Parlement kan herroep word vir mosie teen Zuma

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete. Foto: Daily Maverick

Baleka Mbete, die speaker van die parlement, het Sondag gesê sy sal onmiddellik opposisiepartye se versoek vir ʼn dringende debat oor ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma oorweeg.

Die mosie van wantroue kom te midde van skerp kritiek vanuit alle oorde van die politieke spektrum teen Zuma se middernagtelike kabinetskommeling Donderdagaand en in die vroeë oggendure Vrydag. Pravin Gordhan, minister van finansies, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, is onder meer tydens die kabinetskommeling uit hul poste verwyder.

Mbete het Sondag op die OR Tambo-lughawe in Johannesburg met verslaggewers gepraat nadat sy teruggekeer het van ʼn reis na Bangladesj vir ’n vergadering van die Internasionale Parlementêre Unie. Sy het die besoek kortgeknip nadat sy Donderdag ʼn versoek van Mmusi Maimane, die DA-leier, ontvang het waarin hy versoek dat ʼn debat oor ʼn mosie van wantroue teen Zuma geskeduleer word.

Die brief het aangedui dat die debat geskeduleer moet word vir Mei wanneer die parlement weer byeenkom. Mbete het later dieselfde dag ʼn soortgelyke versoek van Julius Malema, die EFF se leier, ontvang. Hierdie brief het versoek dat die parlement, wat tans in reses is, herroep word vir ʼn spesiale sitting om oor die mosie te debatteer en daaroor te stem.

Mbete het gesê sy het Vrydag nog ʼn brief van die DA ontvang waarin die party ook versoek dat die parlement herroep word vir ʼn spesiale sitting.

Sy het gesê die versoeke sal nou nagegaan word om vas te stel of dit voldoen aan die relevante reëls van die parlement. Daarna moet Mbete met die hoofsweep van die meerderheidsparty, tans Jackson Mthembu, en die leier van regeringsake, adjunkpres. Cyril Ramaphosa, vergader. Laastens kan die mosie geskeduleer word binne ʼn redelike tydperk gegewe die program van die nasionale vergadering.

Mbete het gesê in terme van die grondwet moet ʼn versoek vir ʼn mosie van hierdie omvang as ’n prioriteitsaak gehanteer en geskeduleer word. “Ek sal daarom vandag [Sondag] begin met die proses van raadpleging oor die versoeke wat gebring is. Ek voorsien dat die raadpleging so gou as moontlik afgehandel sal word. Sodra dié proses afgehandel is, sal my kantoor aan al die betrokke partye skryf om hulle in te lig wat die uitslag is,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann ·

Sy spin en lieg deur haar tande. Waarom moet ons met sulke mense gestraf word? Dat sy dit waaragtag kan sê, maar so is dit en dan is hulle oortuig dat ander glo hulle.

Waaroor ek baie verbaas is, is dat my tuinhulp weet presies wat aangaan, ongelooflik hoe ingelig hulle deesdae is. Ek val op hy rug toe hy gister vir my beduie oor Zuma, die top ses, en wat hulle daarvan dink, dat Gordhan gefire is en die kabinet geskommel, so uit sy eie.

Speedguard ·

Al haar kunsies by Carl Niehaus geleer , toe lig Jessie hom met haar kunsies, nou spin sy die stories, laat my ook dink aan Sally de Beer!

Johann ·

Hoeveel kat en muis speletjies wil hulle nog speel, kies ‘n nuwe president en kry klaar, daar word nou miljoene rande verkwis

Hendrik ·

Alles is net vir die show, daar gaan weer niks daar an kom nie.

Daan ·

Zuma het Suid Afrika verraai,ten gunste van sy en die Guptas se sakke.

Leendert ·

Ek sien N Dlamini-Zuma het hou ook op die verhoog begin klim, van haar laat hoor. Sy was tot dusver doodstil, maar nou het sy in die openbaar opgetree en beduie die ANC jeug gaan chaos saai as daar nie na vrouens en die jeug omgesien word nie. Kyk, dit was nou presidensieel om dit te sê. Sy het duidelik laat blyk dat sy in een of ander wedloop is, of dat sy ‘n belangrike persoon met ‘n boodskap is, dat mense na haar sal luister.

Anoniem ·

Dis van die uiterste belang dat die parlement anoniem kan stem hieroor!!! Dan is die kans baaaaie groter dat Zum uitgestem word.

Cherokee ·

Is dit Anoniem, waarom jý ook anoniem stem? Nietemin, ek stem saam met jou. Die stemmers is bevrees. Hierdie is Suid Afrika en mense word in Afrika maklik van die rol verwyder as hulle nie gelike word nie. Zuma het die land skaakmat. Hoe weet ek nie maar skaakmat hou hy die ganse Suid Afrika. Miskien het die rol wat hy gespeel het as spioen by die ANC se moordbende Umkhonto we Siswe daarmee te doen. Miskien is inligting versteek wat openbaar gemaak sal word as hy ‘n ongeluk opdoen die rede of so iets. Hoe hy dit doen is onbekend maar hy is nie so dom soos ons graag voorgee nie. Terloops, Pravin Gordhan het die ANC se moordbende ook goedgekeur met sy stem vir wat die ANC doen.

snoefie ·

bekpraat. die buiteland was uitgekuier met haar en haar superieur intellek. sy het nog altyd haar gat aan die da en eff afgevee. hoekom hulle versoek nou so ernstig opneem dat sy dadelik op n vliegtuig gespring en terug gekom het?? ek sê vir julle sy het haar in n see van koue skouers vasgeloop.

W ·

Noudat sy nie meer ‘n kanidaat is om president te word nie is dit belangrik om alles oorsee te los en dadelik te kom reel sodat ‘n mosie van wantroue teen Zuma in te stelsel. Sue duiwel? ????

John ·

Waar kom ons daaraan dat ons so ‘n wonderlike grondwet het? Zuma doen net wat hy wil, so ook die ANC en sy Jeugliga, hul super-senaat en al Zuma se goeie vriende. Die opposisie maak amok en skree die parlement se dak af en Baleka lig nef haar vinger en die spul word verwyder. Dit gaan weer en weer gebeur… en ons glo telkens dinge sal beter word, want ons het so ‘n goeie grondwet.

Scalla ·

Dankie sê vir de klerk en sy ja broers , vry en regverdig, weet die speaker wat om te doen?

Barnard ·

Sjame sy wou ook vroeg huistoe kom sodat sy vir almal kan vertel sy het dit vir land gedoen! Help my asb!!

Rynhardt ·

Zuma gaan nie deur Anc uitgestem word om sogenaamde opposisie tevrede te stel nie.Gistraand op tv was die “groot messias, Maimane opgewonde, want hy dink daar gaan n gaping of vakuum ontstaan (met Zuma se vertrek), sodat hy kan inglip om president te word.Malema glo ook dieselfde.Nie een van twee gaan president word nie.Ons gaan moderne stamoorloe (net soos in verlede) sien herrys binnekort!

Zelda ·

Snaaks hulle wil altyd eers iets ander doen voor op getree word. Eers deur die grondwet gaan voor iets gebeur. Zuma het nie eers deur die gondwet gegaan nie hy het net gedoen

Pieter ·

Wat my pla is wat soek al hierdie Afrika leiers in die lande van die Kolonialiste ? Kan Afrika steeds nie op sy eie regkom nie ? Is ek dan nou ‘n rassis ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.