Die Openbare Beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, se voorstelle vir die herstrukturering van haar kantoor gaan nie sommer so deur die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie goedgekeur word nie.
Op ʼn vraag van die DA-LP Werner Horn het Mkhwebane toegegee dat die nasionale tesourie nog nie haar planne om haar kantoor en die uitgawes daaraan verbonde slegs effens te besnoei, goedgekeur het nie.
Mkhwebane het die nuwe organogram vir haar kantoor en die agt takkantore daaraan verbonde Vrydagmiddag aan die portefeuljekomitee voorgelê en aanvanklik was LP’s redelik positief daaroor.
Nadat sy vrae moes beantwoord oor die nodige goedkeuring het dit egter gou duidelik geword dat sy oënskynlik ʼn paar kortpaaie gevat het en dat sy glad nie die nuwe begroting wat Woensdag deur die minister van finansies, Tito Mboweni, ingedien gaan word, in ag geneem het nie.
Die verwagting is dat die toewysing aan haar kantoor met ʼn verdere 17% gesny kan word in die nuwe begroting wat deur die ekonomiese terugslae weens die afsonderingsmaatreëls vir die Covid-19-pandemie genoodsaak is.
“Miskien moet ons aanvaar dit is meer ʼn lys van wat ons dink ons nodig het,” het Mkhwebane eindelik toegegee.
Die komitee wil die voorstelle eers verder bestudeer voor hulle die voorgestelde nuwe struktuur goedkeur.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Three steps to the left, four step to the right and you do the Hippy Shake Shake with all your might oh baby!
Die parlement kan dink ?
Die OB moet liewer haar mandaat nakom en resultate lewer
Sy moet by Mbalula en die Taxibedryf gaan aanklop. Baie geld gekry
Mooi, bestudeer die voorstelle eers….. Deeglik.