Parlementêre onteieningsdebat in krisis

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die parlementêre proses ter besluitneming oor die belangrikste kwessie om in jare voor die instelling te dien – onteiening sonder vergoeding, is skielik in ‘n yslike krisis gedompel wat die land suur kan bekom as dit nie verstandig hanteer word nie.

Die ergste daarvan is dat die mees bepalende fase in die proses Dinsdag moet begin, wanneer baie van die voorste rolspelers in die ekonomie, die landbou, die burgerlike samelewing en die akademie hul insette sal lewer, noudat die proses van deelname deur die algemene publiek – skriftelik en in openbare voorleggings – afgeloop het.

Dit behoort in baie gevalle te lei tot feitelike debat van hoogstaande vlak – die bestes onder die deelnemers sal weet emosie gaan in hierdie geval nie tot intelligente, algemeen voordelige en potensieel algemeen aanvaarde oplossings lei nie.

Elke organisasie wat ‘n voorlegging maak, kry tien minute om hul saak te stel, waarna hulle vir dertig minute lank ondervra sal word deur die politici wat dien op die parlementêre ad hoc-komitee vanwaar die aanbeveling ten gunste van, of teen, ‘n grondwetlike wysiging sal kom.

Een van die interessante deelnemers Dinsdag is die uitgesproke burgerregtegroep Afriforum, wie se voorlegging gedoen sal word deur die adjunk- uitvoerende hoof, Ernst Roets.

Die verwagting is dat Roets veral aan vier kwessies aandag kan gee in sy voorlegging.

Eerstens meen Afriforum dat wit Suid-Afrikaners nie voor die voet daarvan beskuldig kan word dat hulle nie die reg het om grondeienaars te wees nie – elke geval moet feitelik en op meriete behandel word.

Tweedens is dit bekend dat Afriforum meen die wyse waarop grondhervorming veral die afgelope tien jaar deur die staat hanteer is, ‘n klaaglike mislukking was en moet verander.

Derdens is Afriforum gevolglik van mening dat baie van besluitnemers in die politiek, die regering en die staat eerder die mag van die staat wil versterk as om die voordeligste oplossing vir die Suid-Afrikaanse ekonomie te bereik.

Vierdens sal Afriforum na verwagting empiriese voorbeelde noem van hoe swart pioniersboere deur die staat benadeel en ondermyn eerder as gehelp en bemagtig word.

Daar is egter nou ‘n nuwe en potensieel rampspoedige verwikkeling wat soos ‘n groot skaduwee oor die hele belangrike proses hang. Die afgelope naweek het dit naamlik aan die lig gekom dat die medevoorsitter van die komitee, die ANC-LP Vincent Smith, honderde duisende rand ontvang het van die omstrede maatskappy Bosassa, wat enorme tenders van die departement van korrektiewe dienste ingepalm het terwyl Smith voorsitter was van die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste – en dus die bepalende rolspeler was in die liggaam wat die oorsigtelike rol moes uitoefen oor die wettigheid en geldigheid van die Bosassa-kontrakte – wat deur ontsettend baie kenners as hoogs bedenklik beskou word.

Die inligting wat oopgevlek is, berus op stewige en op die oog af onweerlegbare skriftelike bewyse, wat dit bykans seker maak dat Smith sy pos sal moet ontruim.

Vir die vind van ‘n min of meer wedersyds aanvaarbare oplossing oor onteiening sonder vergoeding kan so ‘n onttrekking van Smith bitterlik groot moeilikheid voorspel. Tot dusver was hy deurlopend die persoon wat by uitstek gesorg het dat die proses ordentlik en georden bly, en dat alle menings gehoor word sonder intimidasie.

Smith het ook vas gestaan teen sommiges in sy eie party, die ANC, se aandrang dat ‘n tweede geleentheid geskep moet word vir openbare skriftelike voorleggings om heropen te word – ‘n duidelike poging om die syfers te verander, want dit lyk tans asof die by verre die meeste Suid-Afrikaners wat skriftelike voorleggings gemaak het, teen die ANC se voorkeur is om onteiening sonder vergoeding makliker haalbaar te maak.

Hieroor is Smith kennelik binne die reëls reg, maar dit het die meer populistiese deel van die ANC baie kwaad gemaak, en vir hulle sal die Bosassa-onthullings op die beste moontlike tyd kom.

Gegewe konsekwente uitsprake wat die konstitusionele hof oor baie jare gemaak het rakende die belangrikheid van behoorlike en saakmakende openbare raadpleging – en die honderde duisende landsburgers wat deelgeneem het – is die huidige stand van die skriftelike voorleggings se voorkeur ‘n enorme faktor wat die populistiese deel van die ANC se voorkeur geregtelik kan laat ontspoor.

Smith, wie se Bosassa-gedrag totaal onverwags is vir haas alle gesoute parlementêre deelnemers, is min of meer oral beskou as miskien die mees onkreukbare en die strengste komiteevoorsitter in die parlement. Hy het trouens twee jaar gelede die gesogte eerbewys ingepalm dat die Sunday Times hom as beste komiteevoorsitter in die parlement aangewys het – vir sy vreeslose voorsitterskap en weerstandigheid teen politieke druk as voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee oor wanbestuur by die SAUK.

Maar nou is Smith se loopbaan basies oor, en veral gematigde Suid-Afrikaners sal die hart vashou en straks vra vir ‘n bestiering gegewe dat die ANC nou ‘n nuwe medevoorsitter (saam met die ANC-LP Lewis Skweyiya) moet aanwys om hierdie uiters gevaarlike boot te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Paul ·

En CR het vandag vir die Chinese beduie die vrese oor die grondonteiening sonder vergoeding en die wysiging aan die grondwet, het nou rustig geraak.

Neutraal ·

In die 90 jare was daar n hoogs senior offesier in korrektiewe dienste wat uitgevang was met korrupsie soos nou bekend. Daar was baie vinnig teen hom opgetree en is vinnig uit die dep. Deesdae is dit ondersoek op ondersoek, verhoor op verhoor en niks gebeur verder nie. Kry moontlik ook nog n goue handduk vir dit wat die oortreder gedoen het. Tragies

Nou ja Toe. ·

Die man is inherent korrup.
En steeds word sy ‘bona fides’ opgehemel.
Het FW & Kie jul dan niks geleer nie?

Kalahari Kind ·

Hoe diep in die moeras het ons gesink wanneer ons bly moet wees iemand sonder integriteit of moraliteit het darem een deeltjie van sy werk gedoen. En nou is ons bekommderd want kanse is goed sy opvolger gaan net swakker wees.

Jerry ·

Dit is n bestiering dat Smith uitgevang is, n meer redelike persoon mag dalk net nou sy plek vul wat ek glo sal gebeur. Op punt 3 en 4 van Afri-Forum se voorlegging moet hulle uiters versigtig wees om nie verder in onguns te verval van die parlementere komitee deur die regerende party te blameer. As jy nou niks goeds kan se van ander partye, bly eerder stil!

Eddie ·

The only thing necessary for the triumph of evil is for good men to do nothing. Edmund Burke (en ook om niks te sê nie)

John ·

CR en Xi is skielik bloedbroers en CR verdedig die Sjinese as onoortreflik betroubaar… sonder bewyse nogal… maar hy sal weet hoekom. Trump se Tweet het dalk iets hiermee te doen. Die ANC-president (hy is blykbaar nie die Afrikaners s’n nie) verwys na die Boere se kamma aardsonde en se onteiening sal nie voedselsekerheid skaad nie, maar swyg soos die graf oor wie die voedsel gaan produseer. Eers May en dan Xi. Wie is volgende. In 1993 het die hele wereld die ANC se droomplanne besing. Nou gaan dit maar drupsgewys.

ZAR ·

Ons weet ook hoekom, China het baie geld aan Suid Afrika voor geskiet en nog steeds weet ons nie wat was die voorwaardes nie. Ons weet net dat Suid Afrika vir baie lank in diep skuld by hulle gaan bly en as suid afrika nie die skuld kan betaal nie dan … wel dan sal ek voorstel leer mandaryn te praat.

IK ·

Ek wonder waar in die ANC se mondering kom werkskepping ter sprake??

Gerhard ·

Die “wonderwerk” val inmekaar en soebat en kruip gaan dit nie keer nie.

Jerry ·

You are correct Eddie, but it goes so much further than all of that! Good men do the right things right at the right time and place and with the right intent and believe you me, this is not the time to show intent to blame, because four fingers might be pointing back at you and jeopardise your effort, but to surprise the paliamentary committee with good intent and facts that they and evil cannot argue against. If it is not going to be like that, then why all the effort? Then it just doesnt make any sense, now does it?

China gaan betaal word - PUNT ·

China het so pas van sy mees gevorderdste SAM-lugafweer stelsels in Zimbabwe ontplooi; om sy “Finansiële belange te beskerm” . . . . Google dit gerus.
Afika gaan ‘n BAIE DUUR les geleer word. Jy betáál jou Chinese lenings & skuld TERUG.
China tree nie op soos die lamsakkige Weste nie . . .. BETAAL sal jy BETAAL; anders gaan jy ‘n dekselse loesing kry . . . . SAM Missiles; soon in your neighbourhood

Antiestabliesment ·

Interessante inligting wat jy hier noem. Die VSA het weer ‘n groot lugmagbasis in Botswana, al vir jare. Dit klink of jy wil voorgee dat hierdie SAM stelsels daar is om die nie-betalers ‘n les te leer. Ek dink weer, gegewe die VSA se magsbasis om die wêreld (400+ basise rondom China) is hierdie stelsels nie daar om Afrika te bombardeer nie (dit is lug-afweer stelsels). dit is eerder daar om strategies te wees in die komende oorlog teen die VSA. Google ‘The coming war on China’ deur John Pilger, multi toekenning wenner vir Joernalistieke dokumentêre.

Oom Piet ·

Die Staat is die saamvoegende Eienaam van al die net ware Burgers van die RSA, waarookal hul is.

Die ANC meerderheids Regering het met die 2006/7 implemetering van die “Municipal Property (rental) Rates Act of 2004” in effek alle grond binne die RSA plus alle verbeterings daarop hoeookal daaraan verbind, ge-nasionaliseer as her-afgebakende Munisipale Regerings Eiendom wie van toe af Huurgeld per die Waarde maal die Tarief hef en invorder, met behoud van die beheer en bestuurs stelsels en die voorgesette vry-handel van die van toe af selfde gewaardeerde okkupasie, gebruiks en vrug Regte. Dus alreeds meer as 10 jaar bewyse van mettertyd vergoeding met vry-mark verhandeling van die Regte, per Konstitusie.

EFF wil als her-nasionaliseer vanaf NEC (tot Jesus kom) oorheersende ge-sentraliseerde demokrasie Munisipale Regerings Eiendom na Staat Eiendom.
Onteiening sonder vergoeding gaan vry-handel van waarde en finansiering geheel en al opneuk.

Rudi ·

Die land is totaal bankrot.
Die anc gaan nou nog iets verpand by die si neuse.

Jerry ·

Evil to us Eddie, is good to the ANC and visa versa. Not everything, but most of it! We therefor find ourselfs in a catch 22 situation regarding land reform. To win something out of all of this, we have to find the common ground of those things that can be good for us and them and that both parties will agree to in order to protect and keep property rights. We should therefor resist when the stance we take is solid and sound and will never crumble, not even when they keep pushing the NDR programme. The biggest mistake however that we can make is to keep a stance while it is crumbling or if we know that eventually it will crumble. When the wall we build starts to crumble, we have to break it down by ourselves in order to rebuild it again and again and again as history repeats itself! Let us not resist the good will of our farmers to share in the land, as they wish to do so!

Dom Gedink ·

Dit is vir my nog steeds interresant dat twee van die belangrikste faktore vermy word by besprekings/voorleggings… Die simpel feit dat as jy my eiendom vat gaan ek ophou betaal aan my verband… en.. wie gaan dan suksesvol produseer op die grond…

Sarel ·

Word nie daar oor gerideneer nie dit is mos n voldonge feit.

Gerhard ·

Ek wil ook ‘n openbare debat begin. Ek voel lus om ‘n nuwe huis en kar te vat by iemand. Ek het nog nie besluit waar nie, maar dit sal iets regtig duur oulik wees. Dit is omdat ons die ou se rykdom beter wil verdeel jy sien. Eintlik is dit net ek wat so voel nie ons nie. Ek sal hom so R1000 gee dan word hy darem nie sonder vergoeding gedwing om dit vir my te gee nie en dan is alles reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.