Parlement reageer op AfriForum se onteieningsaansoek

’n Voorgestelde wysiging aan die Grondwet bring die eienaarskap van alle grond in Suid-Afrika in gedrang, nie net landbougrond nie. Foto: Morné van Rooyen

Die parlement het ʼn beëdigde verklaring ingedien in antwoord op AfriForum se aansoek in die hooggeregshof in die Kaap oor grondonteiening sonder vergoeding waarin gevra word dat die hof die burgerregte-organisasie se aansoek met ʼn kostebevel van die hand wys of van die rol skrap.

In die aansoek vra AfriForum dat die verslag van die gesamentlike grondwetlike hersieningskomitee oor die wysiging van artikel 25 van die Grondwet – wat oor grondonteiening handel – ter syde gestel word.

Die parlement voer in sy verklaring aan AfriForum probeer opsetlik die parlement se wetgewende prosesse vertraag.

Die verslag, wat die komitee reeds aanvaar het en nou vir oorweging na die nasionale vergadering en nasionale raad van provinsies vir oorweging verwys sal word, is in ʼn tussentydse stadium, soortgelyk aan ʼn wetsontwerp. Dit is nog nie finaal nie. Dit kan aanvaar of verwerp word, sê die parlement.

Die komitee het ʼn uitgebreide proses van openbare deelname begin en openbare verhore in al nege provinsies gehou, asook vergaderingswerksessies in die parlement.

Die parlement voer aan duisende Suid-Afrikaners het deelgeneem aan die nasionale gesprek oor grond en sy rol daarin om ʼn demokrasie te bou en “die wonde van die verlede te genees”.

Nadat die parlement ʼn besluit geneem het, kan ʼn wetsontwerp voorgelê word. Die parlement gee tans nog geleentheid vir openbare kommentaar ingevolge die parlement se grondwetlike verpligtinge.

“AfriForum wil die parlement in werklikheid met ʼn hofbevel stuit omdat hulle meen die komitee moes elke voorlegging oorweeg het,” sê die liggaam, “ook dié wat hulle erken duplikate is.

“Die komitee het slegs voorleggings buite rekening gelaat wat navrae, onverwant, leeg of herhalings was. AfriForum ontken nie dat die komitee die strekking van daardie duplikaatvoorleggings oorweeg het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cornelia ·

Afriforum is ‘n nugterdenkende en verantwoordelike organisasie met ‘n leierskorps wat oordeelkundig en volwasse insette ter tafel bring met die bereidheid om in belang van die hele Suid Afrika verstandige besluite te maak wat ontdaan is van alle emosionele en onrealiste retoriek. Demokrasie is ‘n blinde woord. Horende doof en siende blind anc? Duidelik die geval.

Andre ·

Dat mense so in die verlede leef dat hulle nie die toekoms raaksien nie.

Koos ·

AfriForum mors hulle eie tyd. Wie het die beheerende stemme in ons land en regering?

Geregtigheid ·

Ons geskiedenis bepaal nie ons toekoms nie. Ons self moet besluit hoe dit geskryf gaan word.

FM ·

Dankie Afriforum dat julle ten minste probeer. Julle redenasies is realisties en ekonomies in landsbelang. n Verkiesing is oppad en die anc/eff alliansie will politieke punte score. Ekonomie verstaan hulle nie. Dis die rede waarom hulle staatskaping ondersteun het, want hulle kan nie ekonomies redeneer nie. Bo hul vuurmaakplek.

Albert ·

Mooi so AfriForum sa vat hom flaffie. Julle is die enigste wat nog reg dink in hierdie wanordelike samelewing. Sterkte.

Neutraal ·

Regering skuil daaragter om kastig die verlede uit te wis, maar ten bate van honderde nadele. Hulle is blind teen waarskuwings van Zimbabwe en baie ander, asook die meerderheid van die land se bevolking wat daarteen is. Die verkeerde ding het nog nooit gewerk nie. Hulle sal dit nooit besef nie. Omdat daar n omkeer is in reg en verkeerd is ek medies uit my werk weens depressie. Nooit sal ek hierby kan aanpas nie ook nie Afriforum of die VF PLUS en andere.

Klaasvakie ·

President Pinnochio het so drie maande gelede een laat aand op nasionale televisie klaar die uitkoms aangekondig.

Boy van die Suburbs ·

@Klaasvakie – Ja en met die ANC se vlag in die agtergrond!

Die Stem ·

Die parlement gebruik die fondse wat heïn is vanaf die mense wat die mosie teenstaan, om aan te gaan daarmee.
Luister net na die insae gelewer in die proses wat reeds gevolg is en moenie grond so der vergoeding onteien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.