Parlementêre debat oor Zuma se bevoegdheid

Zuma in die parlement. Foto: Twitter

Zuma in die parlement. Foto: Twitter

Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, het ingestem dat ʼn mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma in die parlement bespreek word.

Die mosie is ingestel deur die Demokratiese Alliansie (DA). In ʼn brief van Mbete aan Mmusi Maimane, die DA se leier, sê sy die mosie sal in die eerste beskikbare orde-dokument van die jaar gepubliseer word.

Mbete het gesê sy is tans in gesprek met adjunk-president Cyril Ramaphosa, die leier van regeringsake, om ʼn debat “binne ʼn redelike tydperk volgens die nasionale vergadering se program” te skeduleer.

Maimane het gesê hy het die debat versoek na aanleiding van Zuma se “roekelose” besluit om Nhlanhla Nene in Desember as minister van finansies af te dank. Volgens Maimane is die dringendheid van die debat verder versterk deur Zuma se uitsprake in ʼn onderhoud Sondag, waartydens hy gesê het die herrie oor Nene se afdanking en die reaksie van die finansiële markte was oordrewe.

“Hierdie blatante ontkenning is ʼn belediging vir elke Suid-Afrikaner wat die skadelike gevolge van die president se besluit in die ekonomie gevoel het en steeds voel. In plaas daarvan dat hy verantwoordelikheid vir sy swak besluit neem, skud president Zuma dit net af,” het Maimane gesê.

“President Zuma neem geen leierskap oor die ekonomie nie en is nie in staat om ons uit hierdie krisis van lae [ekonomiese] groei en hoë werkloosheid te lei nie. Die realiteit is werk geskep kan nie vir die miljoene Suid-Afrikaners wat doodeenvoudig nie werk kan kry nie, geskep word sonder ʼn sterk en groeiende ekonomie nie.”

In September het die DA misluk in sy poging om Zuma onbevoeg te laat verklaar oor die regering nie pres. Omar al-Basjir van Soedan in hegtenis geneem het soos die Internasionale Strafhof gelas het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Wikus ·

Jy kan nie ń standerd 3 kind verantwoordelik hou vir so ń groot besluit nie!!!

Chriscilla ·

Hoe kan daar nog hoegenaamd enige twyfel bestaan or die man se bevoegdheid om Suid Afrika se leier te wees? As elke, en met dit bedoel ek elke Suid Afrikaner, wit, swart, pienk of geel net hulle man sal staan en se dis genoeg. Die kleur van n president is nie wat belangrik is nie. Die land en sy mense se voortuitgang is wat belangrik is. Wake up South African no one is coming to save you, save yourselves.

Dries ·

Kinders erken hul foute en vra om verskoning.Hierdie imbisiel kan dit nie doen nie.

Andrea van Vuren ·

‘n Imbesiel besit nie die vermoë om ‘n rasionele besluit te neem nie.

Andre Visagie ·

Die Nar van die SA nasie in two thousanty one and six!!!! Internasionaal bestaan daar nie BEE nie – daarom is die rand in ‘n vryval teen internasionale geld-eenhede!! Hy is “onskuldig” aan die stortkop verkragting, die Shabir Shaik-korrupte verhouding, die Gupta-magsmisbruik, die Nkandla-geldverduistering, die internasionale mynmaatskappye wat uit SA onttrek, die misdaadsyfers wat wereldrekords slaan, die munisipale infrastruktuur wat inmekaar tuimel met bankrot munisipaliteite, vrot drinkwater, stinkende lokasie-rioolplase, die Poskantoor wat uitmekaar val, Eskom, SAL, Spoorwee, gevolglik teerpaaie wat uitmekaar val, investering in SA wat onttrek word en verdwyn, dalende matriekslaagsyfers, skoolkinders wat handboeke teen Aug. kry na hofbevele staat moes dwing om dit te gee, onderwysers wat aangestel word met ‘n std 8 kwalifikasie, laer gelettertheidsyfers in SA as in Zim, tweede duurste mediese sorg ter wereld, hoogste werkloosheidsyfer ooit!! Hoe kan die DA so hardop wees op ons ou nar?? Die lessie wat ons van “demokrasie” leer, is: Indien die meerderheid slim is, kies hulle die slimste om leier te wees; indien die meerderheid onnosel is, kies hulle die onnoselste om leier te wees!!!!

chrisp ·

Die van julle wat so graag van Zumpie ontslae wil raak antwoord die volgende vrae so by jouselwers.
In watter kontinent bly ek?
Hoekom skree die mense wat so bly was Thabo is weg en vervang , nou weer skielik weer?
Wie gaan Zuma opvolg en gaan hulle weer oor so paar jaar dieselfde skree?
Hoekom skree omtrent almal nou, maar kom stemdag is hy weer in?
Waar le die probleem werklik? Is dit Zuma?Is dit die ANC? Is dit die ANC beleid met die vryheidsmanifes ingesluit?Is dit die kiesers?Dalk ‘n kombinasie van bg?

Antwoord bg vrae en maak dan ‘n besluit anders hanteer jy die simtoom maar los die kanker om weer te begin.

Dee ·

Chrisp, watter doel sou ‘n debat met jou vrae die lesers van hierdie forum in die sak kon bring? Ons is tog te min om ‘n noemenswaardige druk op enige verkiesingsuitslag te veroorsaak. Die blanke in die land se probleem is diè wat saam met ons praat maar DA stem.

chrisp ·

Dee.
Ek stem volkome saam met jou oor die DA.
Ek het met die skrywe gepoog om van die DA lede wat nog wil dink(glo my daar is baie) te bereik sonder om hul naam te noem. Mense(ek inkluis) is maar geneig om dadelik op die aanval te wees as jy aangeval word.Hulle kan dalk net self agterkom dat hulle op dieselfde pad as die ANC en EFF is.
Ek probeer uitwys dat jy slegs die ondersteun wat naby jou beginsels is dws ‘n ware DA wat die beleid (ANC) ondersteun sal dus daar bly, wat reg is . Hy ondersteun immers die ANC beleid en wil dit net beter bestuur.

My vrae gaan dus aan die derduisende Afrikaners wat DA stem sonder om werklik te weet waarvoor hulle werklik stem.

Andrea van Vuren ·

Omkopery vir stemme. Jy betaal inkomstebelasting vir die siek besluite!

Rynhardt ·

Absoluut verstommend dat n debat oor Zuma se bevoegdheid aangevra kan word.Met Piet Retief se moord het die massas agter Dingaan gestaan, vandag doen hulle dit met Zuma.Soms wens ek Jan Van Riwbeeck het SA nooit aangedoen nie! SA moes heeltemal weggebreek het van Afrika kontinent, dan was daar vrede vir ons Afrikaners!

Johann Marx ·

As jy die bevoegdheid van die hoofleier bevraagteken, moet jy die bevoegdheid van die massas wat hom daar geplaas het ook bevraagteken. En dan sal jy agterkom die probleem in onoorkomelik. Hierdie situasie is geneties gedoem tot inploffing….maak nie saak onder watter “stelsel” dit gaan gebeur nie.

Andrea van Vuren ·

Die gepeupel by die universiteite beantwoord jou vraag/stelling. Hulle betoog omdat hulle nie eksamen wil skryf nie. Tydens hul vorige betoging verlede jaar was hul nie voorbereid vir akademiese bevordering nie. Het iemand ooit navraag gedoen vir studentenommer identifikasie?

Liewe lulu ·

Chrisp hulle word geintimideer. My huiswerker se da is vir hulle gese dat hulle volgens die bar code in hulle id boeke kan sien vir wie hulle gesien het….so stem reg off jou huis word afgebrand….gaats nou gaan my kommentaar seker verdwyn

chrisp ·

Liewe lulu.

Dit is nie net “hulle” wat geintimideer word nie maar ook baie Afrikaners wat DA stem.Onthou jy die storie van stem vir ‘n sterk opisisie(hoe kan hulle opineer as hulle dieselfde beleide het?).
Dit is ook maar intimidasie en mense val daarvoor oor en oor en oor.Ongelooflik!

Jan ·

@Maroelamedia:
Daar word werklik swak afrikaans gebruik in die laaste twee paragrawe. ‘n Mens moet die sinne lees en herlees en herlees om dit mooi te snap. Kan ons nie asseblief beter sinskonstruksie kry nie. Mat liefde gevra, want ons taal is vinnig besig om in die drein af te gaan!

Peet Schabort ·

Jan, daar by die Scottburgh-berig sê vriend Willie dat die spelling hom nie pla. ‘n Roos bly ‘n roos as die reukie dieselfde bly/is. Dit is na aanleiding van Scottsburgh wat dit eers was. Solank dit nie soos ‘n kaktus ruik dan moet ons maar tevrede wees. (Die laaste sin is myne).

HEVW ·

Johan, stem 100% saam. Die tans eerste wereld standaard vereis dat hier in SA die minderheid die meerderheid moet regeer anders beleef ons die huidige inploffing.

Pieter ·

Laat hul n referendum uitroep of Zuma met bly of ry en jy sal sien Miljoene suid afrikaners sal teen zumpie stem

Gideon ·

Ons moet versigtig wees om vir alles referundums uit te roep!!! Wat as daar skielik ‘n referundum uitgeroep word vir bv- moet 50% grond aan minder bevoorregtes gaan!! Kan ons dink wat sal uitslae wees.

GES ·

Hy is onbevoeg om enige sinvolle werk te doen en ‘n verleentheid vir die land. Hy sal verwyder moet word om groot probleme te voorkom. Sy verbale diareë is nie bevorderlik vir enige vooruitgang nie.

Bekommerd ·

Is daar nog hoop? Slegs n wonder Werk kan ons red. Die rand het nou al so ver verswak dat al wou ek die land verlaat, ek dit geensins meer kan bekostig nie. Besef julle dat ons in die Zuma termein al 50% armer geraak het. Dankie tog die olie prys bly Val, dink net waar sou ons gestaan het as die olie prys nog by die $100/vat was. Ek weet nie wat gaan gebeur met die invoer van voedsel nie.

Suzette ·

@Bekommerd….Hongersnood, wat anders. Verdere plaasmoorde ens ens ens. Dink net as die boere uitgewis word dink hulle die grond gaan gegryp word. Nuusflits, nie eers in dorpe kan tuine opgepas en versorg word nie. Eens pragtige tuine verdwyn oornag en more skrop ‘n spul weg lê hoenders daarin. Alles bar, omgespit en verniel. So ja Hongersnood ons voorland…

F ·

Die DA mors alweer tyd. Daar gaan niks van kom nie en as dit stemtyd kom, wen ANC weer met hul 62% meerderheid in die parlement. Wanneer gaan die DA leer? Nooit nie, want diegene in hul leierskorps is net so onnosel soos Zuma.

Hendrik ·

Bietjie dom van die DA dink ek. Solank Zuma nog daar is, kan hulle swart stemme wen, masr sodra Ramaphosa oorneem is die DA se kans verby!

Dries ·

As ‘n president van ‘n land sê dat sy party belangriker as die land is, behoort almal in daai land ‘n mosie van wantroue teen die president te ondersteun !

Louis ·

Almal lag vir onse Prezzie se kapperjolle, tot sy ondersteuners ook…totdat jy hulle herhinner dat hulle vir die einste gestem het dan raak hulle omgekrap met jou stelling

Henri ·

Jy dink die wereld lag vir ons kaperjolle. Jy maak ‘n baie groot fout. Ek lees baie buitelands koerante, selfs die van Sjina. Daar word geen melding van Suid Afrika gemaak nie en indien daar iets is wat hul aandag trek, soos die terroris mandela, sal hul moontlik ‘n klein beriggie plaas. Maar Suid Afrika “feature” nerens nie, glo my. Ek hoop nou net nie dat iemand nou weer dink my kommentaar is nie goed genoeg nie en verwyder hom nie. Vryheid van spraak is my demokratiese reg.

Chris N ·

Al doen Zuma en die ANC wat, hul sal altyd aan bewind bly met die “sentiment” stem. Die debat wat kom gaan maar net nog ‘n sirkus wees. Die rewolusie is naby, die dag wanneer die volk honger is en die staat nie meer al die welsyn vergoeding kan betaal nie.

Andrea van Vuren ·

Tydens die Franse rewolusie het Marie Antoinette geskree: “As daar nie brood is nie, gee hulle koek!” Sy’s onthoof. Ons beleef tans erge droogte en hongersnood. Wat kan ons as minderheidsgroep daaraan doen? Ek is nie lus vir koek nie. Ek hunker na sekuriteit!

Fanie ·

Ja, wat ‘n dilemma, Al verandering wat ek sien is in die verskillende “suits” wat hy dra, en die grootte van die vliegtuie!!!! Onbevoeg, onbetroubaar, ongeletterd, ……….OOOO die bokwagter!!! Ja die bokwagter………

LS ·

Die uitdaging is om deur die warboel “clutter” die waarheid te kan sien.
In wese is Suid-Afrika soos ‘n mooi en aantreklike vrou , sy trek aandag. Die mooi aantreklike vrou het egter ontaard in ‘n bedorwe dogter en skep net onaangenaamheid met haar selfsugtige houdinkie. Die Wêreld Ekonomiese Ontwikkelingsforum waarsku teen die drie grootste bedrygings en terselfde tyd uitdagings waarmee die intellek van die mensdom gekonfronteer is nl. water tekort, werkloosheid en armoede. Die bedorwe dogter moet reeds “behandeling” kry vir al drie hierdie simptome. Maar sy wil nie luister nie omdat haar “boyfriends” opgeskeep is met die misleiding van “politieke korrektheid”, leuens, bedrog, korrupsie, gierigheid, selfvoldaanheid (ook selfies”) en hardkoppigheid en sy dink dit is steeds “cool” om met hulle uit te hang. Die probleem is wanneer sy as ‘n “has been” gekenmerk word en niemand meer in haar belangstel nie. Tog is daar raad vir haar…

Ansie ·

Ek stem saam met Henri,, ek woon in Nederland en hier lees jy weinig tot niks oor wat in Suid Afrika gebeur. Die probleme word hier nie ter sprake gebring nie..die Suid Afrikaaners sal self die probleme moet op los, staan saam boere en red hierdie pragtige land en die Afrikaner nasie.
STERKTE IN JULLE STRYD.!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.