Parlement maak gereed vir enige staatsrede-ontwrigting

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Phando Jikelo/ANA)

‘n Senior parlementêre sekerheidsamptenaar het Maandagaand tot byna middernag met die parlementêre uitsmyters (die sogenaamde withemde) agter geslote deure in ‘n komiteekamer van die parlement vergader, glo om vir die moontlike ontwrigting van pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede deur die EFF voor te berei.

Na wat Maroela Media verneem het die vergadering tussen die senior parlementêre sekerheidsamptenaar Deon van der Spuy en die withemde van omtrent 19:00 af plaasgevind en tot ná 23:00 geduur.

Dit volg op vroeëre waarskuwings van die EFF dat hulle dit oorweeg om die staatsrede te ontwrig tensy Ramaphosa volledige besonderhede verskaf oor sommige van sy optredes as adjunkpresident, ANC-onderleier, ANC-leierskandidaat en ANC-leier waaroor hulle bedenkinge het.

Die afgelope paar weke was die EFF redelik stil oor hul planne en korrespondensie vandag met die EFF-hoofsweep, Floyd Shivambu, oor of hulle met hul voornemens voortgaan, het tot dusver geen definitiewe antwoord opgelewer nie.

Die EFF het al verskeie kere in die verlede die staatsrede ontwrig, en in 2015 het dit uitgeloop op grootskaalse geweld tussen die EFF en die withemde, tot die punt dat die bejaarde EFF-LP Reneilwe Mashabela se kakebeen deur die parlementêre uitsmyters gebreek is.

Sedertdien het sowel die EFF as die parlement baie minder uitgesproke geraak oor hul planne om mekaar die stryd aan te sê.

Navrae aan die parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, oor Van der Spuy se laatnagvergadering met die uitsmyters is teen laatmiddag nog nie beantwoord nie.

Die staatsrede vind Donderdagaand om 19:00 plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ekke ·

Ek sal so bly wees as dit gebeur. Dan sal ander lande ingryp…!

Michael ·

Hierdie mense laat Bosswell Wilky Sirkus soos n klomp beginners lyk

Gys ·

Die staatsrede is soos n rugbywedstryd. Net die moeite werd as daar n lekker goeie outydse “bar fight” uitbreek. Andersins erg vervelig.

Dries du Toit ·

Die EFF gaan al hoe meer stiller begin raak. Hulle kom stadig maar seker aan Afriforum is nie jou maat nie. Malema het reeds klaar probeer om die nuwe NVG hoof te diskrediteer . Hy weet sy gaan hom groot moeilikheid gee. Na die verkiesing gaan hy inkruip by die ANC om sodoende sy vervolging te probeer vryspring

Afrikaner ·

Ten spyte van die gemors waarin die land sit, ons besef dit nou eers werklik met die voorleggings by die Zondo kommissie, toenemend, die Guptas was maar ‘n vulletjie, dis nie net Zuma nie, die hele ANC is besmet, die internasionale 5 se brief aan Cyril, die ANC regering se reaksie daarop, die gebeure sedert die begin van die nuwe jaar het dit beklemtoon, Eskom waarvoor, soos met belasting ‘n 10de van die land se inwoners se bydraes die res moet onderhou.

En die ergste van als is die ANC gaan Donderdagaand weer die res van die politieke partye se protes in die doofpot sit, hulle met die DA aan die spits het dit nie in hulle om Cyril, wat te minste bewus moes wees van die staatskaping, vir 9 jaar al, en sy bende tot verantwoording te roep nie.

Daar is net nie meer geld vir al die roof nie, van wie ook al, op watter vlak, ook nie die gratis toelaes nie, die wetgehoorsame burgers se vleis is nou al tot teen die been kaal gevreet.

Dan sê ek: “Bring on Zille met haar protes twiets!”

En natuurlik Solidariteit en Afriforum wat in hierdie tye ontsaglike werk doen. Ons kan die impak daarvan sien in die suksesse wat hulle met hul aksies soos in hierdie tye berig word behaal, die erkenning wat hulle selfs van hul grootste kritici kry.

Afrikaner ·

Ja, en dan het ons nog daardie skapies wat in ‘n ry agter Cyril aanloop en nou en dan skree:”Wolf, wolf hoe laat is dit”.

Wonder Net ·

Die EFF is tog so lief vir gewere… Wonder wat sal van die land word as hulle beplan om wapens in te smokkel en ‘n helse skiet geveg breek uit, wat ‘n paar hoë koppe van verskillende partye laat sneuwel…. Wat gebeur dan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.