Parlement se lang wintervakansie maak opslae

Argieffoto

Ontevredenheid is in opposisiegeledere aan die opbou nadat die ANC sy meerderheid in die parlement gebruik het om ʼn selfs langer reses- en kiesafdelingperiode as gewoonlik tydens die wintermaande af te dwing.

Die besluit om geen sittings van die Nasionale Vergaderings vir 75 dae tussen Junie en Augustus te hê nie is gister tydens ʼn vergadering van die parlementêre programkomitee geneem.

Dit kom volgens John Steenhuisen, DA-hoofsweep, daarop neer dat daar vir twee en ʼn half maande geen behoorlike oorsig oor of verantwoordbaarheid van die regering en spesifiek die nuwe Ramaphosa-kabinet geëis kan word nie.

“Dis erger as onder oudpres. Jacob Zuma. Dit ondermyn die parlement se vermoë om sy grondwetlike pligte uit te voer. Dit maak dit byna onmoontlik om wetgewing te hanteer.

“Tydens die 75 dae sal daar ook absoluut geen kans wees vir mondelinge of geskrewe parlementêre vrae, parlementêre mosies, ledeverklarings of enige vrae aan pres. Cyril Ramaphosa, adj.pres. David Mabuza of enige kabinetslede nie,” aldus Steenhuisen.

Hy het onderneem dat die DA dié besluit op elke manier tot die party se beskikking sal teenstaan.

Ander opposisiepartye voel nie heeltemal so sterk oor die saak nie.

Die reses is weliswaar sowat twee weke langer as gewoonlik, maar die komiteesittings, meer spesifiek die sittings van portefeuljekomitees wat staatskaping ondersoek, sal onverpoosd kan voortgaan. Die gebrek aan sittings van die Nasionale Vergadering gee ook aan LP’s die geleentheid om meer werk in hul kiesafdelings te doen,” het ʼn hoofsweep van ʼn kleiner opposisieparty verduidelik.

In politieke kringe word twee moontlike redes vir die ANC-besluit geopper.

Die eerste is dat die ANC sy lysprosesse wil begin en dat daar, te midde van aanduidings dat die regerende party in 2019 swakker by die stembus gaan vaar, groter kompetisie en dus verdeeldheid is om op die soustrein te bly. Die ANC wil dus nie hê interne verdeeldheid moet voor die alsiende oog van die parlementêre media-kollig sigbaar wees nie.

So ʼn siening sou inskakel by die voorspelling deur sommige politieke analiste (sterk betwyfel deur ander) dat die ANC ʼn vroeë verkiesing wil afdwing.

ʼn Tweede teorie is dat die ANC sy LP’s in hul kiesafdelings wil hê om terug te veg teen die opsweeppogings van Zuma-ondersteuners en -simpatiseerders wat reeds in KwaZulu-Natal baie sukses het met die mobilisering van ANC-ondersteuners op grondvlak om kapsie te maak teen die hofsake teen die oudpresident.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos ·

Dit is nie juis dat hulle konstruktiewe werk doen wanneer hulle daar is nie .

Adam ·

Absoluuut en ons kan tog nie verwag die sirkus moet die hele jaar in die dorp wees nie. Die narre moet immers rus kry.

Rynhardt ·

Politici verdien n langerige wintervakansie,want hul het van SA weer n “top” land gemaak.SA beskik oor die “beste” politici in parlement wat moet goed uitrus!Welgedaan!??????????????????????????

Askoek ·

Tipies!! More is nog ‘n dag!! Pasop vir vermoeienis! Dis aansteeklik!

Lolla ·

Dan moet hulle asb ook nie salarisse ontvang nie. Julle skool jare is verby! Tyd om te werk. Julle het mos hard geleer. Hoekom vermors julle ons belasting geld en jul geleerdheid so?! Dis pure luiheid. Skaam julle. Sies. Die boodskap aan ons is dat julle n veer voel vir die land en sy mense. Daar is te veel ernstigge probleme om nie te wil opdaag nie. Want jy kry koud???? Kry n bietjie ambussie, “get up and go”! When the going gets tough, the tough gets going. Julle is loosers! Dit lyk of julle nooit op skool was en niks nerens geleer het nie. Luigatte. Salaris diewe!

Krygswet is oppad ·

Vir 75 dae is daar nie ʼn regering nie . . . terwyl die land brand, plaasbesetters aggressiewer raak & blankes in die tronk gegooi word vir rassisme.

Wat gaan gebeur as die EFF hierdie regerings leemte uitbuit & ʼn volskaalse anti-witman oorlog loods?

Na ʼn paar gewelddadige insidente wat die land geskud het, kondig Cyril KRYGSWET af (Martial Law) om “orde in die land te herstel” (tot tyd & wyl die regering eers weer in Augustus in sitting is . . . m.a.w. die datum wanneer die howe uitspraak gaan lewer oor grond onteiening)

Onder Krygswet is daar ʼn aandklok reël. Enige persoon wat Cyril aanstel word ʼn Krygswet toepasser wat jou mag arresteer, jou perseel mag betree sonder ʼn lasbrief, “deadly force” mag gebruik (lisensie om op “opruiende publiek te skiet)

In só ʼn dispensasie kan jou prokureur of advokaat jou nie help nie (Krygswet ken nie daai begrip nie)

Na 75 dae van Krygswet het ons In militêre diktator aan bewind wat deur die weermag regeer . . . Zimbabwe #2

SKRIK WAKKER . . . PADDA !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.