Parlement sal DA se versoek oor OB oorweeg

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer. (Foto: Twitter)

Die parlement het Woensdag reageer op ʼn versoek van die Demokratiese Alliansie om die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, uit haar amp te verwyder.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het in ʼn verklaring gesê die hoofsweep van die DA het die speaker, Thandi Modise, skriftelik versoek om met verrigtinge te begin om Mkhwebane uit haar amp te verwyder sodra die parlement in die nuwe jaar hervat.

Die Nasionale Vergadering het op 3 Desember vanjaar nuwe reëls aanvaar wat betref die verwydering van ampsdraers van instansies wat die grondwetlike demokrasie ondersteun – waaronder die Openbare Beskermer.

“Die DA se versoek en mosie vir die verwydering van die OB sal kragtens dié reëls oorweeg word,” het Mothapo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

magda ·

Vra Madonsela om terug te kom. Was en sal die beste een wees vir die POS en sy verdien dit 100% – raak onstslae van die ene – nie n idee wat sy doen nie.

JohanR ·

Daar is seker meer as 200000 in die land wat die werk beter kan doen as die een……maar die ANC het haar deur gedruk! Altyd die ANC wat die finale se het, en dan eindig mens op met die trompie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.