Parlementêre SAUK-ondersoek vertraag

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die vier oorblywende lede van die SAUK-raad sal teen die einde van volgende week kennisgewings ontvang van ʼn parlementêre ondersoek na hul bevoegdheid om hul posisies te beklee, het die portefeuljekomitee van kommunikasie Woensdag gesê.

Humphrey Maxegwana, die voorsitter van die komitee, het gesê die ondersoek sloer in belang van regverdigheid aangesien die wetgewer die raadslede en hul regsverteenwoordigers genoegsame tyd moet gee om voor te berei.

“Die komitee het regsadvies ingewin oor die gepaste proses wat gevolg moet word en het besluit om te hou by die reëls van natuurlike geregtigheid. Die komitee berei tans voor vir die verhoor,” het Maxegwana gesê. “Die komitee hoop om kennisgewings van die verhoor aan die raadslede te stuur – nie later nie as Vrydag 28 Oktober 2016.”

Maxegwana het gesê die datum van die verhoor sal eers aangekondig word nadat die formele verhoorkennisgewings uitgestuur is, maar die ondersoek sal afgehandel wees voor die Nasionale Vergadering se laaste sitting op 24 November.

Daar is twee weke gelede tydens ʼn komiteevergadering besluit dat die SAUK-raadslede gevra sal word om te bedank. Indien hulle sou weier, sal ʼn ondersoek na hul bevoegdheid om in die raad te dien gedoen word. Hierdie besluit volg nadat Obert Maguvhe, die raadsvoorsitter, en James Aguma, die waarnemende uitvoerende hoof, hul besluit om die omstrede Hlaudi Motsoeneng weer in ʼn senior posisie by die openbare uitsaaier aan te stel, verdedig het.

Die besluit om Motsoeneng weer aan te stel volg nadat ʼn appèlhofuitspraak sy vorige aanstelling as bedryfshoof ter syde gestel het.

Twee raadslede het later besluit om hulle van Maguvhe en die res van die raad te distansieer. Hulle het aan LP’s gesê hulle sal bedank en het versoek dat die raad ontbind word.

Nadat die komitee besluit het op die ondersoek, het Maguvhe ʼn mediakonferensie in Johannesburg gehou waar hy LP’s daarvan beskuldig het dat hulle hom en sy mederaadslede probeer boelie om te bedank. Hy het volgehou dat hy nie sal bedank nie. “Ek wil julle nie aan ʼn lyntjie hou nie; laat die ondersoek kom. Ek is gereed daarvoor, so dit beteken ek gaan nêrens heen nie,” het Maghuve gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

John ·

Wie het die vreemde SAUK-raad aangestel? Dank hulle eerste af. Dit is ‘n vreemde spulletjie verby. Hierdie raad sal nie eers die plaaslike stasie op Putsonderwater sonder daaglikse groteske katistrofale krisisse kan bestuur nie en die ou man met donkiekarretjie wat die enigste daaglikse drinkwater aanry, ‘fire’ omdat hy soms “Daar kom die wa…” fluit.

REAList ·

“Ek gaan nêrens heen nie”
Pak solank julle goed mense.
Sal dit die eerste raad wees wat die parlement afdank?

Buitestander ·

Ondersoek na raadslede moes voor aanstelling geskied. Eer daarna kan hulle aangestel word.
Mens kan kos nie iemand aanstel en kyk of die persoon die ergte een is nie!
Anders is dit net kader aanstellings om hul guns tewen.
Dit kom nog al algemeen voor in die openbare en politiek voor!

Buitestander ·

Die ondersoek of iemand bevoeg is om as raadslid te kan dien moet vooraanstelling gesied en nie na aastelling anders is dit net kader aabstellings.
Die kom algemeen voor in die openbare sektor en politiek.
Daar word gunste uitgedeel.

My opinie ·

Sjampanje en kaviaar uit die beastingbetaler se sakke…..hoekom sal hulle dan uit vrye wil bedank? Nêrens anders gaan hulle astronomiese salarisse en bonusse kry nie.

LUISTERAAR ·

Het vir Cloudy en kornuite dikwels op TV gesien en op RSG gehoor. Beterweterig, arrogansie, (hardegatgeit) straal uit hulle uit. Hulle is magsdronk en ek kannie glo dat hulle enigsins weldeurdagte bestuursbesluite kan neem nie. VERAL nie besluite wat tot voordeel van die blanke en veral die AFRIKANER is nie.

Ouma mix ·

Ja en die gemors wat mens op tv moet kyk oor en oor en oor en op die sport kanale is 7 tot 8 kanale sokker en sokker en nog sokker da is geen ander sport soos atletiek nie niks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.