Die parlement staan Woensdag die burgerregtegroep AfriForum se aansoek teen om die parlement se aanvaarding van die verslag oor die hersiening van art. 25 van die Grondwet ongrondwetlik te laat verklaar.
Andrea van Wyk, ʼn woordvoerder van AfriForum, sê die aansoek volg nadat dit aan die lig gekom het dat die parlementêre komitee wat hiermee gemoeid is, ʼn verskeidenheid prosedurele gebreke oor die hoof gesien het om tot die gevolgtrekking te kom dat die Grondwet wel gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding toe te laat.
Moloto Mothapo, parlementêre woordvoerder, sê die aansoek word in die Kaapstadse hooggeregshof teengestaan omdat die verligting waarvoor AfriForum vra, nou geen gevolge meer het nie.
Mothapo sê die parlement het reeds in Desember 2018 die verslag deur die gesamentlike grondwetlike hersieningskomitee oorweeg en aanvaar. Dit het gekom nadat die hof AfriForum se vroeëre aansoek vir ʼn tussentydse bevel om die parlement te keer om die verslag te aanvaar, van die hand gewys het.
“Die hof het die parlement se grondwetlike reg bevestig om sy sake sonder onnodige inmenging te bepaal en te doen,” het Mothapo gesê.
Nadat die verslag aanvaar is, het die parlement ʼn ad hoc-komitee op die been gebring om te begin met die proses om art. 25 van die Grondwet, wat oor onteiening gaan, te wysig.
ʼn Konsepwetsontwerp is reeds gepubliseer.
“Die wetsontwerp beoog om die Grondwet te wysig om voorsiening te maak dat waar grond en die verbeterings onteien word vir die doel van grondhervorming, die vergoeding betaalbaar daarvoor nul kan wees,” het Mothapo gesê.
“In hierdie konteks voer die parlement aan dat die hele aansoek nou akademies van aard geword het.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Ek besit 2 huise >stedelike gebied, so 25km van mekaar af. Gaan ek van 1 huis onteien word, of is onteiening sonder vergoeding net op landbougrond van toepassing?
Julle kan gaan doppies blaas! Lyk my iemand het weer iets gerook of gedrink om so vertraag te wees! Gaan werk vir julle geld en goed soos ons doen. Julle krap nou waar dit nie jeuk nie Cyril en kie
#Tsek!
Sorteer eerder julle ANC dairy farm fiasco uit…grond hervorming = diefstal en korrupsie..
Doen voort, want keer aan julle is daar nie!!!!
Weet net een ding, ek mag 75 en vroulik wees, maar “I WILL not go down without a fight” Hier vloei boere bloed deur my are en ek SAL myself en my eiendom beskerm.
Dit blyk dat intilligensie die ANC aanhou ontwyk. ANC, leer unit Zim se foute.