Parlement ontken staatsrede kos R11 miljoen

Argieffoto: Kopano Tlape, GCIS

Argieffoto: Kopano Tlape, GCIS

Die parlement het gesê berigte dat daar R11 miljoen aan pres. Jacob Zuma se staatsrede bestee is, is eensydig en misleidend.

“Jaarlikse geleenthede in Kaapstad soos die staatsrede stoot miljoene rande in die ekonomie van die stad en die Wes-Kaap,” het die parlement in ʼn verklaring gesê. “’n Feitelike studie word gedoen om die werklike ekonomiese impak, waaronder toerisme, ekonomiese ontwikkeling en werkskepping, te bepaal.”

Volgens die parlement is daar by die begroting van R4 miljoen gehou. Die parlement meen dit het selfs minder gekos en dat hulle dit sal bepaal sodra alle rekeninge betaal is.

Die DA het Sondag gesê Zuma se staatsrede het belastingbetalers glo amper R11 miljoen uit die sak gejaag. Volgens John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het antwoorde op parlementêre vrae aan die lig gebring dat die staatsrede baie meer gekos het as die R4 miljoen wat vir die geleentheid begroot is.

“Die departemente van polisie en openbare werke het in antwoord op parlementêre vrae bekend gemaak dat hulle onderskeidelik ʼn bykomende R4,085 miljoen en R2,7 miljoen bestee het.”

Steenhuisen het gesê meer as R204 000 is bestee om 441 weermaglede by die opening van die parlement te ontplooi. Hy het gesê die R11 miljoen wat na bewering aan die staatsrede bestee is, kon eerder aangewend word om werkskepping te bevorder.

“Die hartseer werklikheid is dat die staatsrede nie meer toeganklik is vir lede van die publiek nie. Tog word daar van hulle verwag om elke jaar meer op te dok vir ʼn president wat in die gedrang is en ʼn vyandige parlement in die gesig staar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AL ·

Die ANC regering besteel ons land rot en kaal deur korrupsie, bedrog, gierigheid en wanbestuur.

Magda ·

Ek stem – dalk meer as R18milj – sal in elk geval nooit die regte bedrag uitvind nie -want waaaaaaar het jy nou gesien die ANC kan die waarheid praat – o wee?????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.