Parlement roskam kabinet oor wetgewing

Argieffoto

Die regering se gesloer om te voldoen aan bevele van die Konstitusionele Hof rakende die wysiging van wetgewing het die parlement nou genoop om in te gryp en letterlik die reg in eie hande te neem.

Ter sake is wat die parlement te doen staan wanneer die Konstitusionele Hof bevind dat ʼn stuk wetgewing ongrondwetlik is en dan aan die parlement ʼn spertyd gee waarbinne die wet in lyn met die Grondwet gebring sal word.

Tydens Donderdagoggend se vergadering van die Nasionale Vergadering se programkomitee het dit duidelik geraak dat die parlement eersdaags nog twee sulke sperdatums gaan mis.

Daardie twee sperdatums het betrekking op die wettiging van dagga en die verandering van wetgewing oor tradisionele stamhuwelike om vroueregte beter in ag te neem.

Die rede vir albei sperdatums wat gemis word is nogmaals dat die betrokke staatsdepartemente nie betyds met wetgewing vorendag kon kom om die sperdatum te haal nie.

Die programkomitee, wat bestaan uit alle partye se hoofswepe en ander senior ampsdraers van die parlement, het Donderdagoggend saamgestem dat staatsdepartemente se versuim die parlement in ʼn posisie laat waar die Konstitusionele Hof geduld gaan verloor met die voortdurende versoeke om uitstel van die kant van die parlement, en die parlement gaan skuldig bevind aan minagting van die hof.

Daarom het die programkomitee, wat een van die mees senior komitees in die parlement is, besluit dat die parlement voortaan ʼn spertyd aan staatsdepartemente sal stel, naamlik dat die parlement self deur portefeuljekomitees die wetskrywende funksie van staatsdepartemente en die kabinet sal oorneem as daar nie ʼn wetsontwerp na die parlement verwys word binne ses maande nadat die Konstitusionele Hof wetgewing ongrondwetlik bevind het nie.

Hierdie geskiedkundige besluit – ʼn massiewe teregwysing van senior LP’s oor partygrense heen – sal onverwyld aan adjunkpres. David Mabuza as leier van regeringsake in die parlement oorgedra word, het die adjunkspeaker, Lechesa Tsenoli van die ANC, uit die voorsitterstoel van die programkomitee gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christa ·

Kan die ANC nie insien dat hulle onbevoeg is Om enigsins n land te regeer nie. Is dit meer van belang Om belangrik te wees asom in n land te woon wat vorentoe beweeg nie

Dries ·

So gaan dit as jy nie op skool was nie niks snaaks nie maar hulle regeer die land wat n grap

Gert van Wierdapark ·

Blah-blah-blah!!! Staatsdeoartemente moet tog asb nie nou deur die Parlement “onder druk” geplaas word nie, want dis nou die fees-seisoen waar tydens ander dinge hul aan-dag vereish – siestog!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.