Parlement versnel skielik proses oor onteiening

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die parlement se ad hoc-komitee oor die verandering van art. 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik het Donderdag skielik sy pas versnel en hoop nou om sy werk teen 24 November te voltooi.

Die parlementêre proses is in Maart deur die instel van die grendelstaat onderbreek terwyl provinsiale openbare insette aan die gang was. Die openbare voorleggings vir Limpopo, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap moet nog afgehandel word.

Hierdie openbare verhore gaan in elke distriksraad en metro in hierdie drie provinsies plaasvind van die einde van vandeesmaand, hoewel drie probleme nog getakel moet word.

Die eerste probleem is dat die voorlopige program, wat Donderdagmiddag aanvaar is, nog aangepas moet word betreffend die distriksrade, soos Waterberg en Mopani in Limpopo en sowel Overberg as Sentraal-Karoo in die Wes-Kaap, waar geen datums of vergaderplekke nog vasgestel is nie.

Die tweede probleem is wat om te doen as meer as 250 lede van die publiek by ʼn vergaderplek opdaag want niemand kan weggewys word nie. Gewoonlik daag tussen 400 en 1 000 mense op terwyl die inperkingsmaatreëls samekomste beperk tot 250 mense.

Die derde probleem is hoe om die insette van mense met onderliggende siektes soos diabetes of MIV/vigs te hanteer aangesien mense met dié siektes nie sulke byeenkomste sal kan bywoon nie.

Dié kwessies sal Dinsdag tydens die volgende sitting van die komitee getakel word.

Wat Limpopo betref word insette van die algemene publiek tans beoog vir Thohoyandou op 22 Oktober, Polokwane op 23 Oktober en Jane Furse op 24 Oktober.

In die Noord-Kaap sal die publiek op 23 Oktober insette kan lewer in Kimberley, op 24 Oktober in Upington en op 24 Oktober in Springbok.

Op 30 Oktober kan die publiek insette lewer in Mosselbaai en Vredenburg, en op 31 Oktober in Worcester en Khayelitsha.

Die ad hoc-komitee sal van 3 tot 6 November, van 10 tot 13 November en op 19 November die insette en die bewoording van die tersaaklike wetsontwerp bespreek.

Op 24 November sal die komitee sy werk afhandel en die wetsontwerp verwys na die Nasionale Vergadering vir aanvaarding of verwerping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Persheks Adri ·

Weet hierdie narre wat hulle doen? Klink nie so nie, maar “mind you” alles waaraan hulle vat is ‘n gemors!

Dries ·

Ek hoop regtig dat mense nou almal kan sien watse groot vyand is Ramaphosa en sy vervloekte ANC

Mallie ·

Ja en dan? Oor vyf jaar minder dan moet die wit mense weer oorvst en reg ruk, want dan is allesn groter gemors.

Byekonfyt ·

Die oorvat-sirkus het reeds in [luukse gemeubileerde] Kampsbaai opskuddings veroorsaak. Let bietjie op die mentaliteit.

koos10 ·

Hierdie is ‘n aandag aflei taktiek. Mense se aandag moet van plaasmoorde of iets anders af getrek word, daarom dit nou. Die ANC weet baie goed dat die COVID reëls sal maak dat die proses nie voort kan gaan nie.

marius ·

Maak wat julle wil . Julle is een klaaglike mislukking , en dit is waarvoor julle onthou sal word , vir honderde jare .

Hercules ·

die cANCer gespuis het geskrik vir wat die boere kan en sal doen – hier kom groot bollie!!

tweeling ·

So wie gaan julle nou gebruik want Vincent Smith is as krimineel geklassifiseer

Mariana ·

Hulle is uitgeslape maar dit is juis nou wat hierdie land se boere moet sterk staan. Opstaan en hulle laat geld..daar is nou meer as genoeg gesteek in hierdie land. Boere kan nie als ontneem word wat in bloedsweet tot stand gebring is en nou gaan vernietig word nie.

PieterP ·

Mariana hulle het dit in Zim gedoen en haan dit hier ook doen. Daar wou hulle ook frond hê en toe? Net mooi niks. Kripeer en vrek van die honger. Enihste goeie ding hieruit ks dat die spul Zimbabweans, Swazi’s, Mosambiekers en die van Lesothonou maar by hulle huise gaan bly binnekort want hier is dan net soveel kos soos daar. Sprinkaan plaag is al waarmee ek die slimmes mee kan vergee

annie ·

Net voor die Kersvakansie moet die wet holderstebolder deurgejaag word. En diegene wat so anti-Trump is besef nie dat die demokrate hierdie grondgrypbrigade se dade sal ondersteun nie; die aanvalle eintlik gemik is op Trump se politieke standpunt. Die demokrate baklei vuil; hul manier van vrot tamaties gooi, alhoewel laasgenoemde en erger kan volg as hy weer wen.

Stefaan ·

Openbare menings betekin niks. Dit is oë verblindery. Hulle gaan dit doen ongeag enige insette van wie ook al. Ons moet maar reg maak om weerstand te bied.

Jaco ·

Gaan dié onteiening net oor landbougeond, of ook oor stedelike grond? Ek besit 2 huise, 25km van mekaar af, in ‘n stedelike gebied. Gaan albei onteien word net omdat ek wit is, of gaan net 1 onteien word met as rede “jy het klaar 1 so dis onregverdig om 2 te hê”.

Herpiet ·

Ja eventueel sal jy voorlopig net in jou een eiendom kan bly. Res word verdeel

Connie ·

Hierdie wat nou so vinnig gebeur, is om almal se aandag af te trek van die plaasmoorde. Mense julle moet nou wakker wees en paraat wees, hulle gaan nou meer begin aanvalle loots, want niemand kyk mos nou vir dit nie. Hulle dink ons is stupit, maar ons is meer uit geslape as hulle, ken al hul stories voor hulle begin met dit. Ons moet net op ons kniee bly en ons Vader vra vir leiding en beskerming.

MAGRIETHA ·

Volgende jaar is verkiesing dis hoekom hul so aangaan want hul onderdane gaan kamma nie vi hul stem na virus fiasko nie da so baie dinge teen hulle korupsie,staatskaping,werkloosheid,polisie dade,staatsverhogings ,dienslewering en so kan jy aangaan so hul moet iets doen om aandag af te trek en stemme te wen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.