Parlement krap kop oor onteiening sonder vergoeding

LP’s tydens ‘n parlementsitting. (Foto: GCIS)

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, het regsadvies aangevra rakende die parlement se hantering van die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik.

Die mandaat van die tersaaklike ad hoc-komitee van die parlement het verlede Sondag verval en is nie hernieu nie. Dit beteken daar is tans amptelik geen parlementêre ondersoek na die verandering van die Grondwet aan die gang nie.

Die komitee is getaak om te ondersoek of en hoe die Grondwet verander behoort te word om onteiening sonder vergoeding toe te laat.

Tydens ʼn vergadering van die Nasionale Vergadering wat Donderdagoggend plaasgevind het, was daar ʼn groot mate van verdeeldheid oor die toekoms van die proses.

Terwyl voorstanders van die verandering van artikel 25 druk wil uitoefen dat die komitee sy werksaamhede teen 31 Oktober moet afhandel, het teenstanders soos DA-hoofsweep Natasha Mazzone uitgewys dat dit tans onmoontlik is om openbare insette op gemeenskapsvergaderings aan te hoor soos wat die Grondwet vereis.

Nog geen sulke openbaredeelname-verhore het in die Oos-Kaap of die Wes-Kaap plaasgevind nie en weens die afsonderingsmaatreëls wat tans geld, is die hou van sulke byeenkomste onwettig.

Daarna moet kennersmenings nog deur die parlement aangehoor word voordat die komitee begin debatteer oor die inhoud van die voorgestelde veranderinge.

Gegewe die wetlike slaggate het Modise dus onderneem om teen Donderdagmiddag met regsadvies verslag te lewer aan die programkomitee oor die toekomspad, maar teen Vrydagmiddag is geen sodanige advies nog deur komiteelede ontvang rakende ʼn vraagstuk wat die parlement behoorlik laat kopkrap nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Adam ·

Die parlement krap aanhoudend kop sonderom veel hond haaraf te maak. Ek sien juis Duarte kla dat die ekonomie na 26 jaar nog steeds deur blankes beheer word. Dit lei tot die vraag wie se skuld dit nou eintlik is. Het die Parlement dan nie met sy hoogs diskriminerende wetgewing met BBBEE en EE om net twee voorbeelde te noem, in sy doel geslaag nie. Dit is die enigste redelike aanname wat gemaak kan word en is tekenend van die regering se onvermoe om welvaart te skep terwyl enorme armoede onder ‘n magdom mense veroorsaak word.

Marius ·

So snaaks na al die tyd is dit net wit mense wat verkeerd is en was vat alkes en gee ons n stuk woestyn my vader waar gaan dit stop

Chris ·

Almal verstom, selfs “Julius” (Caeser) sou nie belang gestel het om hierdie land, voortaan te regeer nie.! Alles is weg en tot niet of ten gronde, insluitende die geld wat vir e-tol sou dien of betaal.

Pieter ·

Hoe se die slim menister ons koop ons kos by SPAR julle is een groot sirkus. Maak soos julle vriende in zim julle gaan dood gaan van die honger ore en verstand het julle glad nie.

J ·

Die EFFenANC vergelyk doelbewus ‘appels met nartjies’ met die doel dat die nartjies moet voel hulle is ‘ongelyk’ … en die ‘ongelykheid’ is die ‘appels’ se skuld! Daarom moet die ‘appels’ gestraf word vir hulle ‘appel supremacy’!

…. en die appelbome moet gedepriveer word of ‘afgekap’ word want hulle pleeg die ‘oersonde’ van meerderwaardigheid teenoor die minderbevoorregte, edel nartjies.

Oningeligte mense wat benadeel ‘voel’ kan maklik gebreinspoel word en herprogrammeer word met kommunistiese dogma.

Dis tyd dat die ‘kommuniste’ se agenda aan die kaak gestel word.

Rodger17 ·

Vat die grond sonder vergoeding en oorlog is so seker as wat ek hier sit en skryf!Mense kan nie klippe eet nie en Dis wat gaan gebeur.Kyk hoe lyk Rhodesië nadat dit Zimbabwe geword het!Dis SA se voor land onder anc beheer!

Spyker ·

Dit is tyd dat hulle n slag op n ander plek krap, dalk roer hulle die verstand in die regte rigting

twaalfboor ·

ANC moet maar hard kop krap. Dis nie sommer net van kom vat nie. Hierdie boertjie wag…..

marius ·

Hierdie mense het geen idee hoe dit lyk waneer mense soos vliee begin doodgaan van honger en dors nie . Nog minder wat oorlog beteken nie . Hulle gaan binnekort uitvind .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.