Parlement ontvang lys van LP’s

OVK-voorsitter Glen Mashinini (links) oorhandig die lys van 400 LP’s en 430 lede van die provinsiale wetgewer aan hoofregter Mogoeng Mogoeng, wat dit op sy beurt aan die parlementêre waarnemende sekretaris, Baby Tyawa, oorhandig by ʼn seremonie in Braamfontein (Foto: GCIS)

Die parlement het vandag die lys van 400 lede vir die Nasionale Vergadering van die sesde demokratiese parlement ontvang. Dit volg ná die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) die uitslag van die nasionale- en provinsiale verkiesing bekend gemaak het.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het die lys aan die waarnemende sekretaris van die parlement, Baby Tyawa, oorhandig. Mogoeng het die lys van die voorsitter van die OVK, Glen Mashinini, ontvang.

Altesaam 14 van die 48 politieke partye wat aan die verkiesing deelgeneem het, kwalifiseer vir verteenwoordiging in die nasionale vergadering.

Die eerste sitting van die nasionale vergadering vind op 22 Mei plaas en die eerste sitting van die nasionale raad van provinsies vind op 23 Mei plaas. LP’s sal op 22 Mei beëdig word en die speaker, adjunkspeaker en president sal daarna aangewys word. Lede van die nasionale raad van provinsies sal op hul beurt die voorsitter, adjunkvoorsitter, huisvoorsitter en hoofsweep aanwys.

Ongeveer 45% van die LP’s is vroue, het die OVK intussen gesê. Dit is ʼn hoër verteenwoordiging as die 42% ná die verkiesing in 2014. Die wetgewer met die meeste vroue is Mpumalanga (ongeveer 50%). Slegs 35,71% vroue is verteenwoordigers in die Wes-Kaap.

Die gemiddelde ouderdom is 50 – dieselfde as in 2014. Die oudste LP (90 jaar oud) is dr. Mangosuthu Buthelezi, leier van die IVP. Die jongste LP (23 jaar oud) is Sibongiseni Ngcobo van die Demokratiese Alliansie. Die jongste lid van die provinsiale wetgewer is die 21-jarige Karabo Khakhau. Sy sal die DA in die Vrystaat verteenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Boerboel ·

Ja die surkus begin nou. Die EFF sal almal weer vermaak.

Dries du Toit ·

Al daai vrouens het mans wat die tenders gaan kry. Ons gaan nog swaar kry. Jy leef in n droomwereld as jy dink dit gaan beter word.

Jeremia ·

Seker ‘n gewigtige laaaaang lys van hier tot in Moskou vir kernkragtigheid en dan maak dit ‘n draai in China vir Eskom-geldjies en Indië vir ‘n kuiertjie by daardie boeties met die baie sakebelange, sommer in Kuba ook vir mediese versorging en dan weer terug in Kaapstad vir ou en nuwe kleptomaniake.

Sir Dik de Dunnerin ·

Verneem die VF+ se MP’s sluit 3×2 in met selfde van…

– is die mense verwant?

– is dit verteenwoordigend van VF+ steun, ook ander minderhede?

dki

jakes ·

N parlement wat groter is as die VSA sn waarvan die meeste onbevoeg is om selfs vir n sirkus te werk. Hoe op aarde het ons hier geland?

Ria ·

Ja ons sal maar wag en sien, miskien is tyd van wonderwerke nog nie verby nie???? Maar net die tyd sal ons leer en dit hardloop so vinnig, hulle sal moet vinnig wees.
Kan net Bid dat ons land kan begin reg kom.

Stiks ·

Dieselfde regering, dieselfde kripvreters. Buisness as usual die vl 5 jaar.

jaco ·

R1.3miljoen per jaar, lekker luukse motor, petroltoelae om te ry in daardie motor, verniet vlieg en ‘n vet onthaaltoelae. ELKEEN van hulle wat nou nuut begin, betree ‘n wêreld van luuksheid en rykdom. So al sukkel ons gewone mense ook onder ‘n petrolprys van R40 oer liter, is AL daardie ryk parlrmentslede min gepla. En let wel, die “wedergebore Christene” van die ACDP kry ook hierdie lekker vergoeding. Die Bybeltekste “the love of money is the root of all evil” en “dis makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van die hemel te kom” is seker toegeplak in hulle Bybels.

Boerboel ·

Jaco ek sou kon doen met n’ miljoen per jaar en jy sit en slaap net die hele dag en luister na hoe die een party die ander slegse. Dis skandelik. Hoeveel mense sit sonder werk , kos ens.
Ek stem saam met jou, geld het baie mag en laat baie mense anders dink, en ongelukkig is dit ons geld wat hulle so lekker van lewe.

Ansie Esterhuizen ·

Wonder maar net
Sou julle geagte president ooit daaraan dink hoeveel van sy eie mense hy van huise sou kon voorsien met 126 miljoen rand? Terwyl n land se mense krepeer van armoede moet aan EEN persoon soveel geld bestee word As hy werklik die land wil red van ondergang moet hy sy spandabelheid ter syde stel en SY mende uitlig uit hulle ellendige lewe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.