Die ANC het ʼn mosie vir debat in die nasionale vergadering ter tafel gelê oor die VBS Mutual Bank-verslag. Dié verslag, onder leiding van adv. Motau wat deur die Reserwebank aangestel is om ʼn forensiese ondersoek oor die bank te doen, dui op grootskaalse bedrog ter waarde van R1,9 miljard.
Die party se parlementêre koukus het gesê dit is “verstandig om dié saak van openbare belang na die parlement te bring vir ʼn debat”. “Ons glo dat diegene wat hulself skuldig gemaak het aan enige oortreding, deur ons wetstoepassers vervolg moet word,” het Jackson Mthembu, hoofsweep van die party, gesê. “Die leiers en lede van die ANC wat geïmpliseer word of van oortredings beskuldig word, moet na die integriteitskommissie van die party verwys word.”
Mthembu het gesê dit is kragtens die ANC se 54ste konferensieresolusie om bedrog en korrupsie te bekamp en die waardes en integriteit van die ANC te herstel.
Die mosie, “VBS Mutual Bank Report: The Great Bank Heist – a matter of public importance”, sal op 23 Oktober in die nasionale vergadering gedebatteer word.
Lees alle vorige berigte oor VBS Mutual Bank op Maroela Media.
EFF word by name genoem wanneer hoor ons wie die res is…… of het ek dit gemis?
Ag die krininele is ons regering, wat het julle meer verwag?
“Ons glo dat diegene wat hulself skuldig gemaak het aan enige oortreding, deur ons wetstoepassers vervolg moet word.” Wat ‘n grap! Hoeveel van die parlement gaan oorbly as al die skuldiges vervolg moet word?
As ons die land wil skoonmaak van korrupsie en misdaad moet ons 80% van die kabinet, 90% van senior mense in staatsinstellings en 85% van die polisie summier toesluit. Dit sal nooit gebeur nie.
Ek wag in spanning om te sien of hierdie skurke regtig “vervolg” sal word.
Die korruptes gaan die korruptes ondervra of bespreek. Dan gaan hulle ‘n koalisie vorm om saam koruup te wees..
Hehehehehe…. nader aan die kol kan dit nie.
Als moet “ge-debate” word.