Parlement verdedig Europese reis

Parlementsgebou in Kaapstad

Parlementsgebou in Kaapstad

Die parlement het uitgevaar teen mediaberigte dat die sekretaris van die parlement en ander senior staatsamptenare amper R2 miljoen bestee het aan ʼn Europese reis.

Volgens die parlement is die berigte “sensasioneel, ongegrond, en het ten doel om die parlement, sy administrasie en die amptenare wat genoem word te beswadder en skade aan te rig”.

City Press het Sondag berig dat Gengezi Mgidlana en ander senior staatsamptenare die geld bestee het aan ʼn reis om ʼn vergelyking te tref tussen die Suid-Afrikaanse parlement en parlemente in Europa.

Die parlement het gesê die artikel vergelyk die amptelike geleentheid met ʼn “plesieruitstappie”. Die parlement het verder gesê die reis is goedgekeur deur die uitvoerende gesag en is wel volgens wet gedoen.

City Press het berig Mgidlana en sy afvaardiging het R177 350 bestee aan drie nagte verblyf in Londen en R65 000 aan huurmotors en bestuurders in Engeland en Skotland. Mgidlana se verblyf in Londen het glo R14 050 per nag gekos. Die koerant het ook beweer verkrygingsprosedures is in die proses verontagsaam.

Volgens die parlement is daar wel duidelike voordele aan die besoek waarvan sommige tans in werking gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Zumie ·

Eishh Ons ry hom die trein tot al die gravy klaar is…….”’

D ·

Netdo. Terwyl di geleentheid daar us ry die soustrein tot hy leeg is. Dan melk ons weer die minderheid.

Swanna ·

Maar ons kan hierdie koei melk wat ons gensins belangstel om voor voer te gee. Maar so ken ek hulle . Sal ‘n ding leeg maak tot daar niks is nie dan los hulle alles net so en hardloop weg soos lafaards en gaan ander met hierdie huplose uitdrinking op hul gesigte van verdrukking en maak of hulle swaar kry en ander hulle verdruk het. Dit is AFRIKA !!!!!!!!!

Mira ·

Hoekom was daar nooit sulke “uitstappies” toe die blankes nog aan bewind was nie?

Anti-Haas ·

Hi Mira,
Hulle was waardig om daar te wees. Dit was ‘n voorreg gewees. Die mense het kennis gehad en het almal Matriek of grade gehad. Nie st.3 , skelm en nog hips ook nie.

Jef ·

Die staatssekretaris en sy amptenare het gaan kers opsteek by die witmense oorsee, lyk my hulle het agter gekom hulle kan nie n land regeer sonder ons witmense nie.
Hulle het ook ingesien dat Europa baie duur is maar ag so what dis mos die belasting betaler se geld en geld is rond dus laat dit rol.

Jef ·

Mira, ons het mense in die regering gehad wat politiek gestudeer het en n regering wat vir die volk klaar gestaan het hulle het geen buitelandse raad of vergelykinge nodig gehad nie dus ook geen uitstappies nie.
Ongeletterheid en hebsug is hierdie regering se afgang.

Eliza-beth ·

Hulle sal ne tnooit ooit erken hulle het geld gemors nie. Die probleem wat ek lankal sien is dat mense in sg “rural areas” nie regtig weet wat die regering aanvang nie. Hulle weet nie eers mooi alles oor die Guptas nie ook nie vreeslik oor Nkandla of dinge soos hierdie nie. Glo my, ek vra gereeld my werkers en andere en weet hulle glad nie van die goed nie. Dus gaan hulle maar weer ANC stem want hulle besef nie daar is beter keuses nie. Vir hullehet die ANC sg “freedom” gebring en dis dit. Hulle kom nie by “rallies” en so uit en hoor nooit die waarheid nie. Hulle weet hulle is maar nog sleg af maar hulle kan stem en vir hulle beteken so-iets meer as dusiende ander dinge. So ja, dis waarop die regering staatmaak, die onkunde van die massas wat hul weer aan bewind gaan stel.

Johann Marx ·

Niemand het ooit gesê dat daar NIE duidelike voordele uit so ‘n besoek gekom het, of dat dit NIE geïmplementeer is nie. Die vraag was “Teen watter koste” het Suid Afrika hierdie inligting en voordele bekom? DIS die vraag. As die regering van die dag werklik die mense van die land voorop gestel het, sou almal besigheidsklas gevlieg het, so min as moontlik personeel saam geneem het, en in gewone hotelle gebly het. Hoekom moet alles wat die narre doen ten duurste wees?

wynand ·

Die lot is so pateties dat hulle sal ontken dat hulle koek eet terwyl hulle besig is om die koek te eet.

Riaan ·

Hoekom het hulle nie sommer Zim toe gegaan nie, hulle stem dan so saam met ou Bob hoe hy sy land regeer.

Adrian ·

Jy verdedig dit want jy het daarvoor betaal nie jy moet pa staan daarvoor en dit betaal dan gaan jy skreeu

Alexander Maarschalk ·

Moes hulle nie hierdie dinge wat hulle gaan “navors” het geweet het vóórdat hulle parlementariërs of kabinetslede geword het nie?

vermeende ·

Wees eerlik, dit sal nie stop nie.
Hoekom het sy rekening nie agt figure nie, het hy konserwatief ge-spend.
Moenie in die pad van agteruitang staan nie, berei voor daarvoor.

Oom Boer ·

Ontkenning van die Parlement en sy lede is al algemeen in elke aangeleentheid. Hoevele van die gelde kon nie ouetehuise, armes en of HOP huise oprigtinge gehelp het nie of dalk ‘n inspuiting na die Landbou areas wat so gebuk gaan onder droogte en waar die Regering weier om te help, maar die tipe van reise word gemagtig ten hoogste kostes. “Hoe word daar gedink en regverdig alles altyd hirdie optredes”? Waarom sal City Press media berig wat ongegrond en sonder staafbare feite is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.