Die Nasionale Vergadering het Donderdag bevestig dat LP’s op 1 Maart vanjaar oor ʼn mosie van wantroue in president Jacob Zuma sal debatteer.
Die Nasaionale Vergadering se programmekomitee het die mosie op versoek van die Demokratiese Alliansie geskeduleer.
Die DA het speaker Baleka Mbete versoek om die mosie van wantroue so gou as moontlik in 2016 in te stel ná Zuma in Desember besluit het om Nhlanhla Nene, minister van finansies, af te dank.
Die mosie van wantroue teen Zuma was verlede jaar in Maart onsuksesvol.
Aangesien die ANC die meerderheid in die parlement het sal die possie suksesvol wees?
Is so, daar sal niks van kom nie te veel anc kaders sal hulle paydays verloor as hulle hom uitstem
Sal dalk ‘n verrassing oplewer. Veral as daar oorgegaan word na ‘n geheime stemstelsel.
Nietemin, sal dit ook baie help as opposisie partye aandring dat die ANC hul volgende president ten minste ‘n graad in politieke wetenskap, asook ekonomie en verkieslik regeerkunde MOET HÊ. En NIE net ‘n 8 jaar kursus in rassehaat op die universiteit van Robbeneiland nie. Laat ANC LP’s daardie boodskap hard en duidelik kry.
Nie net die president nie. Alle MP’s ook.
Kan zuma nie by die VN of wereldhof (as daar so hof is) aangekla word nie?