Parlement verskil hewig oor toekoms van pensioenfondse

(Foto: M. B. M./Unsplash.com)

Die vet was vanmiddag behoorlik in die vuur toe die Nasionale Vergadering debat gevoer het oor die regering se omstrede plan om pensioenfondse te verplig om deur ʼn stelsel van sogenaamde voorgeskrewe bates beleggings in staatseffekte en staatsbestuurde ondernemings soos Eskom en die SAL te stimuleer.

Die debat is aangevra en ingelei deur die DA-LP Geordin Hill-Lewis. Hy het aangevoer die regering is op die punt om ʼn baie duur fout te maak en gewone Suid-Afrikaners gaan die gelag betaal.

Hy het gesê al rede waarom die regering dit wil doen, is omdat hulle so diep in die moeilikheid is – ʼn verknorsing wat hulle self geskep het, en wat nou byvoorbeeld beteken dit raak al moeiliker om geld in die buiteland te leen.

Hill-Lewis het vakbonde uitgevreet omdat hulle toelaat dat hul lede se geld so swak belê word en die parlement daaraan herinner dat die PW Botha-regering van 1986 tot 1989 dieselfde stelsel afgedwing het toe die regering homself in ʼn moeras inbestuur het – met baie slegte gevolge vir die pensioene van staatsamptenare.

Hy het aangevoer die staat is besig om mense se pensioene te steel, en dat die DA dit al die pad sal beveg. Hy het gesê as die regering deurdruk met die plan dat 3% van pensioene in voorgeskrewe beleggings opgeneem moet word, sal dit beteken dat iemand wat nou 35 jaar oud is en elke maand R2 000 in pensioenfondse belê, by aftrede R1,4 miljoen armer sal wees.

Phoebe Abraham, ANC-LP, het gesê die ANC is nie ʼn roekelose regering nie. Dit is waarom die ANC erken die ekonomie is in die moeilikheid en met ʼn plan vorendag kom.

Sy het ook daarop gewys dat dié soort beleid al in die verlede toegepas is. Dit is dus niks nuuts nie en die ANC het geleer uit die foute van die verlede.

Die EFF-onderleier, Floyd Shivambu, het die basiese plan met voorgeskrewe beleggings vir pensioenfondse gesteun, maar gesê die EFF het min vertroue dat die ANC-regering dit korrek of doeltreffend sal uitvoer, veral solank Tito Mboweni minister van finansies is.

Namens die IVP het hoofman Elphas Buthelezi die plan teengestaan. Hy het gesê die ANC is korrup en onbevoeg en ʼn mens laat nie korrupte en onbevoegde mense toe om namens jou beleggings te maak nie.

Wouter Wessels, VF Plus-LP, het die ANC gewaarsku oor die stommiteit van die plan, en gevra hulle moet asseblief nie weer die mislukking daarvan aan onvoorsiene gevolge wyt nie, want hulle word juis teen die gevolge gewaarsku.

Wessels het hulle daaraan herinner dat hierdie soort beleid tot die NP se ondergang gelei het, en gesê die ANC is op dieselfde pad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Nel ·

Die NP van destyds het ten minste nie die staatskas geplunder nie, sy dilemma was agv die grensoorlog wat die land in ‘n skuldmoeras laat beland het.

Kobus ·

Nel, ek is jammer maar ek verskil van jou.
Wat die NP laat ondergaan het was verraad, bedrog en leuens wat gekoop is deur die blankes!

Kallie ·

Bog, die skrif was reeds in 1910 aan die muur vir blankes. Die Afrikaner leierskap moes toe al die land se minnerale, bosbou en mariene bronne begin geplunder het om ons elders in die wêreld te hervestig as baie ryk mense. Ons is almal deur almal verraai.

Dorothy ·

Gee asseblief ‘n Groot Bonus aan die Transnet Pensioen oumense. Hulle leef in Groot Armoede. Hulle is verbitterde oumense. Maria Ramos deel jou Pensioen met hulle.

Pieter ·

Niemand gaan die anc stop nie hulle soek nog geld om te mors hier gaan baie mense geld verloor eskom denel prass ens sal nooit regkom nie die anc kan en sal nooit die land kan best nie dit wil ek nog sien

John ·

Beleggings word normaal-weg gedoen in maatskappy wat vooruitstrewend is en ten minste goeie toekomstige winste toon… dws boontoe kurwe. Nou wil die ANC landsburgers se pensioengeld belè in duidelik rampspoedige Cloudy-tipe organisasies. Waarom Suid-Afrikaners nog deelneem aan sg verkiesings waarna die ANC sonder teenstand kan voortstu weet g’n mens. Ons oorle buurman Mogabe het sodoende ‘n frats van ‘n regering tot stand gebring met skiewies aan die bestuur… ‘n grootse begrafnis wag. SA gaan sekere die koste dra… ook deur die pensioenfonds belè?

Diefie ·

Wat die a en c nou geleer? Het hulle ‘n fout gemaak om nog nie ons pensioenfonds leeg te tap nie. Nou is dit hulle laaste kans voor die a en c land uitvlug, sodat ons weer die dinges weer uit die vuur moet krap,

Enna Burger ·

Verminder salarisse, alle voordele wat misbruik word. Hulle waardeer niks ons sien dit daagliks

KrokodilBotha ·

So as hulle die pensionfondse klaar verkrag het, gaan daar dan geld bome geplant word !! Het die spul noggie van hisse met lang ore gehoor nie ?

colleen ·

Geen fonds of skenkings aan SAL of Eskom sal hul ooit uit die gemors kry nie. Hulle spandeer rojaal, want hulle weet CR sal net nog gee en gee. As Eskom ‘n slag kompetisie kry, sal dinge baie beter gaan, maar die staat keer dat daar nog ‘n krag voorsiener besigheid doen.

JohanL ·

Hoofman Elphas Buthelezi van die IVP slaan die spyker op sy kop met sy woorde.

Ek wil egter ook die ANC goeie advies gee – moenie krap waar dit nie jeuk nie. Die GEPF fonds is seker die grootste pensioenfonds in die wereld en sy lede gaan nie soos Transnet se mense so lank wag, alvorens hulle gaan reageer nie. En hul reaksie kan dalk die huidige geweld na kinderspeletjies laat lyk. Ek hits nie aan nie – ek gee goeie advies. Maar dan weet ons die ANC luister nooit nie – volg altyd hul eie kop en stamp hom keer op keer op keer op keer.

Probeer weer ·

Die grootste grap van die hele debat is die kommentaar dat die ANC nie ‘n roekelose regering is nie……Phoebe, waar was jy die laaste 25 jaar?? Die feit dat hulle nou die pensioenfonds wil plunder is net nog ‘n teken dat die ANC JUIS roekeloos is!!!

anoniem ·

Die parlementariers se pensioen word anders bele as bv staats amptenare – begin om hulle pensioen te gebruik en as dit suksesvol is gaan dan na ons gewone mense sin. Dit is tog hulle wat ons land in hierdie moeilikheid gebring het.

Floors Bronkhorst ·

Die paar advertensies in die begin van die raak nou afgesaag. Is dit werklik nodig daar is tog baie meer nuus as die snert. Doen iets asb

Pottie ·

Laas toe ek dit se toe word daar vir my gese ek moet op hou snert praat so marous jy moet op hou snert praat ons gaan en sal nooit leer nie

Gansie ·

ANC – Gebruik die ministers se pensioengeld eerste, ontrek dit en gebruik dit soos jul goeddink. Net so moet die ministers die proefkonyne vir die nuwe gesondheidsstelsel wees. Alles wat getoets moet word, moet eers by hulle begin dan gaan hulle ‘n ander deuntjie sing.

Renier ·

Ek sou my pensioen laat uitbetaal en in die buiteland belê!

Mariana ·

Die ANC gaan doen wat hulle gaan doen en geen debat gaan hulle keer nie. Alles ten koste van die hardwerkende mense in die land. Hulle het nog nooit omgegee wat die mense in die land sê behoeftes is of wat hulle wil hê nie. Hoekom sal hulle omgee, solank hulle kan vat is hulle gelukkig…….maar wanneer is genoeg dan genoeg?

johan II ·

100%…en op jou laaste vraag: nooit. Gaan kyk na Afrika die leiers sal nooit ophou vat waarvoor ander mense werk nie. Indien jy n kar besit, het jy nog geld wat gevat moet word. Dis hoe hul rol.

HC ·

Ek is al amper 17 jaar in maatskappy gediens, en my pensioenfonds is meer as R2300 per maand paaiement, so hoe sal dit lyk as ek pensioenfonds geld sal wegraak…..Ek moet nog 24 jaar werk.

Viss ·

Ek is amper op aftrede,,,,,,,,,,,,,,,,,,,so gaan veertig jaar se pensioen in sy maai in met hulle planne van vergryping.

KrokodilBotha ·

Kortweg ja. Ons moet daai reenboog weer opbou. Die liggies aan die gang hou. Die slimkoppe in parlement weet van voor uitgang , ook om die ekonomie so bietjie te kan uit help. Kos gaan goedkoper raak, brandstof ook. almal kry hulle droom huis, kar, plaas, met gratis krag. Probleme opgelos. Kyk noord swaer

Attie. ·

Ek geniet die kommentaar van die ou mense geweldig baie. Meeste mense wat so gereeld op die nuusberig kommentaar lewer is ouetehuismense en dit gee vir hulle iets om te doen. Party sukkel maar met die spelling maar meeste kan mens darem verstaan. Kom ons gee die ANC ‘n kans om on pensioengelde te gebruik om die land weer op die regte spoor te bring. Dink net hoe goed lekker ons sal slaap wanneer ons weet ons kon ‘n groot bydrae maak tot ons land se stabiliteit.

JN ·

Die ANC soek die oplossings in NOG geld in plaas daarvan om te gaan kyk wat het die krisis veroorsaak. Swak bestuur, onkunde en lae produktiwiteit (m.a.w. teveel personeel).

Sê-maar-net ·

Hierdie plan van die anc gaan op ‘n groot tragedie uitloop. Siener van Rensburg het 100 jaar gelede al voorspel dat ons ons pensioene gaan verloor en hier kom dit nou. Ek het self my hele lewe aan die onderwys gewy en net soos miljoene ander, elke maand my pensioen betaal. Nou wil die anc hul smerige hande daarop lê. Ek het onlangs afgetree en as ek nie my pensioen kry nie, sal ek moet doodgaan, want ek sal nie my insulien kan bekostig nie – ook nie my brood nie. Daardie ou GEPF-pensioentjie is al wat ek het. En ek glo ek is nie alleen nie.

Pieter ·

Mense as die anc hulle hande op ons pension geld kan le dan is dit weg glo my maar eskom denel s.a.l gaan nooit regkom nie ons almal weet dit die land gaan nooit regkom onder die anc regering nie ek dink daar is miljoene van ons wat nie lekker slaap nie en ons het rede

Anoniem ·

Hulle moet die pensioenfondse uitlos en eerder die geld wat die vakbonde verhaal van hul lede inkry. Vakbonde maak miljarde rand en dit is deur hul toedoen wat die land ook in so gemors is. Staak mos vir enige ding. So vat 50% van hul geld en bele dit in die staat.

At de Lange ·

Volg die voetspore van geld, veral syfers in boeke. Volgende jaar (2020 +/- 10 jaar waarvan 9 reeds verby is, mag na 7000 jaar die punt van ongekende rampe wees. –Groete -|- At (Adriaan)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.