Parlement kyk hoe om van OB ontslae te raak

busisiwe-mkhwebane

Busi Mkhwebane. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die parlement het nie amptelike reëls en prosedures oor hoe presies om van adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (OB), ontslae te raak nie.

Die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het Dinsdag vergader oor John Steenhuisen, DA-hoofsweep, se versoek dat Mkhwebane se geskiktheid vir haar amp ondersoek moet word.

Daar is tydens die sitting besluit om die kwessie terug na Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, te verwys.

Bulelani Magwanishe, voorsitter van die komitee, het gesê die kwessie is na die reëlskomitee verwys sodat nuwe amptelike reëls en prosedures opgestel kan word wat gevolg moet word om die Openbare Beskermer of hoof van enige ander hoofstuk 9-instelling te verwyder.

Steenhuisen het die jongste verwikkelinge verwelkom. “Die DA glo vas dat Mkhwebane nie ʼn geskikte of gepaste persoon vir die kantoor van die OB is nie.”

Minstens tien burgerlike organisasies het gister die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste versoek om Mkhwebane uit haar amp te verwyder op grond van die onlangse hofuitsprake teen haar.

Daar was die afgelope tyd ʼn reeks verdoemende hofuitsprake teen Mkhwebane en al hoe meer partye eis dat sy as OB verwyder moet word.

Die gronde wat in die Grondwet vervat word vir die verwydering van ʼn OB sluit in wangedrag, onvermoë of onbevoegdheid, ʼn bevinding van so ʼn aard deur ʼn komitee van die Nasionale Vergadering, of ʼn aanvaarding van ʼn besluit deur die Nasionale Vergadering vir die verwydering van die betrokke persoon (wat deur twee derdes van die Nasionale Vergadering aanvaar moet word).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

As sy nou skielik NIE geskik is vir die pos nie, hoe het sy in die eerste plek daar beland? Moet die “persoon” wat die aanstelling gedoen het nie ook pa staan vir die gemors nie?

marous ·

Korrek . Sy nes derduisende ander , is daar om diegene wat hulle in die posisies geplaas het ten alle koste daar te hou , sonder enige verantwoordbaarheid .

Jannie van Niekerk ·

Zuma het haar aangestel met die hulp van die EFF wat gehoop het sy sal hulle nie laat ondersoek nie.

SjN ·

Daar bestaan mos reels en regulasies wat dit aanbetref soos vervat in die mannekrag wetgewing, die parlement het nie amptelike reels nie en dit is hoekom hul rommelstatus geniet.

JohanR ·

Hierdie vrou is soos om ‘n erge tandpyn vir drie jaar te he, en dan uiteindelik trek die tandarts die vrot tand uit. En daar het jy dit…..groot verligtig en pyn vry!

Frm ·

Daar is nie reels nie DA. So hou op opgewonde wees. Dit kan 3 jaar vat om die reels te bepaal. Hehe

JohanL ·

Is dit nie die eerste keer wat daar nie reels en regulasies was vir spesifieke optrede en daar dan eers rondgeskarrel moet word om dit op te stel vir die sirkus (Parlement) nie?

So die OB is nog veilig vir minstens een jaar?

Louis ·

Dit is die ergste wat hierdie land nog beleef het, wat onkunde aan betref Waar 95% van alle poste gevul is met mense wat nie geskik is nie. Ondersoek almal se kwalifikasies en neglected en stel die regte persoon aan vir die pos wat in belang is vir die land en al sy mense. Die regering Moet wakker word voor n burger prolong uitspreek en onskuldige kinders van Die Telkom sterf saam die res van Die land.

Foxi ·

Man, julle praat te veel, vat haar tassie of handsak en lei haar by die deur uit! Sy mors almal se tyd!

Pottie ·

Stem saam sy sit daar want haar anc tjommies het daar in gesit glad nie om dat sy haar werk kennie so werk dit in die siek anc mors ons belasting geld

Tinus Coetzee ·

Eerlikwaar, ek hou gladnie van die vrou nie, maar kyk bietjie uit ‘n ander hoek. Waarom is haar voorganger verwyder? Omdat sy te naby aan die waarheid gekom het met Zuma.
Kom die een nie te naby aan die waarheid oor Ramaphosa nie?
Goed die hof uitsprake was tot dusver almal teen haar. Wat beteken dit? Dat sy foute bly maak? Gladnie, net soos Ace Magashule die Bloemfonteinse Hooggeregshof beheer en nooit op enige klag daar skuldig bevind sal word nie, word hierdie hof nie dalk deur Ramaphosa beheer nie. Hy is slinks en uitgeslape, hy lei ons almal om die bos en soos hy self gesê het, die padda in die kookpot.
Nee wat, ek glo nie die OB is so pateties as wat Ramaphosa will hê ons moet glo nie. Dan sê die pateet: “Ek gaan nie inmeng nie, ek los dat die howe die aangeleentheid uitsorteer.” Hy het reeds opdrag gegee wat die uitkoms moet wees.
Ons weet mos nou al dat Ramaphosa ‘n vreemdeling vir die waarheid is. Dat hy selfs loop en verkondig dat hier nie plaasmoorde plaasvind nie. OB jou doppie is geklink, my het te naby aan die waarheid gekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.