie tuisland-parlement. Dit behoort te werk. Dis immers die meerderheid wat dit met die minderheid doen, so die res van die wereld sal nie daaroor kla en dit boikot nie. Israel doen min of meer so iets met die Palestyne en die Palestynse “staat” het al verteenwoordiging in die Verenigde Nasies. Buitelandse belangstelling en belegging in so ‘n tuisland behoort ook te kom. Regtig mense, ek droom nie, eks nie op drugs nie, eks nie op dwelms nie en eks nie mal nie.

lynette ·

Waarom moet n nuwe Parlementsgebou opgerig word? Al die jare was hulle 6mnde in Kaap en 6mnde in Pretoria. Wat het geword van die gebou wat altyd in Pretoria gebruik is? Hoekom is dit skielik nie meer goed genoeg nie. Twaklies is reg, verminder die ministers!!!!!

Klaas ·

Lynette, in dioe vorige bedeling het die parlement sy wetgewende program in ses maande afgehandel, die res van die jaar was ministers in hulle departementele kantore en LV’s in hulle kiesafdeling – daar was dus nie “‘n gebou wat in Pretoria gebruik is” nie.

Willie viljoen ·

Dit gaan oor wie die volgende eiendom in Pretoria gaan oprig!! ?? Niks anders nie!!! gaan die staat dit huur, verseker!! Van wie?

Gemsbok ·

Die parlement in Kaapstad en die uniegebou in Pretoria was ‘n historiese kompromis en skikking wat geboorte geskenk het aan die moderne Suid-Afrika met sy huidige landsgrense. Sonder hierdie skikking sou die ‘Unie van Suid-Afrika’ moontlik nog in 4 onafhanklike lande verdeel gewees het.

Maar die politieke kragte wat daardie skikking bereik het – die Britse Koloniale Kantoor en die verkose volksraadslede in die ou Republieke – is nie meer relevant vir Azania se toekoms nie. Tshwane en al die simboliek van Afrikanisering wat daarmee gepaard gaan is onkeerbaar besig om oor die landskap wat deur die ANC verower is te rol.

jurie blanche ·

Eintlik “NVT” meer nie want Pretoria ook nou DA en in kort Gauteng ook DA volgende sal wees skuif parlement Bloem toe meer sentraal darem nog anc vesting.

Johann Marx ·

As mens iets beplan “op die lange duur” moet jy darem min of meer seker wees daar GAAN ‘n “lange duur” wees, nie waar nie?

PJ ·

Ou zumpies en sy maatjies sal darem ook n rand of twee kan maak uit die transaksie

Anoniem ·

Hier is ‘n lang, dik slang in die gras…. dis nie NummaOne se gewoonte om besluite te neem in die beste beland van Suid-Afrika nie.

Vaalseun ·

Jy is heeltemal reg, PJ. Die ANC het nuwe projekte dringend nodig om uit die transaksies en kontrakte die eiendomsagente, verskaffers en kontrakteurs te melk vir “skenkings.” “Besparing” is bloot ‘n rookskerm vir liggelowiges.

‘n Nuwe “Parlementsgebou” kan natuurlik beter voorsiening maak vir ‘n toekomstige diktator se 50 veiligheidswagte en 20 sekuriteitsvoertuie.

Charmaine ·

City Press artikel: “Zuma , MPs were struggling to engage ’total society’ on Bills that are open to the public because poor people cannot travel to Cape Town”. Asof enigiemand hul besluite kan beinvloed !

Wonder net... ·

Waarom moet dit skuif? Dit word dan nie meer gebruik nie…

Bossie ·

Waarom moet dit skuif? Dit word nie meer gebruik nie. Rig dit in vir klaskamers om volwasennes te leer tel…

Bossie ·

…of te leer spel! “Volwassenes”Jammer oor daardie blaps!

humor ·

Anoniem jy is 100% reg. Hier skuil iets agter. Maar laat hul kom en hier meer sigbaar raak, dit kan net teen hul tel

Callie van der Merwe ·

Ek dink hulle kan sommer van hul huise af werk. Of jy nou by die huis sit en slaap of in die parlement…. wat is die verskil?

Koos1 ·

Hy weet sy tyd word min, en met die klap wat hy by Gordan gekry het oor die atoom krag sentrales (waar hy sekerlik ‘n paar rand in die sak sou druk), begin hy nou kyk of hy die bal aan die rol kan sit voordat sy termyn verstryk om die projek te begin. As dit goedgekeur word gaan Nkandla debakel lyk soos ‘n RDP huis teen ….wel Nkandla.
Ek dink hy staan elke oggend op en dink dan vir homself, hoe kan ek nog geld vir myself uit SA tap?

Buitestander ·

Lyk my nr1 wil die hele landsekonomie skeef trek duer parlement te verskuif.
Hy kan dan seker meer kader aanstellings doen en die bruin gemeenskap terselfder tyd bykom omdat hulle hom nie ondersteun met sy korupsie nie.

Theresa ·

Net weer ‘n bewys dat die man nie geskik is om ‘n leier van ‘n land te wees nie (wel, nie van ‘n land wat moet floreer nie). Verspotte plan en beplanning sal net so vrot verloop. Wens hy wil ophou goed verander wat regtig net tydmors is. Hy mors ons almal se geld – die wat baie het en die wat min het.

Alida ·

Die parlementsgeboue was al vir jare goedgenoeg. Lyk my die man het iets gesnuif. Hy is die een wat die geld so vermors en verkwis. Gelukkig is Gordhan daar om sy vinger op sy gorrel te hou en die beursie toe te hou. Laat hom teruggaan skool toe dit sal beter wees.

Voortrekker ·

Miskien wil al die witmense nie in die Kaap gaan bly nie.

Ek dink dit is ‘n goeie ding, ek het nog altyd gedink dis geldmors, selfs in die tagtigs toe ek op skool was, moes my maats wie se pa’s in die parlement was, elke ses maande van skool verander. Lekker verniet vlugte Kaap toe en terug toe meeste mense dit skaars kon bekostig om ooit iewers heen te vlieg. Hierdie is ‘n jarelange debat, kom ons kla nie as die regering vir ‘n slag wil geld spaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.