Die portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding het Dinsdag gesê hy sal ondersoek instel oor die agterstand om Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) (NSB) en diplomas vir tegniese en beroepsgerigte onderwys en opleiding (TBOO)-kolleges uit te reik.
Connie September, voorsitter, het gesê die komitee sal onder meer die departement van hoër onderwys en opleiding en die staat se inligtingstegnologie-agentskap (SITA) besoek in ʼn poging om te verseker dat die agterstand hanteer word.
“Die komitee is besig met ʼn weeklange oorsigtelike besoek in Pretoria met die doel om betekenisvol by te dra tot die stryd teen armoede, ongelykheid en werkloosheid in die land. Doeltreffendheid om seker te maak dat jong mense nie enige verdere vertragings beleef om hul kwalifikasies te bekom en om toegang te bekom tot ekonomiese geleenthede nie, is ʼn sleutelfaktor in hierdie opsig,” het September gesê.
Sy het gesê radikale ekonomiese transformasie sal betekenisvol wees indien diegene, wat met vaardighede toegerus is, gesertifiseer word en die geleenthede kry wat hulle verdien om die arbeidsmark te betree.
Die komitee het Dinsdag die departement en Sita besoek.
“Die doel is om ʼn insig te kry in die kapasiteitsverwante uitdagings in die administrasie en eksamen-eenhede by die departement van hoër onderwys en opleiding. ʼn Besoek aan Sita het ook ten doel om ʼn begrip te kry oor die funksionaliteit en doeltreffendheid van die stelsels wat uitdagings met sertifisering moet oplos.”
September het gesê dit is belangrik dat die hoëronderwysbedryf met so min as uitdagings moontlik funksioneer, indien die land wil voldoen aan sy langtermyn beleidsposisies.
Is daar nie iemand wat ons kan kontak nie n vriend van my wag al 3 jaar vir die onderwys sodat sy goed en salaris reggemaak moet word goed
Nico, hul kry nie eens diplomas uitgereik nie. Jou plaaslike streekskantoor van onderwys behoort die ding te kan doen.
Sal iemand toesien vir regte Diploma vir regte opleiding? EN nie posbode opleiding en dan kry jy B .ad. bewys of selfs ‘n geoktroeerde rekenmeester bewys nie. SE ma net