Parlement vra hof moet aansoek oor ramptoestand skrap

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Siya Duda/GCIS)

Die hooggeregshof in Pretoria hoor Woensdag ʼn dringende aansoek van die Helen Suzman-stigting (HSF) aan wat die parlement en uitvoerende gesag probeer dwing om hul mag terug te neem.

Die stigting het in Mei die Konstitusionele Hof genader oor die mag wat Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het om wetgewing in te stel as deel van die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie.

Die Konstitusionele Hof het die stigting se aansoek op tegniese gronde van die hand gewys waarna ʼn aansoek by die hooggeregshof in Pretoria gebring is.

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, vra dat die aansoek van die hand gewys word. Sy voer in ʼn beëdigde verklaring aan dat die bewering dat die parlement versuim het om sy grondwetlike plig na te kom – om wetgewing deur te voer wat die regering se Covid-19-reaksie reguleer – is feitelik en regstegnies verkeerd.

Sy voer voorts aan die stigting het versuim om ʼn reg te identifiseer wat die spesifieke Covid-19-wetgewing waarvoor gevra word, daarstel.

“Die gedeeltes van die Grondwet waarop die HSF se aansoek gegrond is, is diskresionêr en bemagtigend. Dit bewaar die parlement se outonomie om sy eie wetgewende verantwoordelikhede na te kom, sonder onnodige inmenging deur die howe,” lui ʼn verklaring van die parlement.

Volgens die parlement maak die Wet op Rampbestuur, wat die parlement goedgekeur het, voorsiening vir die regering se reaksie op ʼn nasionale ramp soos Covid-19.

Dié wetgewing delegeer die parlement se wetgewende mag tydens rampe soos Covid-19 omvattend en doeltreffend. Volgens die parlement is dit breed genoeg om Dlamini-Zuma in staat te stel om die Covid-19-ramp te hanteer. Dit plaas egter ook voldoende beperkings op die minister en die kabinet deur grense te stel oor wat absoluut nodig is om die ramp te beheer.

“Die parlement het ook toesig gehou oor hoe die uitvoerende gesag op die Covid-19-pandemie gereageer het en hoe die Wet op Rampbestuur toegepas is,” lui die verklaring verder.

Die parlement sê hy het deur verskeie veelparty-komitees sy oorsigrol en verantwoordelikhede in ooreenstemming met die Grondwet nagekom en doen dit steeds.

“Die HSF het nie enige geloofwaardige bewys gelewer wat die teendeel wys nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Persheks Adri ·

Ag man kopdoek misbruik haar mag! Dis al waaroor dit gaan! Wanneer kan ons verwag dat sy in ‘n oranje pakkie sit? Ek sal dit koop ook met ‘n glimlag!!!

Adam Adriaan ·

Die ANC is die ramp in die land. Hoe gouer ons van die spul ontslae raak hoe beter. Hulle self is ‘n nood toestand!!

Louis ·

Dan moet hulle sommer ook die vuurwapen lisensies wat verval het skraap en vir die mense hul lisensies gee

koos10 ·

Sy en CR het tydens die rook verbod gesê dat die howe daar is as mense nie tevrede is met hulle besluite nie. Nou vertel hulle dat die howe nie mag inmeng nie. Eish, it is hard running a country, but easy to loot it’s funds!

Louis ·

Aag Thandi Modise, vat liewer jou emmer en gaan voer jou varke, wat jy laat vrek van die honger. En kopdoek stop hierdie belaglike ramptoestand. Vanoggend oor die nuus gese nog 1,5 miljoen mense gaan hul werk verloor voor die end van die jaar. Hoe weeg ‘n paar duisend mense se heengaan weens die virus nou op teen miljoene mense wat nou werkloos is a.g.v. die ramptoestand en van die honger gaan omkom? Dit is ook nie net in ons land wat die grendelstaat ingestel is nie, lyk my die hele wereld het mal geword. Ek vermoed hierdie episode is net gebruik deur regerings om ‘n oefenlopie te doen en te kyk hoe vinnig hulle ons van ons vryheid kan ontneem. Gevaarlike speletjie!

Nie Verbaas ·

Die landsburgers sou tevrede gewees het as logiese besluite gemaak is en organisasies sou dus dan nie die howe genader het om ANC logika ongeldig te laat verklaar nie. Die ANC het ons land alreeds verwoes nog voor Covid 19. Soveel mense is nou in totale tragedie gedompel danksy die ANC.

Scalla ·

Wanneer gaan die klomp besef dat hul nie in staat is om te regeer nie????

Jaco ·

Hierdie hele storie moet voor n hof gebring word. Sodra die ramptoestande tot n einde kom.

Sakkie ·

Ha ha ha sy het mag geproe en sal nie daarvan afstand doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.