Parlement se top-amptenaar ná betaalde skorsing afgedank

Gengezi Mgidlana het eindelik die trekpas gekry. (Foto: ANA)

Die parlement het vanmiddag sy top-amptenaar, Gengezi Mgidlana, summier afgedank.

Mgidlana, sekretaris van die parlement, het om al die verkeerde redes geskiedenis gemaak: Dit is die eerste keer sedert die ontstaan van Suid-Afrikaanse parlementêre stelsels in 1910 dat ʼn sekretaris van die parlement die trekpas kry.

Die sekretaris van die parlement is vir alle praktiese doeleindes die parlement se hoofamptenaar.

Mgidlana is vanmiddag deur ʼn eenparige beslissing van alle partye in die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies afgedank nadat hy twee jaar lank op betaalde verlof was.

Gedurende 2016 en 2017 is ʼn verskeidenheid bewerings, insluitend bewerings van finansiële wangedrag, teen Mgidlana gemaak.

Op 25 Mei 2017 is die parlement se ouditkomitee versoek om dadelik die bewerings te ondersoek.

In Junie 2017 is Mgidlana op betaalde spesiale verlof geplaas sodat die ondersoek ongehinderd kon voortgaan en op 27 Oktober daardie jaar het die ouditkomitee aanbeveel dat dissiplinêre optrede teen hom oorweeg word.

Hy is in Februarie verlede jaar aangekla op 13 klagte van wangedrag, en op 30 Augustus vanjaar is uiteindelik bevind dat hy:

  • skuldig is aan ernstige wangedrag deurdat hy verkeerdelik ʼn ex gratia-betaling aan homself toegewys het, asook aan sommige ander werknemers van die parlement;
  • skuldig is daaraan dat hy sy eggenote wederregtelik saamgeneem het na sekere geleenthede op parlementêre onkoste;
  • skuldig is aan die wederregtelike gebruik van parlementêre vervoer vir hom, sy vrou en familielede;
  • skuldig is daaraan dat hy wederregtelik blou ligte en sirenes laat gebruik het wanneer hy so verkeerdelik parlementêre vervoer gebruik het;
  • skuldig is daaraan dat hy wederregtelik as voorsitter van tenderkomitees opgetree het;
  • skuldig is dat hy ʼn ondergekwalifiseerde persoon as inligtingsamptenaar by die parlement aangestel het, en
  • skuldig is aan die wederregtelike gebruik van die parlement se korporatiewe kredietkaart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

P G Slabbert ·

Hierdie nar is die anc se krimineel , eers vir 2 jaar geskors om geld bymekaar te maak . Klink soos die kamtige regter . Teer op die belasting betalers .

Sarel ·

Afgedank na vakansie van 2jr. Waar is die ander Korrupte amptenare

Pieter ·

Lekker vir twee jaar by die huis gesit met volle selaris ons belasting geld jy en jou ANC regering maak n mens siek die hele lot van julle moet terug gaan skool toe en graad een klaar maak

Christa ·

Oor maand of twee word Hy weer in ander pos aangestel. Dis hoe die ANC operate

Basie ·

Mooi, nou kan AL die gelde gou gou teruggeëis word, want hy is mos skuldig…. of was dit weer deel van sy pleitooreenkoms dat hy skoon uitstap! Wat ‘n bloody joke!!

Swanna ·

Die ANC se hele parlementere koukus is almal skuldig aan al daardie selfde klagtes. Gaan doen mooi ondersoek en en dit sal so wees. Hy het iewers iemand se hare taai gemaak dit is hoekom hy afbetaal is en het hulle die middel vinger gewys.

Gert van Wierdapark ·

Die Ho(o)f-nar lag in sy mou vir die patetiese proses om hom uit die pasella kussings te lig! Nog n Aprilgrap in Oktober!

Peet ·

Kan ons maar nie afslag kry as hy ander saamvat nie. Hy het maar net gesien wat sy kollegas doen.
Teen die tempo sal dit ongeveer 350 jaar neem om van al die skelms ontslae te raak.
Dan het me Thunberg lankal oorgeneem.

Vonkprop ·

Sjoe, die regering raak nou witwarm. Dit het nou slegs twee jaar gevat om iemand skuldig te bewys.

Deon Meyer ·

Kan ons enige regsstappe teen hom verwag weens die bedrog wat hy gepleeg het?

ag shame! ·

Ag sies tog, kyk net daai onskuldige gesigie, Hy kan onmoontlik skuldig wees. Gee maar die kleingeld terug wat jy verniet gekry het toe jy geskors was, en staan pa vir dit wat jy verkeerd gedoen het, Daar is ander vgryp en kry comrades wat ook geld nodig het. Dankie vir jou mooi samewerking comrade. Viva! anc Viva!

Magda ·

2 jaar lank betaal om NIKS te doen nie – goeie hemel ANC – nee wat julle is no umaar net KORRUPT – Geen salf aan julle klomp te smeer nie – maar wees verseker alles kom tot n einde. Lewe maar lekker vandag niemand weet wat more inhou nie – ONE DAY AT A TIME – GOD SLAAP NIE.

Diefie ·

O genade, wat het hy nou nie gedoen vir iemand nie. Nou gaan hy seker ‘n fluitjie blaser word. Maroela, miskien moet julle ‘n kompetisie inbring, wie is die volgende een wat na 2 jaar afgedank gaan word en wen ‘n datsun. Kan baie interessant word. Hahahaha

Leon ·

Sjoe, hy is die perfekte ANC werknemer. Hoe kan hulle hom afdank. Hy doen alles wat die ANC doen so perfek.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.