Parlement staan AfriForum-hofaansoek oor onteiening teen

(Foto: dearsouthafrica.co.za)

Die parlement staan Woensdag die burgerregtegroep AfriForum se aansoek teen om die parlement se aanvaarding van die verslag oor die hersiening van art. 25 van die Grondwet ongrondwetlik te laat verklaar.

Andrea van Wyk, ʼn woordvoerder van AfriForum, sê die aansoek volg nadat dit aan die lig gekom het dat die parlementêre komitee wat hiermee gemoeid is, ʼn verskeidenheid prosedurele gebreke oor die hoof gesien het om tot die gevolgtrekking te kom dat die Grondwet wel gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding toe te laat.

Moloto Mothapo, parlementêre woordvoerder, sê die aansoek word in die Kaapstadse hooggeregshof teengestaan omdat die verligting waarvoor AfriForum vra, nou geen gevolge meer het nie.

Mothapo sê die parlement het reeds in Desember 2018 die verslag deur die gesamentlike grondwetlike hersieningskomitee oorweeg en aanvaar. Dit het gekom nadat die hof AfriForum se vroeëre aansoek vir ʼn tussentydse bevel om die parlement te keer om die verslag te aanvaar, van die hand gewys het.

“Die hof het die parlement se grondwetlike reg bevestig om sy sake sonder onnodige inmenging te bepaal en te doen,” het Mothapo gesê.

Nadat die verslag aanvaar is, het die parlement ʼn ad hoc-komitee op die been gebring om te begin met die proses om art. 25 van die Grondwet, wat oor onteiening gaan, te wysig.

ʼn Konsepwetsontwerp is reeds gepubliseer.

“Die wetsontwerp beoog om die Grondwet te wysig om voorsiening te maak dat waar grond en die verbeterings onteien word vir die doel van grondhervorming, die vergoeding betaalbaar daarvoor nul kan wees,” het Mothapo gesê.

“In hierdie konteks voer die parlement aan dat die hele aansoek nou akademies van aard geword het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jaco ·

Ek besit 2 huise >stedelike gebied, so 25km van mekaar af. Gaan ek van 1 huis onteien word, of is onteiening sonder vergoeding net op landbougrond van toepassing?

Wilhelm ·

Dit is eiendom sonder vergoeding, dit sluit enige eiendom in. Hulle praat net van grond en verwys na plase wanneer hulle in die openbaar praat, maar as die wet maak geen onderskeid nie en as dit aanvaar word (of wanneer dit aanvaar word) sal dit enige eiendom insluit. So jy moet bekommerd wees oor alby jou huise, asook jou besigheid en ander bates. Hierdie is ‘n probleem wat ons ALMAL raak, glad nie net boere nie. Dit sal begin by plase, dit sal beslis nie eindig by plase nie.

Persheks Adri ·

Julle kan gaan doppies blaas! Lyk my iemand het weer iets gerook of gedrink om so vertraag te wees! Gaan werk vir julle geld en goed soos ons doen. Julle krap nou waar dit nie jeuk nie Cyril en kie

#Tsek!

Genis ·

Sorteer eerder julle ANC dairy farm fiasco uit…grond hervorming = diefstal en korrupsie..

ElizeK ·

Doen voort, want keer aan julle is daar nie!!!!
Weet net een ding, ek mag 75 en vroulik wees, maar “I WILL not go down without a fight” Hier vloei boere bloed deur my are en ek SAL myself en my eiendom beskerm.

Nie Verbaas ·

Dit blyk dat intilligensie die ANC aanhou ontwyk. ANC, leer unit Zim se foute.

Danie ·

Hierdie gaan die toets van alle toetse wees vir alle wit mense. Ons gaan moet saamstaan want ek glo nie die mense besef wat aan die gang is nie. Ons kan nie vorentoe nie want ons is vasgevang soos Piet Retief in n kraal. Ons is omring van swart buurstate ons gaan of moet vlug of veg want die see le agter ons. Hierdie gaan nie n Zimbabwe wees waar jy jou bakkie vat en vlug Republiek toe nie. Hierdie gaan ook nie n bek geveg wees nie. Hierdie gaan n geveg wees waar mense hul lewens gaan moet opoffer. Mense julle moet wakker word ek wens ek kan net elke mens vat en so bietjie skud. Klim uit jul gemaksone en sien wat aan die gebeur is. Julle loop met die vyand hand om die blaas.

Stefaan ·

Stem honderd persent saam. Siener het gesê die oorlog in die land sal gaan oor grond en water. Onder dekking van die nuwe wet gaan ons vuurwapens die eerste wees wat in die slag gaan bly. Die Boere met wie ek praat sê hulle eiendom sal net oor hulle dooie ligame gevat word. Die gene wat nog nie begin voorberei het nie gaan wreed ontnugter word.

Louise ·

Ag mense regtig, dit gaan gebeur en ons gaan dit nie kan stop nie.
Zimbabwe ook gedink hulle gaan dit stop, die SELF behepte LAND sal nie verander nie…..
Beter om jou goed te vat en te trek na n land wat mens veilig is en kan leef .
Sonder die wete dat ALLES waarvoor mens werk gevat word, mens kan nie eers jou EIE besigheid besit sonder om dit net weg te gee nie. Hierdie LAND sal noooit OOOOIT weer dieselfde wees nie. 94 IS VERBY. Daar is nie HOOP vir n WIT persoon in die land nie.

Pieter ·

Hoekom met ons weg hardloop? Hierdie is ons land ook, ons het hard gewerk vir wat ons het. Dis tyd dat ons begin saam staan , ons blanke volk. Genoeg is genoeg, kom vat my goed waarvoor ek hard gewerk het anc, dan sien jy wat gebeur

Mariana ·

Vraag is waarheen gaan jy. Niemand wil ons hê nie, maak liewer plek vir die wat verniet wil bly en leef. Jy wat bereid is om te werk, is nie welkom nie. Nee wat as jy te oud is moet jy maar baklei vir jouself en familie. Hopelik staan jy nie alleen teen die gepeupel nie, maar staan almal saam.

Pieter ·

Die is nie zim nie hier gaan die bloed vloei dit is die dag wat die ANC gaan sien wat kan boere doen as ons in n hoek is. Mag die here my spaar ek wil deel wees van daai dag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.