Parlement waarskynlik wéér vanmiddag ontwrig

Die parlement tydens die staatsrede (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Die EFF beplan om die ongekende vlakke van ontwrigting in die parlement Woensdagmiddag voort te sit en te vererger, het Maroela Media verneem.

Tydens vanoggend se weeklikse geslote vergadering van die hoofswepe van die politieke partye in die parlement, het die EFF openlik gesê dat hul ontwrigting gaan voortgaan en vererger. Dié inligting is vertroulik met Maroela Media gedeel.

Die vergadering, wat vertroulik is en gewoonlik redelik kort en saaklik verloop, het na verneem word in soveel chaos ontaard dat dit ure lank voortgesloer het.

Die ander politieke partye is verenig in hul standpunt dat die strengste moontlike optrede moet volg. Die strengste moontlike optrede is die verwydering van moeilikheidmakers uit die Nasionale Vergadering deur die parlementêre uitsmyters. Terwyl die ander opposisiepartye die gebruik van geweld teen parlementslede veroordeel, bestaan die kommer dat daar geen ander uitweg gaan wees nie.

Na verstaan word, het die ander politieke partye mooi vir die EFF gevra om hulle te gedra op ’n manier wat mense trots sal maak op die parlement, maar die interpretasie is dat die EFF sedert verlede Donderdag soveel isolerende nederlae gely het dat hulle na niemand meer luister nie.

Die parlement se verrigtinge begin om twee-uur en word regstreeks op DSTV kanaal 408 uitgesaai.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Magda ·

Is die parliament bang vir die gemors van Malema – VERBAN HOM – REGTIG ANC. Groot Mond maar bitter MIN Aksie (of enige)

Martie ·

Maar as hulle weet die klomp rooies het nie maniere nie hoekom hulle toelaat? Sluit die deur.

Johan Venter ·

Dis nou as hulle binne is, kondig dan noodtoestand aan, skakel die ligte en alle kommunikasie na buite af … die hoofopskrifte in die koerante sal ons die volgende dag van die res inlig.

Werner ·

Dis hoe al die probleme hanteer word met handskoene of ontkenning snaaks hulle het nie gese dat alles vreetsaam gaan afloop nie ou CR gaan seker n rits nikseggende planne bekend maak om die EFF reg te sien

Cherokee ·

Jy blyk nie te besef dat dinge onder die parlementariërs as ‘n standard vreetsaam verloop.

Johan Venter ·

Hulle sê elke huis het sy kruis, wel die parlement het Malema wat deur die ANC self grootgemaak is. So as hy julle na sy vlak aftrek en julle bos toe sleep, hanteer dit.

Cherokee ·

Iets wat buitendien onder is, kan nie verder afgetrek word nie.

JM ·

Malema, doen ons land ‘n guns en gaan “stir” op Mars! Jy gedra jou soos ‘n lastige brommer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.