Parlementêre komitee verwelkom 0%-verhoging

Studente buite die parlement. Foto: Twitter

Studente buite die parlement. Foto: Twitter

Die parlementêre komitee oor hoër onderwys en opleiding het Sondag pres. Jacob Zuma se aankondiging dat daar in 2016 geen verhoging in universiteitsfooie sal wees nie, geloof.

Die komitee het sy lof uitgespreek teenoor die regering, universiteitsleierskap en studenteverteenwoordigers dat hulle ʼn vriendskaplike ooreenkoms bereik het wat ten doel het om orde te herstel nadat bedrywighede by tersiêre instellings vir byna twee weke ontwrig is, het Yvonne Phosa, voorsitter van die komitee, in ’n verklaring gesê.

“Die regering het ’n simpatieke, deelnemende ingesteldheid vertoon deur ’n manier te vind om ’n saak van nasionale belang te hanteer te midde van toenemende protesoptredes waartydens studente versoek het dat klasgeld geskrap moet word. Ons verwelkom die korttermyn-oplossing soos aangekondig deur pres. Zuma en erken ook dat die medium- en langtermynwerk voortgaan sodat ’n volhoubare oplossing gevind kan word,” het sy gesê.

Die komitee beskou dit as ʼn noodsaaklike bousteen vir die inwerkingstelling van ʼn beleid vir gratis hoër onderwys vir studente wat behoeftig is maar akademies presteer. Volgens Phosa is dit belangrik om daarop te let dat die voorsiening van gratis hoër onderwys ʼn proses is en nie ʼn gebeurtenis wat oornag bewerkstellig kan word nie. Sy het egter gesê die proses moet bespoedig word.
“Dit sal in die land se beste belang wees indien die proses bespoedig word.” Phosa het gesê die optogte was oor ʼn tydperk van nege dae meestal vreedsaam. Die komitee is egter bekommerd oor sekere “skelm elemente” binne die studentebevolking wat Vrydag tot geweld oorgegaan het tydens die saamtrek by die Uniegebou.

“Ons veroordeel sulke dade van geweld met die minagting wat dit verdien. Die oortreders wat geëien is en diegene wat moontlik nog geëien sal word, moet die gevolge van hul optrede dra. Ons kan nie ’n situasie hê waar ’n vreedsame en wettige protes in die wiele gery word deur die optrede van ’n paar wetteloses nie,” het Phosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Winston ·

Ek wil graag weet waarom dit so vêr moet gaan voordat gehoor gegee word? Die regering moet wakker word en voorsiening maak vir wat kom. Baseer dit op geluide wat uit die bevolking kom en nie geluide uit die leiers se monde nie . Waak op!!

Bruno Stef ·

Drie tree vorentoe en twee tree is maar jou tipiese optrede Kameraad Blade. Op een foto wat ek gesien het van jou agter stewige traliewerk het jy baie verskrik gelyk ek dink n stewige dop is dan al medisyne om so n skrik te kan hanteer.

Bruno Stef ·

Jammer moes lees ” Drie tree vorentoe Twee tree terug”

Johann ·

En AL die Universiteite klap hande en begin leer vir eksamen, behalwe die kampusse waar die meerderheid studente swart is….Daar gaan die “stakings” en “ontwrigting” voort….vir GRATIS onderrig en opleiding….sodra jy dit universiteit toe maak nadat jy Matriek geslaag het met 30%.

Jz ·

Zuma en die ANC is bly oor die op losing.ek sien niks om oor bly te wees nie.al wat gebeur het hulle het onder druk ingegee en die studente het geen onderneeming van hul kant gegee nie.in teendeel demaand hulle klaer meer en gaan voort met hulle bandeloosheid.

Johann Marx ·

As jy ingeskryf het vir ‘n graadkursus, en betaal het vir ‘n graadkursus…..moet jy die eksamen slaag om die kwalifikasie te kry. Dit wil voorkom asof ‘n gedeelte van die populasie dit nie verstaan nie….Hulle glo as hulle betaal het vir ‘n graadkursus, dan moet hulle dit kry??

Charl Coetzee ·

RERIG, en wie betaal oor en oor en oor? Nadat jy kwalifiseer vereis jy uitmergelinde groot salarisse.

Ek kan nie Universiteit toe gaan nie want ek kan dit nie bekostig nie. So nou werk ek. Maar my Tax betaal vir iemand anders om te swot net sodat hy my kan uitbyt as hy kwalifiseer. So ek betaal dubbel. Eers as hulle swot en daarna as hulle ‘n “gekwalifiseerde” diens lewer aan my wat hulle ten duurste aanbied omdat hulle nou ‘n gegradeerde is.

As hulle dienste verniet is kan hulle verniet swot, anders moet hulle maar betaal.

Fanie ·

Jy het ‘n goeie punt daar beet Charl. So die reeds gegradueerde mense in ons samelewing moet begin betoog vir terugbetaling van vorige studiegelde en skulde afskryf. Dit is mos al hoe dit kan werk, regverdigheid en gelykheid aan almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.