Parlement maak rug styf teen minister se onwettige gedrag

Minister Stella Ndabeni-Abrahams. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die parlement is besig om in opstand te kom teen die soveelste onwettige handeling deur die minister van kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams – en selfs die koukus van haar eie party, die ANC, staan in hierdie stadium vas teen haar vergrype.

Ndabeni-Abrahams, wat pas terug is in haar kabinetsposisie nadat sy haar pos (en haar salaris) drie maande lank kwyt was omdat sy die afsonderingsmaatreëls oortree het, is al weer in die pekel. Hierdie keer is dit omdat sy die Wet op die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) oortree het.

Die Okosa-wet bepaal dat Okosa se raad deur die parlement aangestel word, maar nou weier Ndabeni-Abrahams om al die aanstellings te doen wat deur die parlement goedgekeur is.

Daarom het die Nasionale Vergadering Donderdag eenparig besluit om nogmaals daarop aan te dring dat die aanstellings dadelik gedoen word, met die DA se Phumzile van Damme en die EFF se dr. Mbuyiseni Ndlozi wat daarop aangedring het dat Ndabeni-Abrahams onverwyld bedank.

In die verlede was Ndabeni-Abrahams ook al in die sop omdat sy ingemeng het met die SAUK-raad, en omdat sy die SAUK probeer verhoed het om protesoptrede teen die ANC in die Oos-Kaapse dorp Lusikisiki uit te saai.

Ndabeni-Abrahams is in politieke kringe bekend as pres. Cyril Ramaphosa se voorste bondgenoot in die Transkei, maar die president sal nou onder hernieude druk wees om haar uit die kabinet te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DieKriek ·

Ook daardie Stella wat n wet probeer deurdruk dat selfoon torings op privaat grond opgerig mag word sonder dat enige vergoeding aan die eienaar betaal word. Dan moet die grond eienaar ook pa staan vir enige skade aan die torings.

Okmardom ·

Kan sy in n ander pos aangewend word. Dink maar aan iets sos parlementere tuinier of tuin tegnikus.
Neem net eers voorraad van gereedskap.

Adam Adriaan ·

Het ook seker êrens in haar lewe in virus opgedoen wat haar denke en optrede beinvloed

JohanR ·

Communications minister Stella Ndabeni-Abrahams said during an interview that she and her husband had never been to Switzerland, only Geneva. Daai vius wat sy opgedoen het Adam Adriaan het haar brein aangetas!

Juffrou ·

Net omdat sy sy bondgenoot is, mag sy doen net wat sy wil. Daardie drie maande sonder salaris…….dink hulle nou rêrig ons glo dit?! Sy’s eerder beloon.

Yolandie ·

Hoe oud is sy?????…….26???? Jammer dat ek vra want sy lyk of sy met hulp in haar pos gekom het natuurlik. Net soos die res van ons Ministers…..nie regtig enige kwalifikasies nie maar hulle is darem “our people” . En die huidige kriteria in die parlement is dat jy so onbevoeg kan wees soos jy wil, jy kry darem steeds ‘n lekker salaris terwyl die land in elende gedompel is.

Kokerboom ·

Die oorywerige onbevoegde “jong turke” dames van ANC besorg vir hul oral skade en skande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.