Parlement staak sy ondersoek na De Ruyter

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom. (Argieffoto)

Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het besluit om sy ondersoek na bewerings van rassisme en finansiële wanbestuur teen André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, op te skort.

Dit is sodat die ondersoek wat deur Eskom van stapel gestuur is oor verwante aangeleenthede sy gang kan gaan.

Die komitee is deur die minister van openbare ondernemings versoek om sy ondersoek te staak sodat daar nie parallelle ondersoeke plaasvind nie. Skoor het egter benadruk dat die opskorting van sy ondersoek nie verkeerd vertolk moet word as die opheffing van sy verantwoordelikheid nie.

Mkhuleko Hlengwa, voorsitter van Skoor, het gesê die komitee is tevrede dat die mandaat en omvang van die Eskom-ondersoek al die wesenlike aspekte van die aantygings dek.

Eskom het nou 90 dae om sy ondersoek na bewerings teen De Ruyter te ondersoek. “Die komitee glo dat parallelle ondersoeke op verkwistende uitgawes neerkom, en daarom sal die komitee op ʼn later stadium die uitkomste van die Eskom-ondersoek beoordeel om die komitee in staat te stel om toepaslike aanbevelings te maak.”

Die voorsitter van die Eskom-raad sal aan die komitee redes moet verskaf vir die vertraging in sy besluit om ʼn ondersoek in te stel, aangesien die komitee van mening is dat die Eskom-ondersoek die gevolg is van Skoor se voorneme om ondersoek in te stel na die aantygings.

“Die komitee is van mening dat daar ernstige probleme by Eskom is en dat die beweerde verbrokkeling in die verhouding tussen Eskom se uitvoerende hoof en die hoof verkrygingsbeampte ʼn negatiewe uitwerking het op kragvoorsiening in die algemeen, en op gesonde finansiële bestuur in die besonder.”

Die komitee het gesê beurtkrag, wat in 2008 al begin het, is die gevolg van ernstige en diepgaande probleme by die kragvoorsiener en dat daar geen hoop is dat dit binnekort sal eindig indien die kwessies nie opgelos word nie.

Die senior advokaat Ishmael Semenya is aan die begin van die maand aangestel om die bewerings teen De Ruyter te ondersoek.

Semenya is ook versoek om aanbevelings te doen oor hoe die raad behoort op te tree teenoor enige spesifieke individue, indien daar enige ongerymdhede tydens die ondersoek aan die lig kom.

De Ruyter word daarvan beskuldig dat hy van swart verskaffers ontslae wil raak ten gunste van wit ondernemings. Solly Tshitangano, Eskom se nou geskorste hoofverkrygingsbeampte, het sekere bewerings teen De Ruyter en ander senior Eskom-amptenare in ʼn brief aan Skoor gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Cherokee ·

Geen, absoluut geen instellings in hierdie land verloop glad. Almal is glibberig.

Francois ·

Janee kyk as ek swart is en ek word uitgevang vir korupsie voer net aan dat daar rasisme is en jy sal wegkom met moord

Aai ·

Mooi so,uiteindelik het julle oe oopgegaan en julle het besef dat julle boeties nie meer die werk kan doen want hulle weet nie wat hulle doen.

Kiepie ·

Jy het duidelik net die opskrif gelees (wat misleidend is) en nie die res van die berig nie. Die ondersoek word geensins gestaak nie, dit word bloot tydelik opgeskort om ESKOM tyd te gee om sy eie interne ondersoek af te handel waarna hulle sal besluit of hulle nog moet voortgaan met die staat se ondersoek. Ek is bereid om te wed dat as ESKOM De Ruyter onskuldig bevind, die staat se ondersoek sal voortgaan.

Toetsie ·

Gewonder wanneer gaan die vendetta teen n blanke hoof begin… Die kaders is só deursigtig, maar die hartseerste van alles, is dat hul wegkom daarmee!

Alet ·

Hou op met al die hier kom die tees en doen julle flippen werk dan sal dinge beter gaan in die land. As al die kaders hulle werk doen en minder lieg en bedrieg sal ondersoeke nie nodig wees nie en rassisme is die dekmantel om alle onbevoegdheid te probeer wegsteek

Grassie ·

Mnr De Ruyter het drie remskoene wat teen hom tel. Hy het ‘n wit vel, ligte reguit hare en blou oë. Dit maak hom in Afrika-tradisie reeds onbevoeg vir die pos. Dan het hy blykbaar nou nog ook die vermetelheid om die kaders wat hulself dik eet aan die tenderstelsel tot orde te roep. Onvergeeflik.

Pierre ·

Als gaan neerkom op suur druiwe die maklikste is as jy in n hoek gedruk word om die ras kaart te speel, sterkte Andre

Tino ·

Alle sterkte Mnr de Ruyter!

Jy moet hare op jou tande he om al hierdie onnodige waarde afbrekende gemors te hanteer.

Hou aan met wat jy doen, eks seker jy doen ‘n uitstekende werk! Wys die skurke hoe dinge reg gedoen moet word

Mariana ·

Ek glo nie hy is skuldig nie, miskien skuldig daaraan dat hy sy werk doen en ongerymdhede wil vasvat, maat juis dit bring hom in onguns. Hy was van dag een af ‘n teiken en hulle sal nie ophou voor hy uit is nie. Ongelukkig raak sommiges benoud oor waarhede.

jzjz05 ·

Dit is reeds oor die ongerymdhede wat hy vasvat dat hy as n rassis uitgekruit word.die manne met hul hand in die koekieblik like nie om tereg te gewys word nie en dit nogal deur n wit vel.

JM ·

Dit is mos net wittes wat rassisties is. Die ander is onskuldige engele, wat volgens hulle self nooit ‘n voet verkeerd sit nie. Laat hulle maar lieg, bedrieg en beskuldig, die wiel draai stadig maar gewis: hulle dag kom. “What goes around, comes around.”

Kiepie ·

MM, julle opskrif is misleiend. Die ondersoek word geensins gestaak nie, dit word bloot tydelik opgeskort om ESKOM tyd te gee om sy eie interne ondersoek af te handel waarna hulle sal besluit of hulle nog moet voortgaan met die staat se ondersoek. Ek is bereid om te wed dat as ESKOM De Ruyter onskuldig bevind, die staat se ondersoek sal voortgaan.

koos10 ·

SKOOR, as dit julle “verantwoordelikheid”is, hoekom lees ons dan niks oor soortgelyke ondersoeke by SAA, DENEL,PRASA, en al die ander SOE wat bankrot is nie?
Skuus, onosel vraag. Hulle word mos deur our people bestuur.

Jaco ·

De Ruyter se sogenaamde “rassistiese” optrede het duidelik nie gewerk nie, want eskom is maar net so vrot en onbevoeg soos die tyd voor hy daar oorgeneem het.

Gert ·

Gee die man kans hy is al klaar besig om van die vrot minder te maak daar hy nou ondersoek word. Jy kan nie 27 jaar se gemors in ‘n jaar oplos nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.