Parlement mag nou Opod-hoof verwyder

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn wysiging aan die Onafhanklike Polisiedirektoraat- (Opod-)wet onderteken wat die parlement voortaan in staat stel om toesig te hou oor enige besluit wat die skorsing of verwydering van ʼn Opod-direkteur betref.

“Die wysiging maak voorsiening vir parlementêre toesig met betrekking tot die opskorting, dissiplinering of verwydering van die uitvoerende direkteur van Opod,” het die presidensie Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Luidens die verklaring het die Konstitusionele Hof versoek dat die wysiging aan die wet gemaak word in die lig van Robert McBride, voormalige Opod-hoof, se skorsing in 2015.

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Maroela Media het vroeër berig Nathi Nhleko, tóé minister van polisie, het McBride destyds daarvan beskuldig dat hy ʼn Opod-verslag aangepas het oor die voormalige Valke-hoof Anwa Dramat en ander senior kollegas se betrokkenheid by die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in 2010.

“Die Konstitusionele Hof het sekere bepalings van Opod as ongeldig verklaar wat die minister van polisie destyds gemagtig het om die uitvoerende direkteur te skors, dissiplinêre stappe teen hom in te stel ná sy skorsing én hom uit die amp te verwyder,” het die presidensie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Die parlement kan darem gou beweeg as hy wil. Maar dan wonder ek hoekom hulle nie soe gou beweeg het nie om die Publieke Beskermer te verwyder nie? Totsiens Robert McBride. Glo jy dan nog in die ANC?

Jaco ·

McBride is n kleurling. seker “not black enough” vir die pos van OPOD-hoof. Dis wat kleurlinge wat werk soek gedurig hoor. of hulle hoor “ons personeelsamestelling moet die nasionale demografie weerspieel”.
Wat net vreemd is, is dat die “regte” ras SO ALLESOORHEERSEND is dat selfs ‘n kleurling wat deel was van die struggle teen apartheid ook in die pad gesteek word.

marius ·

Die trotse held van Magoos restaurant . Sy pragtige skand vrye lewe daarna behoort vir alle erfgename van die paradys wat hulle geskep het as inspirasie te dien .

Jack ·

What goes around comes around. Ek gee nie om sy ontslag nie was waarskynlik n paar goudatawe werd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.