Parlement se sproeierstelsel jare laas gediens – verslag

Die parlementêre kompleks se sproeierstelsel is in 2017 laas gediens. (Foto: Verskaf)

Hoewel ʼn amptelike verslag oor die verwoestende brand by die parlementsgebou in Kaapstad nog voorgelê moet word, wys ’n assesseringsverslag deur die metro se brandweerdiens op verskeie tekortkominge.

Luidens die verslag, geskoei op die waarnemings van brandbestryders op die toneel, het die parlementêre kompleks se sproeierstelsel nie tydens die brand ingeskop nie omdat dit jare laas gediens is en die kleppe gesluit was.

Dit is ook onduidelik of die parlementsgebou se brandalarm en opsporingstelsel in ’n werkende toestand was. Die brandweerdiens het dus Sondagoggend geen alarm van die Ou Volksraadgebou of die nuwe vleuel wat die Nasionale Vergadering huisves, ontvang nie.

Dit is ook onduidelik of die parlementsgebou se brandalarm en opsporingstelsel in ’n werkende toestand was. (Foto: Verskaf)

Tuynhuis se alarm was die eerste om geaktiveer te word en brandbestryders was in daardie stadium reeds op die toneel.

Die parlementêre kompleks se branddeure was ook nie gesluit nie, wat daartoe gelei het dat die brand makliker versprei het en rook om die noodtrap gehang het, wat brandbestryders se werk bemoeilik het.

Wayne Visser, afdelingsbevelvoerder van die brandweerdiens, sê die Ou Volksraadgebou se sproeierstelsel is in 2017 laas gediens. Die stelsel behoort elke drie jaar gediens te word en was in 2020 vir ’n diens geskeduleer. Dit is nooit gedoen nie.

Die klep van die sproeierstelsel was gesluit terwyl die vereiste uitlegblokplan van die sproeierstelsel boonop onleesbaar was. Dit is dus onduidelik watter gedeelte van die gebou met sproeiers toegerus is.

Volgens stasiebevelvoerder JJ Williams is die klep van die sproeierstelsel by die Nasionale Vergadering-gebou ook nie gediens nie.

“Indien dit behoorlik gediens was, moes hierdie klep met ʼn ketting gesluit gewees het [wat maklik oopgesluit kan word] en ʼn blokplan sou beskikbaar gewees het om die uitleg van die stelsel aan te dui.”

Die parlementêre kompleks se sproeierstelsel is in 2017 laas gediens. (Foto: Verskaf)

Ander tekortkominge is in die HVAC-stelsel (lugvloei, verhitting en verkoeling) wat nie afgeskakel kon word nie en die stad moes dus die blok waarin die parlement geleë is, se elektrisiteit afskakel sodat brandbestryders hul werk kon doen.

Die parlementêre kompleks se hysbakke het aanhou werk selfs nadat ’n uitskopskakelaar by een hysbak geaktiveer is wat die hyserbakke buite werking moes stel.

Die brandblussers, brandslangrolle en interne brandkrane was wel gediens. (Foto: Verskaf)

Volgens die verslag was die brandblussers, brandslangrolle en interne brandkrane gediens en in ’n werkende toestand.

Die verslag se onthullings volg nadat die DA reeds vroeër vandeesweek aangevoer het dat die instandhouding van die parlementsgebou die afgelope tien jaar agteruitgegaan het.

Die opposisieparty het die brand as “ʼn ramp wat net gewag het om te gebeur” bestempel.

ActionSA het gesê die brand moet as ʼn “ernstige veiligheidsmislukking” beskou word en ernstige vrae behoort gevra te word oor die veiligheid- en brandstelsels wat by die parlement in gebruik is.

Van die skade aan die parlementsgebou. (Foto: Verskaf)

Die parlementêre kompleks se branddeure was nie gesluit nie. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

SlinkseKoljander ·

VIV ANC! Dit is moes hoe ons mense hulle werk doen.
Alles lekker ge-erf van bie bekwame NP regering, nou val alles net inmekaar.

Misky ·

My hart is stukkend as ek dink aan ons eens florerende land en stelsels wat so deur hulle dinges getrek word en hulle heg geen waarde aan enigiets nie. En die verrotende spul is baie dieper as wat ons dink. Hierdie het net perongeluk nou opgeduik en dis ‘n druppel in die emmer.

Astrain ·

Niks maar niks, skok, verbaas of verstom my meer van hierdie piesang republiek nie want hulle WEET NIE DAT HULLE NIE WEET NIE!!!

minnie muis ·

tipies van hulle……. niks word in stand gehou nie ….modder huis mentaliteit

VaalDonkie ·

Ek het in 2004 ‘n brandblusser by ‘n fabriek in atlantis vervang wat nog deur die apartheid-regering gediens was. Die rede waarom hy vervang moes word is omdat die masjien waaraan hy gekoppel was uitgebrand het. So ja, spaar R150 net om later R350000 aan ‘n nuwe masjien te moet spandeer.

Riaan ·

Ek dink nie eers Patricia en haar bende het geweet daar’s n sproeier stelsel nie.

casper ·

Hulle kon nie beter doen as hulle die land aangeval het nie — O ja hulle het ne!!

Johannes ·

Dit is omdat ons met n minister sit wat meer kennis het as die persone wat die veslag opgestel het. Het sy die stelsel self getoets dat sy kan beweer dat dit ten volle gewerk het in Oktober 2021?

Corne123 ·

So kan ons soos met privaat besighede ook n stuwe boete berwag vir toeristing nie op standaar is nie?wat oms as belasting betaalers weer sal moet betaal

Kokerboom ·

Onderhoud en toekoms bestaan NIE in die mense se verwysingsraamwerk

Aanhouer ·

Hierdie brand en die ANC se onvermoë om die parlementsgebou in stand te hou, is simbolies van hoe die ANC regering die res van die land bestuur te het. Álles het verval.

Samuel ·

Stel nog kaders aan asseblief. Sodoende kan die land vinniger ten gronde gaan. En CR se oë rek seker groot van verbasing dat die stelsels nie behoorlik gediens is nie. I was not aware of that.

Jdb ·

So, wie se verantwoordelikheid sal dit dan nou wees, Auntie Pat? Want ons weet teen dié tyd al dat dit nooit jóú skuld sal wees nie.

OW ·

Dit is die Stadsraad brandweer departement van elke stad of dorp se funksie om jaarliks roetine inspeksies uit te voer op die geboue se brandweerstelsels.Hierdie wys reguit na Stad Kaapstad se munisipaliteit wat nie jaarlikse roetine inpeksies uitgevoer het nie.Die branweerhoof is die persoon wat moet antwoorde verskaf,hoekom die stelsels nie op datum is nie.

JACF ·

Ons probeer graag weer.
Wat vertel ek verkeerd wanneer ek die aanname deel dat ons die pragtige land gratis weggeteken het.
Die vorige regime het die kieser mislei en nou is al wat leef ontsteld oor die resultaat waarvan groot klompie van ons verwag en voorspel het, geweet het.
Die erger deel kom nog en ek glo niks aan Siener van Rensburg se voorspellings nie!
Kom ons keer terug na die Woord en lewe soos wat van ons verwag word.
Bid sonder ophou dat hierdie verval sal staak.

Frederik C ·

Instandhouding was nog nooit een van die kaders se aktiwiteite nie. Hulle het dit mos alles verniet gekry.

Sarel ·

1.Antie Patricia..leier van die ” Good” party wat in due ANC Parkenent dien..is mos hoeka hasr Departement wat die werk mort doen.
2. Ek sou graag wou weet of enige lid van die
Opposissie voorheen die swak instandhouding opgebolg het. Indien nie hoekom nie

Mariana ·

Parlement maar net nog een van vele wat nie ordentlik in stand gehou is nie. Die ANC het regtig niks goed vir hierdie land gedoen nie. Kyk net die algehele gemors om ons elke dag. Niks werk meer reg nie, hulle het geen lus of belangstelling om iets reg te hou nie. Hulle het ‘n netjiese agtermekaar land gevat en hom uitnekaar geskeur. Gierigheid, korrupsie was al wat hulle ooit reggekry het. Almal se bankrekeninge gedy en dit het ook nog nie opgehou nie. Dit gaan daagliks voort.

Dirk ·

Gaan maar terug in die boeke en kyk hoeveel miljoene is toegeken aan tenders wat net die geld intvang is en die werk is nooit gedoen nie

Blomme ·

So bitter jammer dat so pragtige land in sulke onbevoegde hande verval het. Die regering vertoon mooi en ‘SLIM’ op TV maar AI tog… Dis waar dit eindig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.