Parlementêre voorsitter by Bosasa-omkopery betrek

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Angelo Agrizzi, voormalige uitvoerende hoof van Bosasa, wat van korrupsie beskuldig word, het Vrydag vinger gewys na die senior ANC-LP, Cedrick Frolick. Hy beweer Frolick het omkoopgeld ontvang.

Agrizzi het tydens sy getuienis aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê hy was minstens twee keer teenwoordig toe Frolick “sekuriteitsakke” ontvang het, wat “slegs kontant kon bevat”. Frolick het op sy beurt, onder andere, Bosasa gehelp om vergaderings te belê met politici wat politieke gunste aan die maatskappy kon verskaf.

Agrizzi het gesê Bosasa-hoof Gavin Watson het vir hom gesê die familie is al lank vriende met Frolick en hy sal ʼn sleutelfiguur wees om politici van plan te laat verander wat besware aangeteken het teen Bosasa ná die verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) bevind het die maatskappy het beamptes omgekoop in ruil vir winsgewende kontrakte by staatsdepartemente, insluitend die departement van justisie en korrektiewe dienste.

Vincent Smith, voorsitter van justisie en korrektiewe dienste toe die SOE-verslag in 2009 afgehandel is, was die teiken van Bosasa se pogings deur Frolick, om die “problematiese” LP te oortuig om ten gunste van Bosasa te werk, het Agrizzi bygevoeg.

“Vincent Smith was in daardie stadium die doring in die vlees. Hy het alles teengestaan wat Bosasa kon doen. Hy was ʼn groot kommer. Hy het eintlik in daardie stadium presies gedoen wat reg is.”

Hy het getuig hy het gesien hoe Watson van die kluis terugkeer en ʼn “sekuriteitsak, wat slegs kontant sou bevat”, in Frolick se sak steek toe die LP die maatskappy se hoofkantoor besoek het. Watson, het hy bygevoeg, het later vir hom gesê Frolick sal ongeveer R40 000 per maand ontvang.

“Hy het gesê ek moenie bekommerd wees nie; hy [Frolick] is 100% aan boord.”

Frolick het Agrizzi ook later op ʼn toer begelei toe hy die parlement besoek het en ʼn vergadering met Smith belê wat in daardie stadium “baie kortaf was tydens die gesprek”.

Frolick is ʼn huisvoorsitter in die Nasionale Vergadering en alle parlementêre portefeuljekomiteevoorsitters doen verslag aan hom.

Agrizzi het in Januarie voor die kommissie aangevoer Smith is uiteindelik oorreed om met Bosasa saam te werk in ruil vir omkoopgeld van R100 000 per maand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

SjN ·

nee Herman P, Kebble het hom self laat uithaal, wanneer kan ons optrede van die korrupte spul verwag.

Cherokee ·

En moet nie vergeet nie, die moordenaar wat Kebble ‘uitgehaal’ het, is skuldig bevind aan moord en het daarna skotvry uit die hof gestap.

? leser ·

dankie angelo, bring die skurke op die voorblad, moenie nou stop nie, ryg hulle uit soos wors geryg / gestop word
dankbaar vir jou moed

Michael ·

Ai al wat uit die storie gaan kom is Die ANC stap skot vry weg en Angelo gaan vir seker uit gehaal word jy mors nie met n MAFIA GANGSTER regeering nie.In hulle oe hoe kan hy dan die partytjie so spoil

Gert van Wierdapark ·

Stem saam! Die Groter Prentjie word al hoe Frolicker en die Groot Tent se hansworse word by die dag al hoe stiller!

Muffin ·

Pragtige storie, maar hier sal niks van kom nie..
Hoera SA

Muffin ·

Angelo met sy dik wit gesiggie smile vir almal .
Genoeg in sy sak en niemand kan hom iets aan doen nie.

Trol ·

Dis net mooi waar jy die pot mis sit. Hy eb ander”fluitjie-blasers” bosasa is op borg. Die teen wie hulle fluitjie geblaas het, is steeds veilig en knus un die staatsdiens en kabinet.

Oujongvrou ·

Ek weet glad nie hoekom hier nou n ondersoek en biegstories is nie. Niemand gaan aan die pen ry nie. Ons gewone burgers ry nog al die tyd aan die pen vir die korrupte dinge, ons is die lot wat betaal.

Johanna Botha ·

Wat n vrot spul …geen wonder alles val so uitmekaar agv die anc …..wie in sy regte kop kan nog vir so n vrot spul stem

Drien ·

Gaan hier ooit iets van kom? Ek dink all hierdie hofsittings vermors nog net meer belasting betalers se geld.

Karoodonkie ·

Ek wens so die massas in ons land wat uit gewoonte vir die ANC stem kan ingelig word oor al hierdie dinge. Meeste het nie toegang tot tegnologie nie so hulle bly oningelig.

Michael ·

Johan..Watson is die een wat hulle ryk gemaak het Die hele ANC sal sorg dat hy nie getuig nie. As die ondersoek klaar is. is almal se sakke so vol geld want eintlik is hierdie net n manier om nog geld uit die belasting betaaler te melk. Hierdie is nog n voorbeeld van die ANC se boetie boetie planne.

jakes ·

Dit sal beter wees vir die media om eerder die name van die 3 parlementslede te noem wat nog nie by Bosasa betrek is nie as die 250 wat CR insluit wat reeds deel was van die korrupte regering wat geld by Bosasa gekry het.

fred ·

n ANC LP staan vir die spieël en vra:” spieël spieël aan die wand,wie is mees korrupte LP in die land?”…Toen kraak die spieël en val van die muur…..?

Foxi ·

Soos daai advertensie sê……STOP IT…….I LIKE IT???So, hoe meer vuil wasgoed uitkom….hoe lekkerder (lyk) klink dit! Met die omkopery gaan daar nie meer fillet steak ge-eet word nie. Maar hoender???

Schalk ·

Regtig interessant,maar skokkend.Wie is nie betrokke, dis nie n skande maar katastrofe.Die sulkes moet maar hul eie gemors verwerk dankie dat ek nie hoef te help om rigting te kry nie Sterkte lesers.NS almal het geweet hul handelswyse is verkeerd so meld aan op Robbeneiland .Lands verraaiers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.